top of page

31 Oktober 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Oct 29, 2022
  • 13 min read

Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


31 Oktober 2022


Liewe Vriende


“Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.” 1 Korintiërs. 3:4-6.


Opregte Christenskap is nie vir sissies nie --- dis 'n voortdurende geveg deur liefde.

Hoe kan ware liefde van valse liefde onderskei word? Daar bestaan 'n paar onfeilbare kenmerke. Valse liefde, of skynliefde, is aan die ego gebonde. Dit is afhanklik van wederliefde en verander in haat wanneer dit geen positiewe reaksie kry nie. Dis ook wisselvallig en onbestendig. Valse liefde is afhanklik van stemminge en gevoelens. Dit is byvoorbeeld afhanklik van ons gesondheidstoestand, omdat die oorsprong daarvan in liggaamlike faktore gevind word. 'n Mens herken valse liefde omdat dit altyd net wil hê. Dit leef van neem, nie van gee nie. Dit dink slegs aan die self


Valse liefde tref 'n mens selfs heel dikwels in die liefde van ouers tot hul kinders aan. Hulle wil die kind vir hulself hou; hulle wil hom regeer en oorheers. Hulle is kwaad as die kind hom van hierdie voogdyskap losmaak. Hulle begryp nie dat dit vir die vorming van die kind se persoonlikheid noodsaaklik is om hom van sy ouers los te maak nie. Valse liefde is egosentries. Dit het slegs lief om liefde te ontvang. Alles draai om die "ek".


Ware liefde het altyd iets van die wese van die liefde van God daarin. Dit is onselfsugtig. Dit wil nie hê nie, dit wil gee. Dit wil nie gelukkig word nie, dit wil gelukkig máák. Dit sien die grootste geluk in die ontwikkeling van die beminde. Dit is nie afhanklik van wederliefde nie en nie gebonde aan die ego nie.


"Die liefde vergaan nooit nie" (1 Kor. 13:8). Ware liefde is ewig, omdat dit van die Ewige afstam. Hierdie liefde kan die suiwerste ontwikkel in ons verhouding tot God. Hier vind ware liefde sy oorsprong, en hier kan ons dit die beste ontvang en in ons lewe gestalte laat kry.


Gebed: Here, help my om net U Liefde uit te lewe na ‘n verloregaande wêreld en om my broer en suster se belange eerste te stel bo myne, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

Bid spesifiek teen die gruwel van Haloween wat reeds begin op 29 Oktober met die hoogtepunt op 31 Oktober en die hekse nuwejaar op 1 November.

  1. Die Gruwel van ‘Halloween’

Hiermee meer inligting oor wat halloween is, sodat u spesifiek teen hierdie gruwel kan bid. Die halloween vieringe kan sover terug geneem word as in die tyd waar die Romeinse godehemel gebou is deur Keiser Hadrian in 100nc, dis as ‘n tempel vir die godin Cybele en ander romeinse gode gebou.

In 834nc het die Romeinse kerk die fees verbreed na die hele kerk en dit het bekend geraak as “All Saints Day” 1 Nov.

Hierdie sataniese feesvieringe begin reeds 22-29 Okt met voorbereiding vir die offers, 30ste Okt is die sataniese hoë dag, en 31 Okt die nag van Halloween is ’n nag van bloed en seks rituele met demone en diere en menselike offers.

Geestelike vestings agter halloween is waarsêery en toordery. Rituele tydens die nag van halloween is n nag van magiese gelukbringers, spoke, feetjies, menslike offerandes en sataniese rituele.

Seremoniële plekke bekend hiervoor vroeër was boom bosse en veral eikebome omdat die Druide soveel waarde geheg het aan die genesings voordele van die eikeboom.

Die druidiese en shamanistiese wortels word gesien in die heidendom vandag, Wiccan, Sataniste, en Nuwe Era(New Age beweging) volgelinge –

Sataniste vier almal vandag hierdie eens bekend as ‘n druidiese fees wat sy oorsprong gehad het onder die Keltiese mensegroep.

Om vir u so ietwat lig te werp – Wiccans is hekse wat die natuur aanbid. in die wicca geloof op hierdie dag van Halloween –wanneer die duisternis toeneem, heers die godin as die heks, deel van die drie in een wat ook die meisie en moeder insluit.

Die god(Yule), die donker heer, gaan in die onder wêreld in om die saad te word van sy eie weergeboorte wat of Kersdag plaasvind. FEESVIERING VAN DIE BOSE Halloween is ‘n godsdienstige dag, maar dit is nie Christelik nie.

Tom Sanguinet, ‘n voormalige hoë Priester in Wicca het die volgende gesê: “Die moderne vakansie wat ons Halloween noem, het sy oorsprong in die volmaan naaste aan 1 November, die hekse se ‘nuwe jaar’. Dit is ‘n tyd wanneer die geeste (demone) veronderstel is om ‘n hoogtepunt van hulle krag en bedrywigheid te bereik en dan weer die aarde besoek…Halloween is geheel en al, absoluut boos.

Daar is niks wat ons ooit kan doen, of gedoen het, wat dit enigsins aanvaarbaar vir die Here Jesus sal maak nie.”

​Tydens Halloween is daar n paar dinge wat gebeur, en ek glo selfs dat wat ek hier noem, heelwaarskynlik maar net n enkele is en dat daar nog veel meer ingesluit word by die bose Halloween vierringe.


Dag van die Dode.Halloween het sterk wortels in die heidendom en heksery. Dit het begin as die Druidfees van Samhain.

Die Kelte beskou November die 1ste as die dag van die dood, want dit is die begin van winter in die Noordelike halfrond.

Die blare begin val, dit word vroeër donker en die temperature daal.

Hulle wat deel aan hierdie fees glo dan dat dit is die aand wanneer die feetjies, spoke, demone en hekse saam met die mense in die lewe – om saam met en tussen hulle te beweeg.

Ja hierdie nag van Halloween word beskou as die nag waarin als van die onderwereld vrygelaat word vir die winter seisoen wat voorlê.

Hulle het geglo dat hulle songod krag verloor en Samhain, die heer van die dood, was besig om die songod te oorweldig.

Die Druïde – (druid beteken – om die eikeboom te ken — druide het hulself verhef bo konings en het hulself genoem ‘die skeppers van die heelal’ God lasterlik) – hierdie druide het ook geleer dat op 31 Oktober, op die vooraand van die fees, Samhain die geeste van almal wat in die vorige jaar gesterf het, vergader om terug te keer na hulle vorige wonings om die lewendes daar te besoek.


Mens en Dierlike Offergawes. Vir soveel jare het die druidpriesters op Halloween diaboliese aanbiddings-seremonies gehou waar katte, perde, skape, beeste, mense en ander offergawes in hokke gesit, en dan doodgebrand is. Hierdie mens en dierlike-offers was glo nodig om Samhain te kalmeer sodat die geeste hulle nie leed moet aandoen nie.


“Trick or Treat”.Om hierdie offergawes te verkry, het die druidpriesters van huis tot huis gegaan en gevra vir vetgemaakte kalwers, swart skape en mense. Diegene wat gegee het was voorspoed belowe, en diegene wat geweier het om te gee was gedreig en vervloek. Dit is die oorsprong van “trick or treat .”

Trick or Treat is a re-enactment of the Druidic practices. Today, candy sugarcoats the human sacrifices of old, but it is still an appeasement of those deceptive evil spirits. The tradition response to those who do not treat is to have a trick played on them. When you give out Halloween candy you are in essence providing a sacrifice to false gods. You are participating in idolatry“, says the former high priest of Wicca, Tom Sanguinet. The Bible teaches to “flee from idolatry” 1 Cor. 10:14


“Jack-O-Lantern”.Die “Jack-O-Lantern” het sy oorsprong in die kerslig pampoen of skedel wat gedien het as ‘n simbool om die plase en huise te merk van diegene wat die Druïde-godsdiens ondersteun. Hierdie huise was dus op soek na hulle “treat” wanneer die gruwel van Halloween begin. Die ‘World Book Encyclopedia’ verklaar: “Die oënskynlik skadelose, verligte pampoen gesig van die Jack -O-Lantern is ‘n antieke simbool van ‘n verdoemde siel”.


Dans van die Dood.Terwyl mense en diere van pyn skree terwyl hulle dood brand, het die Druïde en hulle volgelinge kostuums aangetrek wat van dierevelle en koppe gemaak is. Hulle sal dans, chant en deur vlamme spring, in die hoop om die bose geeste af te weer.

Dit is n tyd wanneer die sluier tussen die lewendes en die dooies op sy dunste is.


“House of Horrors”.Een van die gewilde helde van Halloween, graaf Dracula, was ook ‘n regte persoon. Dracula het van 1431 tot 1476 gelewe. Gedurende die ses jaar wat hy regeer het, het Dracula meer as 100,000 mans, vroue en kinders in die mees afskuwelikste maniere uitgemoor. Hy het ‘n plan beraam om sy land van die ‘las’ van bedelaars, gestremdes, siekes en bejaardes te bevry, deur hulle na ‘n fees te nooi by een van sy paleise. Hy het hulle goed gevoer en dronk gemaak. Dan het hy hulle gevra: “Wil julle sonder sorge wees en aan niks ontbreek nie?” Wanneer sy gaste dan “Ja!” geskree het, het Dracula die bevel gegee om die paleis te seël en aan die brand te steek. Niemand het van hierdie oorspronklike “house of horrors” ontsnap nie.


God se Woord.“As jy kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here ’n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die Here jou God hulle voor jou uit. Opreg moet jy wees met die Here jou God. Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die Here jou God het jou nie so iets toegelaat nie.” Deuteronómium 18:9-14

Ek ag dit noodsaaklik om u op hierdie dinge te wys! Waarom is dit verkeerd vir ons vandag om te deel in hierdie gebruike? Want God se Woord sê ons moet u leer en onderrig hierom:

“En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.” Eségiël 44:23

Ongelukkig is daar soveel mense wat vandag reeds ingetrek is met hierdie “amerikaanse fees” dat die winkel rakke vol halloween items gepak is en mense reël geleenthede om Halloween partye te kan hou. (met groot respek, dan vra ouers en grootouers waarom gaan dit so met ons kinders, maar dit is vir ons mooi as die kinders n kostuum van Halloween aantrek en deel in die wêreldse of nee in die sataniese gebeure.)

“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die Wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.” Hoséa 4:6 en terwyl ons die geleenthede het om ons kinders en kleinkinders hierdie waarhede te leer en te waarsku teen die werke van satan moet ons dit aangryp – want die Woord van die Here leer, wanneer hierdie waarheid in die hart is en geleer is, sal hy weer terug keer.


“Oefen (lei op) die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.” Spreuke 22:6


Dan kan ek nie keer om in my hart ongelukkig te raak wanneer ons mense vir ons kindertjies sê: “ag dis reg jy kan maar daarin deel nie” “Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.” Matthéüs 18:6-7


Maar die Woord van Here leer dat ek en u moet hierdie dinge nie aanhang nie en ons kan met hierdie goed nie vereenselwig nie.“Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.” Romeine 12:9

Ons moet opstaan as kinders van God teen hierdie werk van die duisternis want die satan kry dit reg om dit binne die kerk van Christus in te bring onder Sy kinders. Ons kan nie in hierdie laat uur nog met hierdie dinge van die duister deel nie.“Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.” Romeine 13:12

“Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die Tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.” 1 Korintiërs 10:21

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem.” 2 Korintiërs 6:14-17

“…en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.” Efésiërs 5:11

Maar die kind van God moet homself kom vul met die Woord van God en met Sy wonderlike waarhede.

“Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” Filippense 4:8

Waarom gebeur hierdie dinge? Omrede die mense eerder die verleiding kom aanhang as vir God self.“MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete.” 1 Timótheüs 4:1-2

Gee toe aan die Here en bly getrou aan die Here en hierdie duiwel en sy magte sal van u wegvlug.“Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Jakobus 4:7

Terwyl Dracula met Halloween die wees en armes dood maak en uit die stad uitdryf, roep God ons op om lief te hê.“Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.” Jakobus 1:27

“Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.” 3 Johannes 11

Soveel goeie mense en nog groter soveel kinders van die Here het hier ‘n met Deelname in die Heidendom.

Ons is in ‘n geestelike wêreldoorlog. Dieremishandeling, vandalisme en moorde vind op ‘n baie groter skaal plaas tydens Halloween. Elke jaar, gedurende Halloween, word duisende diere, en selfs mense, opgeoffer in sataniese rituele wêreldwyd, terwyl miljoene ander mense, insluitend welmenende Christene, deel neem aan hierdie oënskynlike ‘onskuldige’ Halloween vieringe. Halloween is ‘n werwings tyd vir hekse en sataniste. Baie mense getuig dat hulle aan die okkulte bekendgestel is tydens ‘n Halloween partytjie. Halloween is baie godsdienstig, maar dit is nie Christelik nie.

“Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Romeine 12:21

Kies Lewe Neem standpunt in teen Halloween en neem deel in geestelike oorlogvoering en gebed. Gebede deur die boek van Psalms, en deel die Evangelie met vriende en familie – veral diegene wat onnadenkend deelneem in hierdie okkultiese vieringe van waarsêery, geestebeswering, menslike offerande en wreedheid teenoor diere.

“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God – terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.” Efésiërs 6:10-18

  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  2. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  4. Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.

  5. Nuwe Projekte. Daar is ‘n nuwe plaaslike projek waaraan ons besig is. Dit is uitdagend maar ook vervullend as dit reg hanteer word. Bid asseblief vir wysheid en onderskeidings vermoeë.

  6. Vervolgingsondag. Prys God vir die bewusmaking oor die vervolgde Kerk op Vervolgingsondag in Junie. Bid dat gelowiges wat van die vervolgde Kerk gehoor het, in geloof bemoedig sal word en ons vervolgde familie sal bystaan.

  7. Suidelike Filippyne. Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond soos Tabari* en Raf* is werkloos weens hul geloof in Jesus Christus. Bid vir voorsiening en werksgeleenthede sodat hulle vir hul gesinne kan voorsien.

  8. Sentraal-Asië. Bid vir geheime gelowiges soos Zaira*, wat weens gevaar nie altyd kerk toe kan gaan nie. Bid dat vroue soos sy sterk in hul geloof sal bly en dat God hulle sal gebruik om Sy ligdraers te wees.

  9. Demokratiese Republiek van die Kongo. Bid vir die families wie se geliefdes deur Islamitiese militante in Otomaber vermoor is. Bid vir voorsiening vir verskeie gesinne wat hul huise weens brande verloor het –laasgenoemde is deur rebelle begin.

  10. Gelowiges in die gevangenis. Bid vir gelowiges wat weens hul Christelike oortuigings in tronke opgesluit is en steeds geweld ervaar. Bid dat hulle krag en vrede in Jesus sal vind terwyl hulle op hul vrylating wag.

  11. Reisbediening. Prys God vir die suksesvolle reise wat in 2022 na lande onderneem is waar Christene vervolg word. Ook vir die talle gebede wat tydens dié reise namens vervolgde gelowiges opgestuur is.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


Groete inJesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page