31 Januarie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jan 26, 2022
- 6 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
31 Januarie 2022.
Liewe Vriende.
“Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense” (Rom 12:17-18).
Vergelding is die manier waarop jy ander dwing om te betaal vir die skade wat hulle jou aangedoen het. Jy kan jou vergeldingsdrang op verskillende maniere tot uitvoering bring. Jy kan 'n beskaafde regsprosedure volg (wat jou goeie reg is), of jy kan die reg in eie hande neem en die lewe vir jou teenstander onaangenaam maak. In alle gevalle beantwoord jy dan 'n slegte daad met 'n slegte daad. Probeer eerder om teenoor alle mense goedgesind te wees. Probeer altyd eers die roete van omgee, begrip en moontlike versoening volg. Kry daardie wrewelrige drang na vergelding uit jou sisteem. Dit vergiftig jou net.
Paulus stel 'n positiewe ingesteldheid voor: Lewe in vrede met alle mense. Ja, goed, dit is natuurlik nie altyd moontlik nie. Daar kom tye dat die ander party nie wil toelaat dat die kloof oorbrug word nie. Daarom sê Paulus "as dit moontlik is" en "sover dit van julle afhang". Maar jy moet toegee dat dit dikwels moontlik is om die kloof te oorbrug en dat dit dikwels van jóú afhang . Is jy bereid om eerder vrede te soek as vergelding?
Wat maak jóú gelukkig: vergelding of vrede?
Gebed: Here, gee my die genade om eerder vrede te soek as om vergelding te bly eis en maak my ‘n vredemaker, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Afganistan. Dit is onmoontlik om in Afganistan openlik as ʼn Christen te leef. Bid dat gelowiges ondanks hul isolasie versterk en bemoedig sal word, en dat God “siende oë blind” sal maak sodat hulle geloof nie ontdek sal word nie.
Noord-Korea. Die ontdekking van jou Christengeloof, is ʼn doodsvonnis in Noord. Bid vir krag en oorlewing vir Noord-Korea se geheime gelowiges en dat God die vestings van die Kim-heerskappy sal afbreek.
Somalië. Dit is onmoontlik om jou Christelike geloof openlik te erken in Somalië, omdat dit daartoe kan lei dat gelowiges summier doodgemaak word. Bid dat ʼn sterk Kerk onder die Somaliese mense sal groei ondanks die gevaar.
Libië. Daar is geen vryheid van spraak, godsdiensvryheid of moontlikheid van ʼn openbare kerklewe in Libië nie. Bid dat Libiese Christene wat onder geweldige druk is, God se vrede sal ervaar.
Jemen. Christene in Jemen hou gewoonlik hul geloof geheim; indien dit ontdek word, kan hulle die doodstraf kry. Bid dat geheime gelowiges wysheid en onderskeidingsvermoë sal hê terwyl hulle mekaar ondersteun.
Eritrea. Christene van nie-tradisionele denominasies in Eritrea ervaar die ergste vervolging. Bid dat die kerkleiers wysheid sal hê om hul regering by die kwessie van godsdiensvryheid te betrek.
Senegal. Senegal het relatief vreedsaam gebly en het jare lank ekonomiese stabiliteit en persvryheid geniet. Landbou en toerisme is die land se hoofbronne van inkomste. Senegal is 'n Moslem-gedomineerde veelparty-demokrasie, maar aanvaar steeds ander gelowe. Christene bly vry om openlik te aanbid en word selde vervolg. Vra dat die Here leiers sal lei om toepaslike besluite te neem in die hantering van die probleme van werkloosheid onder jong Senegalese, en hul onvermoë om beheer oor hul toekoms te neem as gevolg van die COVID-19-pandemie. Bid vir vroue in die vissersgemeenskappe wat vir hul gesinne voorsien om die evangelie van Jesus te hoor. Vra die Here om hulle te seën met sterk geloof in Hom. Bid dat God se koninkryk in Senegal sal kom.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
Voertuie. Ons ondervind probleme met beide ons voertuie, een is al herstel maar die ander een moet maar eers wag omrede onvoldoende fondse. Bid vir uitkoms asseblief en dat Vader ‘n nuwer model voertuig sal voorsien.
Reddingsfokus: Noodlenigingswerkers. Die dief kom nie behalwe om te steel en om te slag en te vernietig nie. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dat hulle dit in oorvloed kan hê. (Johannes 10:10). Baie noodlenigingswerk word deur Christelike organisasies gedoen. Wat egter skokkend is, is dat sommige Christene wat noodlenigingswerk onder die vaandel van hierdie organisasies doen, nie oor Christus praat met diegene met wie hulle werk nie! Bid asseblief dat die Heilige Gees in die harte van Christenwerkers wêreldwyd sal roer, om met vrymoedigheid en opreg oor die liefde van Christus te praat met diegene wat werklike ewige verligting nodig het.
'n Toename in evangeliste in Spanje. Syfers wat onlangs vrygestel is, toon dat 2% van Spanjaarde nou as 'protestant-evangeliese Christen' beskou word. Dit is 'n agtvoudige toename in die afgelope 20 jaar. Dank die Here vir evangeliegroei. Bid hierdie week vir Spaanse Christene wat Jesus liefhet terwyl hulle uitgaan om getuies te wees. Mag hulle getuienis aan ongelowiges eg wees, suiwer gebaseer op die Woord van God, en Geesbemagtig. Bid dat God hierdie Christene vrymoedigheid sal gee en hulle woorde sal lei terwyl hulle die ongereddes bedien (Efesiërs 6:19). Bid dat God se koninkryk in Spanje sal kom.
Aborsies wêreldwyd. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is daar na raming 40-50 miljoen aborsies jaarliks in die wêreld, wat ooreenstem met ongeveer 125 000 aborsies per dag! Kom ons roep tot die Here en vra om vergifnis vir die onskuldige bloed van ongebore babas wat gestort word. Bid vir jong meisies om alternatiewe opsies te oorweeg en nie te aborteer as hulle swanger raak nie. Want U het my binneste gevorm; U het my in my ma se skoot bedek. Ek sal U loof, want ek is vreeslik en wonderbaarlik gemaak; wonderbaar is u werke, en dit weet my siel baie goed. My gestalte was nie vir U verborge toe ek in die geheim gemaak is, en behendig bewerk is in die laagste dele van die aarde nie. Jou oë het my stof gesien, nog ongevorm. En in u boek is hulle almal opgeskrywe, die dae wat vir my gevorm is, toe daar nog nie een van hulle was nie. (Psalm 139:13-16).
Suid-Afrikaanse Regering. Psalm 2:10-12 Wees dan nou wys, o konings; Laat julle onderrig, julle regters van die aarde. Dien die HERE met vrees, en jubel met bewing. Soen die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die pad vergaan as sy toorn net 'n bietjie ontvlam nie. Geseënd is almal wat op Hom vertrou. Verhef regeringsleiers tot die Here en bid vir die werksetiek van LP’s wat vir die opening van die parlement voorberei. Vra die Heilige Gees om hulle te oortuig om hul werk met integriteit, verantwoordelikheid en toewyding te doen. Bid dat baie beloftes vanjaar nagekom sal word, dat projekte nie meer agterweë gelaat sal word nie, maar dat almal die oortuiging sal hê om die werk van die regering te doen soos van hulle verwag word.
Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending Koordineërders. Bid asseblief vir die onderskeie koordineers in die onderskeie Afrika lande. Weens die pandemie ervaar elkeen maar sy eie persoonlike uitdagings.
House of Peace-2 Sendingstasie Malawi. Op Maandag/Dinsdag 24 en 25 Januarie het ‘n verwoestende wind storm en swaar reën die sending stasie getref. Precious en Annie se nuwe huis het geweldige skade en die kerk is heeltemal verwoes. Van die mense in die omgewing en ander dele van Malawi het ook groot skade gelei. Kom ons bid vir die sending koordineërders en die mense van Malawi in hierdie tyd. As iemand gelei voel om te help om die infra struktuur te herstel sal dit opreg waardeer word. Enige bedrag kan inbetaal word in die Deo Volente Sending se Absa Rekening: 90-7317-9493 met verwysing: U sel nommer en MALAWI VLOEDE.
Maand-Einde Verpligtinge. Januarie was ‘n uitdagende maand, bid asseblief vir voorsiening om al ons maand einde verpligtinge na te kom.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comentários