30 Mei 2022/6 Junie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jun 3, 2022
- 7 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
30 Mei 2022/6 Junie 2022.
Liewe Vriende.
“Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog ’n kind. Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap.” (Heb 5:13;6:1).
In hierdie Skrifgedeelte betreur die skrywer van Hebreërs sy lesers se geestelike onvolwasssenheid. Teen hierdie tyd behoort hulle al self onderrig in geloofsake te kan gee, maar in plaas daarvan is hulle nog geestelike babas wat van melk lewe. Hulle is traag om te leer en weet nie wat reg of verkeerd is nie. Volwasse Christene, daarteenoor, is mense wat vaste kos inneem en tussen reg en verkeerd kan onderskei.
Hierdie aanklag is baie maal ook waar van hedendaagse Christene. Ons lewe nog van geestelike melkkossies terwyl ons al die volle inhoud van Jesus se boodskap behoort te verstaan. Is jy nie dalk ook nog ’n geestelike baba nie?
Maak dan werk daarvan om elke dag geestelik te groei en sterker te word. Leer die Here beter ken deur kwaliteittyd vir Hom opsy te sit: moenie net elke dag jou Bybel oopslaan en ’n paar teksverse lees nie, maar leer om diepgaande Bybelstudie te doen; praat met die Here, nie net in jou stiltetyd nie, maar dwarsdeur die dag. Sluit aan by ’n Bybelstudiegroep en gaan gereeld kerk toe. Lees geestelike boeke. Fokus van nou af op God en die dinge van God sodat jy geestelik volwasse kan word! Here, ek bely dat ek ook die meeste van die tyd nog met melkkos besig is.
Gebed: Vergewe my en help my om erns te maak met my geestelike ontwikkeling sodat ek die volle inhoud van u boodskap sal kan verstaan. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Geheime gelowiges in Sentraal-Asië. Bid vir leiers van die ondergrondse, ongeregistreerde huiskerke, soos Azamat*,wat gedreig en psigologies mishandel is nadat die polisie ʼn paar jaar gelede ʼn klopjag op sy kerk uitgevoer het. Prys die Here dat hy uiteindelik beter doen en weer normaal kan funksioneer.
Kazakstan. Vroeër die jaar is Kazakstan skielik oral in die wêreldnuus nadat die regering bedank het. Bid dat die Kerk in hierdie nuwe seisoen sterker sal wees en in staat sal wees om God se liefde te betoon aan dié wat dit nodig het.
Bangladesj. Bid vir die beskerming van gelowiges, veral Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond wat alleen woon en geheime gelowiges is. Bid ook dat hulle verseker sal wees van hul saligheid en dat hulle geestelik in Jesus Christus sal groei
Maledive. Human Rights Watch het vanjaar die Maledive-regering aangeraai om pogings te prioritiseer om die regbank te verander en die endemiese korrupsie te stuit. Bid dat die regering sal ag slaan op die raad van Human Rights Watch vir ʼn meer vreedsame lewe vir almal in die Maledive.
Sri Lanka. ʼn Bejaarde paartjie wat na Christenskap bekeer het, het al die maatskaplike sorg en ander subsidies verloor wat aan bejaardes in hul dorpie gegee word. Bid vir God se voorsiening en dat Hy mense sal voorsien wat na hulle kan omsien.
Indonesië. In die laaste jaar het al meer jongmense tussen 17 en 18 jaar in Indonesië tot Christenskap bekeer. Bid vir God se wysheid, moedigheid en genade oor hierdie jong Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond terwyl hulle Jesus volg.
Viëtnam. Prys die Here vir die Koeibank-projek, wat daarop gemik is om Christen-families te help om hulle eie huise te bou, in ʼn plaas te belê, hul kinders skool toe te stuur, kos op hul tafels te sit en hul tiendes te kan gee. Bid dat ons vennote in staat sal wees om hierdie projek uit te brei.
Laos. Baie gelowiges loop die risiko om uit hulle huise gesit te word deur diegene wat Christene haat. Bid dat die Here sal voortgaan om hierdie gelowiges en gelowiges wat uit hul huise gesit is omdat hulle in Jesus glo, se geloof te versterk.
China. Die Chinese regering gaan voort om die openlike verkondiging van geloof te beperk en om alle godsdienste te dwing om in lyn te kom met Chinese sosialisme. Bid dat die Kerk alternatiewe maniere sal vind om hul verhouding met die Here te laat groei, ten spyte van die beproewings.
Sri Lanka. Sharifa (21) gaan in die geheim kerk toe Haar familie plaas voortdurend druk op haar om terug te keer na Islam. Bid vir ʼn onwrikbare geloof vir Sharifa en baie ander jong bekeerlinge wat weens hul geloof deur hul families vervolg word.
Algerië. Bid vir krag en wysheid vir kerkleiers terwyl hulle kerke te midde van die druk lei. Dit is moeilik om die regte keuses te maak. Bid ook vir gelowiges op wie die druk in hul daaglikse lewens van die owerhede en individuele vervolgers sy tol eis.
Vervolgingsondag. Terwyl ons die begin van die vervolging van die vroeë Kerk herdenk, bid vandag vir Geopende Deure Suider-Afrika vir ons aanlyn-geleentheid en waar ons in kerke praat oor hierdie dag en die huidige toestand van ons vervolgde familie regoor die wêreld. Mag dit ʼn geseënde dag wees waar die Woord van God versprei word.
Soedan.In die samelewing word Christene, veral dié vanuit ʼn Moslem-agtergrond, as tweedeklasburgers behandel en deur hul families en die samelewing op die kantlyn geskuif. In sekere gebiede is hulle teikens vir geweld. Bid dat hulle te midde van hierdie uitdagings sal voortgaan om in hul geloof te groei.
Guinea. In Guinea het ʼn klein Fulani-gemeenskap die Evangelie gehoor en Christus as hul Redder aangeneem. Prys die Here vir hul saligheid. Bid dat, terwyl hulle uitdagings verduur om bymekaar te kan kom, die Here hulle van ʼn plek sal voorsien waar hulle Hom saam kan aanbid.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.
Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.
*Name verander weens sekuriteits doeleindes.
Getuienis Roadtrip.
Ons was vanaf 3 Mei op ‘n sending reis waar Graag Reinett, Oviston, Bethal, Nelspruit, Witrivier, Middelburg, Pretoria, Mooinooi en Klerksdorp besoek is. ‘n Retoer rit van 4800 kilometers. Weens kostes is die rit gekombineer om beide sending en familie aangeleenthede in te sluit. Op Vrydag 20 Mei terwyl ons op pad was vanaf Witrivier na Middelburg was ons in ‘n ongeluk betrokke. Ons het op die N4 gereis in ‘n Westelike rigting en ‘n trok met sleepwa het in die tenoorgestelde rigting gereis vanaf Wes na Oos heeltemaal aan die anderkant van die dubbelpad en het al twee wiele van sy sleepwa verloor. Die wiele het oor die middelmannetjie gehop en die een het ons motor regs agter getref en weg gebons en die sleepwaentjie wat ons gesleep het getref en die modderskerm afgebreek en die as afgebreek en gebuig. Die tweede wiel is agter ons verby en die mielie lande in. Daar was ‘n trok direk langs ons en moes ek die kar onder beheer hou en die sleepwaentjie ‘n ent sleep reguit aan en toe oor na links en af van die ryvlak af. Die trok het gestop en gekyk of ons okay is. Het die versekering kontak en is ‘n trok gestuur om die kar en sleepwaentjie op te laai. Esther se suster en haar man wat op Middelburg bly het ons kom haal met hulle bakkie en met al die bagasie wat in die kar en waentjie was na hulle huis.
Dit kon soveel erger gewees het en loof en prys ons die Here want as die wiel die kar reg van voor of op die deure getref het sou die skade soveel erger gewees het asook met erge beserings. Ons almal het net skok opgedoen en ek my regter arm se spiere beseer met die ruk en die dat ek die kar reguit moes hoe tot ek veilig kon aftrek.
Vader was goed en nood herstelwerk kon aan die kar en sleepwaentjie gedoen word sodat ons ‘n dag later die reis kon voortsit. Vader het ook wonderbaarlik voorsien daarvoor. Daar is ook voorsien vir die kar om reg gemaak te word en sal die kar op 6 Junie ingeneem word na die paneelkloppers om te herstel. Prys die Here!
Dankie Vader dat ons die rit kon doen en nuwe netwerk geleenthede en familie en vriende kon besoek.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments