30 Januarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jan 29, 2023
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
30 Januarie 2023.
Liewe Vriende
“Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie. En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.” Genesis 28:16-17
Soms is ons in die teenwoordigheid van baie belangrike persone sonder dat ons dit besef. Soos Jakob toe hy die nag op 'n klip aan die slaap geraak. Toe verskyn God daar in 'n droom aan hom. Na die tyd het Jakob bely: "Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie."
Die grootste fout wat ons kan maak, is om nie die Here te herken as Hy digby jou is nie. Dis net so goed as om die kans van 'n ewigheid deur jou vingers te laat val! Wie weet, dalk gaan jy in die volgende dae of weke in die geselskap van 'n bekende of twee wees. Maar die belangrikste Persoon wat jou pad ooit gaan kruis, is God self. Hy, die Koning van die heelal wat alles in sy handpalms vashou, gaan groot moeite doen om jou op jou eie terrein te kom ontmoet. Op baie plekke sal jy in die volgende dae sy hemelse vingerafdrukke rondom jou sien. En sy genade wat met die kruis van Christus onderteken is. Moenie Hom ignoreer nie. Maak God onverwyld die eregas in jou lewe.
Ons Hemelse Vader nooi ons om na Hom te kom in Matt. 11:28. Daarin sê Hy dat almal wat uitgeput en oorlaai is na Hom kan kom en dat Hy ons rus gee. Is dit nie wonderlike, vertroostende woorde nie? Ons kan al ons bekommernisse aan die voete van die kruis neerlê, want Hy sorg vir ons (1 Petr. 5:7).
Gaan lees asseblief Ps. 121. Hy wat ons beskerm slaap nooit nie. Die Here beskerm ons teen alle gevaar. Hy beskerm ons lewe. Hy beskerm ons waar ons ook al gaan, nou en vir altyd.
Daar is nie antwoorde op soveel vrae wat deur 'n mens se gemoed gaan nie. Al wat ons weet is dat God hartseer gebeure kan gebruik en iets goeds daaruit kan laat voortspruit (Rom. 8:28).
In moeilike omstandighede kan ons net aan God en Sy beloftes vashou. In Jes. 59:1 staan daar mos dat Sy hand nooit te kort is om te help nie en Sy oor nie te swaar is om te hoor nie. Hierdie belofte geld ook vir jou en ons weet dat God ons gebede sal verhoor, al is dit nie op die manier wat ons vra nie. Alles werk egter ten goede mee vir die wat Hom liefhet (Rom. 8:28).
In 2 Kor. 4:7 staan daar dat ons kleipotte is wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons af nie. Dit is ons gebed dat jy God se krag in hierdie dae in jou lewe sal ondervind en dat Jesus Christus se liefde en vrede, in jou hart sal woning maak, sodat jy die werking van die Heilige Gees sal ervaar.
Gebed:Vader, baie dankie vir die wete dat U met my wandel. Help my om sensitief te wees vir U leiding en ondersteuning in my lewe, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Filippyne. Vandag is die Filippyne se Nasionale Bybeldag. Bid dat God se Woord in gelowiges se harte gegraveer sal bly. Baie mense staar steeds vervolging in die gesig omdat hulle die Goeie Nuus verkondig. Bid vir maniere waarop ander die Evangelie kan ontvang en dat mense hul harte sal oopmaak om tot bekering te kom.
Turkye. Bid vir die Christene wat vervolging en diskriminasie weens hul geloof ervaar. Bid dat die regering se harte teenoor hulle sal verander.
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Bediening 2023. Ons beplan ‘n paar groot projekte asook “Road Trip” na ander provinsies en drie buitelandse uitreike. Bid asseblief saam vir die logistiek en finansiële voorsiening.
Finansies. Ons enige ondersteuning is van individule ondersteuners. Twee van ons ondersteuners is in 2022 oorlede wat ons maandeliks met ‘n tekort van 50% {Die helfde} op ons begroting laat. Bid asseblief dat Vader ondersteuners en meer ondersteuners sal opwek vir die bediening. Daar is verskeie projekte wat moet oorstaan, afstaan of net op die wenslysies geplaas moet word a.g.v. finansies op die oomblik.

Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments