top of page

3 Oktober 2022. Jaarbeplanning 2023 en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Oct 1, 2022
  • 4 min read

Gebednet.

Jaarbeplanning 2023 en Gebedsversoeke.


3 Oktober 2022


Liewe Vriende


Spreuke. 15:22. "Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand."


Vanaf Vrydag 23 September tot Sondag 25 September was Johan by Mount Cedar in die Cederberge, ‘n pragtige plek met net grondpaaie en geen selfoon ontvangs. Al kommumnikasie is wi-fi by die ontvangs kantoor 2 kilometer vanaf die akkomodasie. Ek kon net stil word en luister na God se stem.


Daar is beplan vir 2023 asook die verskillende projekte in die Afrika lande en watter voortgaan en watter geskraap sal word asook die begroting.


Opsomming van Beplanning.

Primêre Afrika Bediening:


Help en leer die koordineerders om meer onafhanklik te word en self die opleiding te fasiliteer en te doen met ons net in konsulterende/raadgewende hoedanigheid. Ons sal net betrokke wees in Malawi, Mosambie, Zambia en sal moontlikhede ondersoek word vir betrokkenheid in Namibia.


Ons betrokkenheid word onttrek uit die volgende lande en word die koordineerders daar aangemoedig om die opleiding self verder te vat in hulle eie onderskeie bedieninge of kerke. Daar word onttrek uit Zimbabwe, Tanzania, Kenya, Uganda, Burundi en Gambia.


Plaaslik Bedieninge.


Ons onttrek ons betrokkenheid uit Lavender Hill en Mitchells Plein en word Staggie en Kuda aangemoedig om self verantwoordelikheid te neem en daar te bedien onder hulle eie bedieninge of die plaaslike kerk.


Sosiale Media.


Daar word voortgegaan met die sosiale bediening op Telegram, Whatsapp, Signal en e-pos en word DAAGLIKS 3000+ persone bereik met die BOODSKAP en word ook berading gedoen en gebid vir mense.


Sekondêre Bediening.


Hulpgroep. Die hulpgroep sal uiktgebrei word. Tans het ons ‘n hulp groep gestig op Telegram gedurende 2020 waar persone in NOOD gehelp word met Lugtyd, Elektrisiteit en voedsel koepons om ‘n kospakkie mee te koop. Daar word ook gesaai soos finansies en hulpbronne beskikbaar in die lewens van mense in nood, ook met die doel om hiermee ‘n aanknopings punt te kry vir die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus.


Huweliks Bevestiging. Johan gaan voort met berading en bevryding op paartjies buite kerke waarna hy hulle dan in die huwelik bevestig en as huweliks bevestiger die huwelik registreer by Binnelandse Sake.


Reise.

Vader het ‘n mandaat gegee om Twee Buitelandse reise te onderneem in 2023, een na Namibia en een na Zambia en Malawi gekombineer. Asook ‘n binnelandse reis na Gauteng, Mpumalanga en Noord Wes.


Algemeen.

Vader het toestemming verleen om ons Dubbel Kajuit Bakkie te verruil vir ‘n Selfry kampeerwa.


Finansies.

Ons is tans geloofs sendelinge en sal dit so bly.


Gebed: Baie dankie Vader om U persoonlik te beleef en U stem te hoor. Dankie vir U guns op die bediening en die voorreg om in U bediening te staan, in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  2. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  3. Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies. Tans ervaar ons geweldige uitdagings op finansiële gebied en het ‘n wonderwerk nodig!

  4. Wêreldwaarnemingslys 2023-samestelling. Bid vir die suksesvolle navorsing en samestelling van die 2023 Wêreld-waarnemingslys. Bid dat die verslae bewusmaking sal skep wat die publiek aanmoedig om vervolgdes te ondersteun.

  5. Noord-Korea. Bid vir Noord-Koreaanse gelowiges wat gedwing word om hul geloof geheim te hou. Bid dat hulle vreugde sal vind in die wete dat gelowiges wêreldwyd hul geloof deel. Bid dat die vervolgers God se genade sal ervaar.

  6. Somalië. Somaliese Christene vertrou op God met die wete dat die verkondiging van die Evangelie hul lewens kan eis. Bid vir beskerming en volharding in hul geloofsreis.

  7. Libië. Dit is sewe maande sedert Athit vrygelaat is nadat hy onder huisarres vir evangelisasie geplaas is. Loof God dat Athit kan aanhou mom die Skrif met sy landgenote te deel en God te eer!

  8. Eritrea. Bid dat gelowige gevangenes in Eritrea vryheid in Christus sal beleef en getrou aan die Here sal bly. Bid vir kerkleiers wat gevange geneem is nadat hulle die regering teëgegaan het. Bid dat hulle ondanks vervolging versterk sal word.

  9. Turkmenistan. Bid vir die veilige terugkeer van vervolgde gelowiges wat deur hul geliefdes as vermis aangemeld is. Bid dat hulle met hul families herenig sal word.

  10. Pakistan. Bid vir vervolgde gelowiges teen wie weens hulle verhouding met Christus gediskrimineer word. Bid dat God hulle geestelik en verstandelik sal versterk tydens hul geloofsreis in Pakistan.

  11. Iran. Bid vir vervolgde Iranse Christene terwyl veldtogte hier ingespan word om die Christendom te verklein. Bid dat Iranse gelowiges deur die Heilige Gees in die Liggaam van Christus verenig sal bly.

  12. Nigerië. Bid dat ons broers en susters standvastig in geloof sal bly terwyl aanvalle deur Boko Haram-militante en gewapende Fulani-veewagters toeneem. Bid dat hulle vrede en vertroosting in die Here sal vind.

* Naam is vir sekuriteitsredes verander.























Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts:

Absa Bank, Branch: 632 005, Account: 93-6104-5805.{J.Lourens}


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page