top of page

3 November 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Nov 1, 2025
  • 8 min read
Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

3 November  2025


Liewe Vriende.


“Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”Matteus 6:15 


Geliefdes, die Here Jesus leer ons dat vergifnis nie ’n opsie is nie – dit is ’n opdrag. ’n Ongewens-gesindheid begin in die hart wanneer ons weier om ander te vergewe. Bitterheid, wrok en trots maak die hart hard en steel die vrede wat God gee. Party hou jare lank vas aan seer, ou misverstande of onregte wat mense teen hulle gedoen het. Maar as ons nie vergewe nie, dra ons self die las – en nie die een wat ons kwaad aangedoen het nie. Die Here sê duidelik: as ons nie ander vergewe nie, kan Hy ons ook nie vergewe nie.


Dikwels sien ons hierdie ongewens-gesindheid tussen Christene – broers en susters in die geloof wat nie met mekaar praat nie. Ouers en kinders wat mekaar se harte breek deur trots. Pastore wat mekaar afkraak in plaas van saam te werk vir die koninkryk. Ons kyk met agterdog na ander rasse, en oordeel mense wat anders lyk of dink as ons. Selfs teenoor skelms en sondaars, wat die Here ook liefhet, is ons dikwels vinnig met veroordeling. Maar Christus het vir almal gesterf – vir jou, vir my, vir elkeen. As God genade kan betoon aan die grootste sondaar, wie is ons dan om iemand anders se sonde vas te hou?


Kom ons bid dat die Here ons harte sag maak en ons leer om met Sy oë te sien. Laat ons mekaar vergewe, soos Hy ons vergewe het, sodat daar vrede, herstel en liefde kan wees in ons huise, gemeentes en gemeenskappe.


Gebed:Here Jesus, leer ons om te vergewe soos U vergewe. Verwyder uit ons harte alle bitterheid, trots en haat. Vul ons met U liefde en vrede, sodat ons lig kan wees vir ander, in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1.  Bangladesj. Toe die elfjarige Robin* en sy gesin in Bangladesj weens hul geloof geteiken is, het dit hulle alles gekos. Bid vir Robin en ander kinders soos hy, wat geïsoleerd is en gespot word omdat hulle Jesus volg. Robin se pa het Jesus aanvanklik aangeneem, maar het na Islam teruggekeer toe politieke chaos plek gemaak het vir ekstremistiese dreigemente teen Christene. Bid dat hy sy pad terug na Jesus sal vind. Bid vandag saam met Robin. Sy Kersfeeswens is vriendskap. Hy bid dat die kinders by die skool sal ophou om hom te spot en dat hy nuwe vriende sal maak.

  2. Oaxaca, Mexiko.Hoewel sy slegs 12 jaar oud is, het Alicia* aansienlike vervolging in Oaxaca, Mexiko,ervaar. Haar gesin het toegang tot basiese dienste verloor en het gewelddadige dreigemente in die gesig gestaar. Bid vir hulle vir vryheid om Jesus te volg. Bid vir die plaaslike gemeenskapsleiers in Alicia se omgewing wat hul geloof beperk. Bid dat God hul harte sal versag om toe te laat dat ʼn plaaslike kerk gebou word, waar hulle kan bymekaarkom en samesyn kan hê sonder vrees vir diskriminasie of geweld. Vra God om Alicia se familie en ander families soos hulle hierdie Kersfees te seën. Bid dat “Emmanuel – God met ons” nie net ʼn mooi Kersfees-slagspreuk sal wees nie, maar ʼn werklikheid wat hulle ten volle in hul huise en kerke ervaar.

  3. Nicaragua. ʼn Paar jaar gelede het Manuela* en Alaia* se familie weens godsdienstige vervolging uit Nicaragua gevlug. Hul pa, ʼn pastoor, is gevange geneem. Vra God om hierdie familie en soveel ander te versterk terwyl hulle aanhou aanpas by ʼn lewe ver van alles wat hulle ken. Bid dat Manuela en Alaia se geloof onwrikbaar sal bly, en dat hulle sal opstaan om leiers te word in die volgende generasie pastore, sendelinge en evangeliste. Manuela en Alaia se familie, wat so ver van die huis af woon, is gedwing om hul lewens opnuut te herbou,insluitend hoe hulle Kersfees vier. Bid vir ʼn betekenisvolle tyd saam.

  4. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  6. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  7. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  8. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  9. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.

  10. 24-7 Gebed vir Herlewing (10–16 November 2025) fokus op die Lydende Kerk en dra die tema “Van Lyding tot Redding.” Deur die getuienis van vervolgde gelowiges word Christus se oorwinning oor die wêreld bevestig. Hulle bloed en opoffering word saad vir herlewing, wat die nasies oproep tot bekering en geloof. Elke dag herinner gelowiges daaraan dat vervolging nie die einde is nie, maar die begin van geestelike ontwaking en ewige oorwinning in Christus. Die reeks moedig volharding, vergifnis, lig in die duisternis en die verspreiding van God se heerlikheid aan.

7 Gebedspunte:

  1. Bid dat die getuienis van die vervolgde Kerk wêreldwyd bekering en geloof sal aanwakker.

  2. Vra dat die bloed van die martelare ’n saad van herlewing sal word en geestelike oes sal voortbring.

  3. Bid vir bonatuurlike krag en volharding vir dié wat ter wille van Christus ly.

  4. Vra dat God se lig deur Sy mense in donker plekke sal skyn en kettings van vrees sal breek.

  5. Bid dat vervolgde gelowiges hulle vervolgers sal kan vergewe en dat liefde haat sal oorwin.

  6. Vra dat die nasies deur hulle getuienis die heerlikheid van Christus sal aanskou.

  7. Bid dat God elke traan en pyn sal omskep in redding en ewige eer tot Sy Naam.

* Name verander weens veiligheidsredes.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure en Jerigo Mure Gebedsgids.

ree








Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


ree

Lourens Sending Nuusbrief - Oktober 2025


🌟 “Want ek weet die gedagtes wat Ek oor julle dink, sê die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n toekoms en 'n hoop te gee.” – Jeremia 29:11


🌟Goeie Middag aan almal!Oktober was 'n maand van herstel en groei. Johan en die seuns het 'n wonderlike ervaring gehad by die Mighty Men's Conference in Welkom vanaf 24 tot 26 Oktober. Dit was werklik 'n geestelike opbou en 'n geleentheid om hulle geloof te verdiep.

Johan se vinger is genees, en ons is so dankbaar vir al die gebede en ondersteuning wat ons ontvang het. Dit bevestig net weer die krag van gebed en gemeenskap.

Simeon maak goeie vordering met sy rekenaar programmeringskursus. Joshua se "boerdery" groei en is daar 9 nuwe klein gansies. Die hoenders is daar 5 op die oomblik.


*Plaaslik*Simeon en Joshua se jeugbyeenkomste in die kerksaal was ‘n groot sukses.

Esther se vroue byeenkomste bied steeds 'n belangrike ruimte van geestelike ondersteuning, en ons is bly om te sien hoe dit groei.


Afrika en Sosiale Media Bediening:  Alhoewel die uitdagings voortduur, bly ek aktief betrokke. Ons het baie positiewe terugvoer ontvang van deelname van ons opleiding programme en sosiale media bediening. Dit inspireër my om voort te gaan met die bediening, en die resultate is werklik opmerklik!


Hier is 'n paar getuienisse wat ons bereik het: - Pastoor Linda uit Zimbabwe het vertel hoe die opleiding haar bediening se impak verdubbel het, en sy voel meer toegerus om haar gemeente te lei.  -


Pastoor Joseph uit Zambië het geskakel dat die sosiale media boodskappe die jeug in sy gebied aangespoor het om aktiewe deel te neem in hul gemeenskap.


🌍 Afrika Sending en Koördinering:-

🇺🇬 Uganda: Dit gaan goed. 

 - 🇲🇿 Mosambiek: Xavier besig met opleiding, en ons bid vir 'n oplossing vir die uitdagings wat Anastancio in sy gemeenskap ondervind.  

- 🇲🇼 Malawi: Gloria maak vooruitgang met haar projekte.  

- 🇿🇼 Zimbabwe: Enias se evangelisasie-aktiwiteite maak positiewe inpak, maar daar is steeds 'n behoefte aan hulpbronne.  

- 🇿🇲 Zambië: Fred se jeugbediening groei sterk, en ons is opgewonde oor die toekomstige geleenthede daar.  

- 🇰🇪 Kenia: Richard en Alex bly hoopvol, en ons beplan om hulle binnekort  te besoek.

🙏 Gebedsversoeke:

1. Dankbaarheid: Ons loof die Here vir Johan se herstel.

2. Finansiële Voorsiening: Bid vir ons maandelikse finansiële behoeftes en ondersteuning.

3. Vrug in die Bediening: Bid vir groei onder die jeug in die gemeenskap.

4. Selfoon Tablet: Johan benodig 'n goeie tablet vir sy bediening.

5. Klere. Simeon en Joshua het behoefte aan nuwe skoene en klere. Simeon se klere en skoene is opgedra en hy kort nuwe skoene en klere.

6. Anastancio kort dringend 'n nuwe waterpomp vir die sending plasie, die gewasse verdroog omrede die waterpomp vervang moet word.

7. Sending afsluiting. 'n Jaar afsluiting word beplan met 'n naweek weg. Bid asseblief vir die beplanning en voorsiening.✝️


Slotgedagte:  Met die seën van die Here, sien ons uit na wat Vadee  die laaste twee maande van 2025 gaan doen. Alhoewel daar uitdagings is, glo ons steeds dat daar hoop  is.


Dankie vir julle voortdurende ondersteuning en gebede!Met liefde en seën,  

Die Lourens Sendelinge.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!



N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Account Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page