3 Julie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jul 1, 2023
- 5 min read

Gebednet
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
3 Julie 2023.
Beste Vriende.
Hiermee wil ons graag die projek 100 aan u bekend stel. Soos reeds bekend aan u is ons voltydse sendelinge al vir die afgelope 23 jaar. Ons enigste inkomste is donasies van vriende en familie wat ons ondersteun. In die afgelope twee jaar is drie van ons groot anker ondersteuners oorlede. Twee van hulle het ons al vir die afgelope 15 jaar ondersteun. Tans sit ons nou met ‘n 50% tekort op ons maandelikse begroting.
Ons wil graag hiermee van die geleentheid gebruik maak om u te vra om ‘n vennoot te word in ons bediening en die koninkryk van God. Ons kom nie na u om u finansieël te belas nie, gewoonlik as sendelinge ondersteuners nader dan dink hulle dat hulle gevra gaan word vir ‘n bedrag van R1000 of meer. Dit is nie ons uitgangspunt nie en het ons besluit om slegs 100 ondersteuners te vra om ons met slegs R100 per maand te ondersteun. Die rede is dat dit beter is om eerder meer ondersteuners te kry wat mens ondersteun met R100 per maand as 2 ondersteuners wat elk R2500 per maand bydrae, dit is ook binne enige een se bereik en haalbaar. Sodoende is die las op ondersteuners ook nie so groot nie. Die ondersteuning word ook so versprei en is dit nie net op een of twee persone gerig nie. Meer persone kan sodoende in ons sendingwerk belê vir God se Koninkryk.
U hoef ook nie net te dink dat finansiële ondersteuning al manier is om ‘n sendeling te ondersteun nie, u kan ook in een van die volgende ook ondersteun naamlik:
1}.Gebedsondersteuning - persoonlike intersessie.
2}.Groep intersessie {Selgroep, werk of gebedsdroep}
3}.Gebedsketting begin. { Per SMS }
4}.Deur huisvesting te verskaf tydens besoeke aan u gemeente/dorp.
5}.Begin van 'n omgee groep tussen gemeentelede/vriende.
6}.Materiële hulp vir behoeftes in die veld en spesiale projekte.
Ons sal dankbaar wees as u vir ons kan aandui op watter manier u ons wil ondersteun en sal ons elkeen indien hulle dit so verkies, op 'n gereelde basis ingelig hou d.m.v. 'n nuusbrief wat ons aan u sal stuur. U kan na u bank gaan en ‘n stoporder instel ten gunste van die bediening as volg: Bank: Capitec Bank, Rekening Houer: Sending, Rekening: 153 718 3077.
As u ons eers persoonlik wil ontmoet moenie huiwer om ons te kontak nie, ons sal u met graagte kom besoek!
Ons dank u byvoorbaat vir u vertroue en belegging in ons bediening.
Gebed: Vader ek bid JOB 42:10 oor elkeen wat nou hier lees; “En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.” Ek bid vir elkeen wat deur ‘n moeilike tyd gaanen sukkel om kop bo water te hou. Here ek bid ook vandag vir my vriende familie en werkskollegas, Here versterk elkeen wat swak is voorsien in elkeen se behoefte en seën elkeen bo alle verwagtinge. In Jesus naam. Amen
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914.
There is nothing, naturally speaking, that makes us lose heart quicker than decay—the decay of bodily beauty, of natural life, of friendship, of associations, all these things make a man lose heart; but Paul says when we are trusting in Jesus Christ these things do not find us discouraged, light comes through them. – Oswald Chambers
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
China.Geopende Deure se werkers en vennote behartig gereeld dissipelskapopleiding in Boeddhistiese gebiede. Bid vir voorsiening en beskerming terwyl hulle die Liggaam van Christus in China onderhou.
Broenei. Islamitiese onderrig word van alle inwoners van Broenei vereis wat hul primêre en sekondêre onderrig wil voltooi. Bid dat Broenei se Christen-jeug eksterne druk sal kan verduur.
3 Julie Guru Purnima. Geestelike meesters in Hindoe, bekend as ghoeroes, word op dié dag deur Hindoes vereer. Bid dat Hindoes met die waarheid van die Evangelie verlig sal word.
Mexiko. Mexiko word deur dwelms en korrupsie geteister. Bid dat diegene in magsposisies aan hul waardes en nasiediens getrou sal bly en nie sal toelaat dat dwelmhandel en geweld oorneem nie.
Indonesië. Ons ontvang steeds versoeke vir nog duisende Bybels. Bid vir die koste van die produksie en verspreiding van Bybels. Mag gelowiges geseën word terwyl hulle God se Woord in hul moedertaal lees.
Turkye. Bid dat Christene vrylik in kerkgeboue sal kan vergader. Bid dat God in Turkye sal werk om ʼn verandering in mense se houding teenoor Christene te bewerkstellig.
Suidelike Filippyne. Nadat een van Geopende Deure se vennote, Eli*, sy vrou aan kanker verloor het, het hy gevind dat Geopende Deure se lewensbestaanshulp hom en sy drie kinders ondersteun het. Prys die Here dat Hy aan gelowiges in hul tyd van nood voorsien het. Bid dat dié bystand baie meer gelowiges sal bereik.
Afganistan. Sitara* voel nie meer soos ʼn slaaf nadat sy na ʼn ander land gevlug het nie. Bid dat die Here vir haar en talle ander Afgaanse vlugtelinge se veiligheid sal voorsien
Viëtnam. Die geletterdheidsklasse bevorder welwillendheid onder gelowiges en dorpenaars en kan soms as ʼn evangelisasie-instrument gebruik word, wat bure na die liefde van Christus lei. Bid dat meer mense Christus en Sy liefde deur dié klasse sal leer ken.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments