3 April 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Apr 3, 2023
- 4 min read

3 April 2023.
Beste Vriende.
“En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.” Lukas 23:46.
Goeie Vrydag – ‘n swart Vrydag wat ‘n goeie Vrydag geword het. Die dag van alle dae soos daar nog nooit in die bestaan van die wêreld was nie. ‘n Dag wat nog steeds eerbiedig word deur Christene dwarsdeur die wêreld – die eerste dag van drie dae wat die einde van ‘n era en die begin van ‘n nuwe era was.
Die dag toe God sy eniggebore Seun, Jesus Christus, gegee het om te sterf, sodat ons, die hele mensdom, deur Sý bloed van óns sondes gereinig kon word: “ ... die bloed ... wat vir baie vergiet word tot vergewing van ons sondes.” (Matt. 26:28)
Die dag toe Jesus, deur te sterwe, ‘n deur vir óns oopgemaak het sodat ons déúr hom dírék met God kan kommunikeer. Dié dag toe Sý Vader ook óns Vader geword het – die dag van álle dae toe God ‘n God van Liéfde geword het.
Laat ons dan ook híér waar ons aan die voet van die kruis kniel, nie ween nie, maar ons hárte na Hom toe úíthou en die woorde van Jesus ons éie maak: “Vader in U hande gee ek my gees oor” Dit beteken my léwe, my álles.
Gebed: Vader, in U hande gee ek my gees – my léwe, my álles oor,Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar.
BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Geheime gelowiges. Bid vir die verspreide groepies geheime gelowiges in Moslemlande. Bid dat hulle hul geloofsfamilie sal onthou terwyl hulle biddend en hoopvol in die Here bly. Bid dat hulle met hul lewenswyse ʼn getuie van God se genade en liefde sal wees.
Kerkleiers wêreldwyd. Bid vir veerkragtigheid en krag vir kerkleiers wêreldwyd terwyl hulle die weg aanwys vir God se mense onder verskeie toestande, insluitende vervolging. Bid vir wysheid en onderskeidingsvermoë terwyl hulle hul gemeentes deur die lief en leed van die lewe lei.
Vervolgde mans wêreldwyd. Die vervolging van Christenmans en seuns is daarop gemik om hulle as beskermers uit die samelewing te verwyder – ʼn handeling wat gesinne en gemeenskappe kwesbaar laat. Bid dat God mans sal beskerm en toerus met wysheid sodat hulle die weerloses onder hulle kan beskerm.
Vervolgde vroue wêreldwyd. Christenvroue word geteiken om die breër Christelike gemeenskap te straf of skade te berokken. As Christene en vroue word hulle as minderwaardig geag. Bid dat hulle as opvoeders van die toekomstige geslag hul waarde in God sal besef en deur Hom beskerm sal word.
Vervolgde kinders wêreldwyd. Vervolgers gebruik die onderwys as sleutelinstrument om Christenkinders se volwasse identiteit en toekoms negatief te beïnvloed. Bid vir genesing vir kinders wat vervolging weens hul geloof en hul ouers se geloof moet verduur.
Goeie Vrydag.Hierdie week herdenk ons die kruisiging van Jesus Christus. Prys God dat Hy Sy seun gegee het om vir ons sondes te sterf. Bid en dink aan diegene in ons geloofsfamilie wat ook hul kruis vir Christus moet opneem, terwyl hulle ter wille van Sy naam vervolging verduur.
Paassondag. Prys God vir die lewe wat Jesus is en die ewige lewe waarmee ons geseën is deur Sy dood en opstanding! Bid vir vervolgde gelowiges wat geduldig wag vir die dag dat hulle met Christus herenig en bevry sal wees van die vervolging wat hulle daagliks moet verduur.
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Afrika Reise. Loof en prys saam met ons die Here dat grense weer oopgaan en geleenthede om te reis in Afrika om Jesus se Hande en Voete te wees. In Februarie was ek in Namibia. Daar is uitnodigings vir later die jaar vir Zambia, Malawi en Kenya. Bid vir die logistiek,
2023 Vrystaat/Gauteng Roadtrip. Ons sou hierdie week vertrek het op die Vrystaat/Gauteng roadtrip vanaf 29 Maart tot 17 April maar is die uitreik gekanseleer a.g.v. verskeie omstandighede, onder andere ook finansies. Bid asseblief saam vir oop deure later die jaar sodat ons wel kan gaan.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments