29 Septeber 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Sep 28
- 7 min read

29 September 2025
Liewe Vriende.
“Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.” {2 Korintiërs 4:16}
In hierdie tye waarin alles duurder word, waar ons met siektes, oorloë en onrus gekonfronteer word – en selfs valse predikers wat mense mislei – is dit maklik om moedeloos te raak. Ons sien hoe die wêreld verander, en nie altyd ten goede nie. Baie mense voel oorweldig, bekommerd oor hul toekoms, hul gesondheid, en hul geliefdes.
Maar God se Woord herinner ons daaraan dat al vergaan die uiterlike mens, word die innerlike mens daagliks vernuwe. Hierdie vernuwing is nie afhanklik van ekonomie, politiek of omstandighede nie – dit is die werk van die Heilige Gees binne ons. Selfs al voel jy moeg, bekommerd of gebroke, is daar hoop, omdat Christus in jou leef.
God het nie beloftes gemaak van 'n probleemvrye lewe nie, maar Hy het belowe om altyd teenwoordig te wees – as ons Skuilplek, ons Troos, en ons Krag. Moenie toelaat dat die duisternis van die wêreld jou lig binne uitdoof nie. Bly gefokus op Jesus, en onthou: ons is nie alleen nie.
Ons hoop lê nie in hierdie wêreld nie, maar in 'n ewige koninkryk waar daar geen pyn, trane of vrees meer sal wees nie. Hou vas aan die waarheid van Sy Woord, en laat jou geloof die fondament wees waarop jy elke dag bou.
Gebed: Here, in ’n wêreld vol onsekerheid, kom gee U ons vrede en krag. Vernuwe ons van binne, al voel ons swak van buite. Help ons om op U te vertrou, selfs wanneer dinge donker lyk. Laat ons elke dag U lig dra, en nie moed opgee nie. In Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Vroue in sub-Sahara Afrika Bid dat vroue wat soveel vir hul geloof gely het, op ondenkbare maniere daaraan herinner sal word dat hulle deur hul geloof dogters van God is (Gal. 3:26) en mede-erfgename met Christus. Bid saam met vroulike gevangenes wat fisiese knegte van hul ontvoerders is. Bid dat hulle sal onthou dat hulle as gevolg van Christus se werk aan die kruis nie meer geestelik verslaaf is nie. Bid vir vroue in sub-Sahara Afrika – die fakkeldraers vir die volgende geslag, die handvashouers, die tranevangers. Vra God om hulle spesiaal te seën.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.
Week 6: 29 September – 5 Oktober 2025: 24-7 Gebed vir HerlewingDie Bybel is van onskatbare waarde in die lewe van elke volgeling van Christus. Regoor die wêreld is daar 7 396 tale, waarvan 3 389 steeds nie toegang tot die Skrif het nie. The Word for the World, gestig in 1981, het meer as 443 aktiewe projekte in 2025, wat beteken dat die Woord in al hoe meer tale beskikbaar gestel word. Elke nuwe vertaalprojek bring die lewegewende Woord na nuwe gemeenskappe. Hierdie week van gebed fokus op Bybelvertaling in Afrika en wêreldwyd, en ons bid dat elke volkspoegroep binnekort die Skrif in hul eie taal sal ontvang.
Gebedspunte vir die week:
Dowe gemeenskappe en gebaretaal vertaling: Bid vir die groei van Dowe kerke en die opleiding van gebaretaalvertalers in Afrika, sodat dowe gemeenskappe ook die Woord in hulle hartstaal kan ontvang.
Versnelling van vertaalprojekte: Dank God vir die versnelling van vertaalwerk en vra vir volharding en hulpbronne vir vertalers, sodat geen gemeenskap sonder Sy Woord gelaat word nie.
Hulpbronne vir Bybelvertaling: Bid vir finansiële, menslike en tegnologiese hulpbronne, sowel as vir meer werkers wat gereed is om in die oes van die Here te werk.
Samewerking tussen organisasies: Loof God vir die eenheid wat Hy onder Bybelvertalingsvennote in Afrika gevestig het en bid vir voortgesette samewerking om die Woord na elke gemeenskap te bring.
Beperkte lande: Bid vir deure wat oopgemaak moet word in lande waar regerings die Bybelvertaling beperk, en vir beskerming van diegene wat in verborge omstandighede dien.
Vertalers en gesinne: Bid vir vertalers wat hard werk, en vir die gesondheid, vreugde en beskerming van hulle gesinne wat die las van hierdie werk dra.
Leiers in die Bybelvertalingsbeweging: Bid vir Afrika-leiers om gewortel te wees in Christus en vir wysheid en onderskeiding terwyl hulle die beweging lei.
Beloftes van God
God is altyd by ons
📖 Jesaja 41:10
“Moenie bang wees nie, Ek is by jou;moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God.Ek versterk jou, Ek help jou,Ek hou jou vas met My eie regterhand.”
God gee rus en vrede
📖 Matteus 11:28-29
“Kom na My toe, almal wat moeg en belas is, en Ek sal julle rus gee.Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoedere.”
God vergewe sondes
📖 1 Johannes 1:9
“Maar as ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig: Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”
God voorsien in ons behoeftes
📖 Filippense 4:19
“En my God sal elke behoefte van julle voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus.”
God gee krag in moeilike tye
📖 2 Korintiërs 12:9
“...My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”
God gee wysheid
📖 Jakobus 1:5
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God vra, en God sal dit aan hom gee; want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
God het ’n plan vir jou lewe
📖 Jeremia 29:11
“Ek weet wat Ek vir julle beplan,” sê die Here, “voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!”
Niks kan ons van God se liefde skei nie
📖 Romeine 8:38-39
“Hiervan is ek oortuig: Geen dood of lewe of engele of ander magte of teenswoordige of toekomstige dinge... of enigiets anders in die skepping sal ons van die liefde van God kan skei wat daar is in Christus Jesus, ons Here nie.”
God sal ons nooit verlaat nie
📖 Hebreërs 13:5
“...God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’”
Ewige lewe vir dié wat in Jesus glo
📖 Johannes 3:16
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
Mag die Woord van God lewendig wees en deur elke vertaalprojek die harte van mense inlig, versterk en verander!

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260. {Local}
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comments