29 November 2021. Weeklilkse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Nov 26, 2021
- 4 min read
Gebednet.
2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
29 November 2021.
Liewe Vriende.
"Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my.”Psalm 23:4:
Is jy bang vandag? Voel dit vir jou of jou maag bewe oor hierdie onbekende vreesaanjaende pandemie wat ons in die gesig staar? Is jy paniekerig omdat jy geen idee het hoe jy hierdeur gaan kom nie?
Dit is 100% natuurlik om bang te wees vir die onbekende; om bang te wees jy word gestraf vir 'n misstap; om bekommerd te wees jy kry dalk nie daardie werk waarvoor jy aansoek gedoen het nie; om benoud te wees oor 'n doktersondersoek maar dit is alles so onnodig. Met God aan ons kant hoef ons en mag ons nie vrees nie want ons weet HY is altyd in beheer. Maak nie saak wat gebeur nie.
Maar ek wil vir jou sê, kosbare mens, dat daar waar God in al Sy almag neerkyk op jou, spreek Hy saggies tot jou dat Hy die heeltyd na jou sal kyk. Hy sê vir jou dat Hy weet, dat dit nie maklik gaan wees terwyl jy deur hierdie koue, donker woud van vrees beweeg nie, maar dat jy spoedig die anderkant gaan bereik, en dat die son weer warm op jou gaan skyn.
Weet jy dat elke keer wat jy nog bang was oor iets .... jou vrees eintlik ongegrond was, dit was toe nie so erg as wat jy verwag het nie. Jy kom altyd daardeur.
Jy is God se kind en Hy het jou oneindig lief. Weet asseblief hierdie week dat Hy net 'n asemteug weg is van jou, en dat Hy jou vashou.
Hy is by jou, jy is nie alleen nie.
Gebed: Hemelse Vader, Ek dank U dat U saam met my is noudat ek bang is. Dankie dat U my veilig deur hierdie tyd gaan dra. Amen
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Maleisië. Pastoor Daniel*,ʼn inheemse pastoor, is bekommerd oor sy gemeentes. Heelwat mense in sy klein, arm dorpie het positief getoets vir Covid-19. Baie van die dorpenaars werk as daaglikse loonarbeiders. Bid vir hul spoedige herstel en dat hulle weer sal kan werk om ʼn inkomste te verdien.
Indonesië. Vroue is ʼn noodsaaklike deel van die liggaam van Christus. Bid dat vroue wat ons vrouekonferensie bygewoon het, dit wat hulle geleer het sal gebruik in hul lewens as susters, moeders, dogters en as deel van die Liggaam van Christus. Mag hulle vrugbare lewens hê wat tot eer van God is.
Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.
Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders in Malawi, Mosambiek en Kenya, Zimbabwe, Uganda en Zambia.
Gesondheid. Bid asseblief vir Johan en Esther wat al twee uitdagings met hulle gesondheid het. Esther se 86 jarige moeder se gesondheid is ook nie goed nie na ‘n beroerte en versleg by die dag. Bid asseblief.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en kort dringend groot herstelwerk of moet vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Maand-Einde Verpligtinge. Bid asseblief vir voorsiening om ons maand-einde verpligtinge na te kom en dat Vader ondersteuners sal oprig vir die bediening. Tans ontvang ons net 25% van ons maandelikse begroting.
Sendelinge. Bid vir almal wat betrokke is in bediening en die verskilende bedieninge. Dit is ‘n moeilike tydperk om die Koninkryk te verkondig en bid vir al die werkers se beskerming en veiligheid en dat hulle nie sal opgee nie.
Pandemie. Bid asseblief vir Suid Afrika vir beskerming en die veiligheid van alle landsburgers. Bid ook dat alle manipulasie, leuens en korrupsie uitgeroei sal word en die waarheid seevier. Bid ook vir digene wat ‘n behae daarin skep om valse inligting te versprei dat hulle sal ophou en gestop word.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 078 674 6125.
For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
Comments