top of page

29 Mei 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • May 28, 2023
  • 5 min read

29 Mei 2023.


Beste Vriende.


“As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” (Joh. 3:3).


Om nuut gebore te word is om van jou eie sterflikheid én ewigheid, van jou eie menslikheid en van jou Skepper bewus te word, van jou skuld en vergifnis, van 'n ander golflengte van lewe, van God wat alles is en alles vir jou wil wees in Jesus Christus. Elke nuwe geboorte is 'n proses. Dit hang af uit watter hoek ons kyk.


Natuurlike geboortes is nooit maklik nie, so ook jou geestelike geboorte of wedergeboorte, jy moet die eie ek kruisig en aflê maar dit IS die moeite werd want jy kry die ewige lewe saam met Jesus! Ons raak bewus van God: dalk skielik, dalk as 'n proses, vir sommige "moeilik", vir ander "maklik" - in ons en met ons. Ons raak bewus van skuld. Ons raak bewus van vergifnis. Ons raak bewus daarvan dat ons aanvaar word. Dit is die groot ontdekking van Christen-wees, om te weet Jesus het jou aanvaar net soos jy is.


Nikodemus wat Jesus in die nag besoek het, wou alles van Jesus weet. Hy was 'n geleerde en gerekende man, "'n leraar van Israel". Hy het alles van die wet geweet, en van ordentlike gedrag. Maar van die wese van geloof, die inwoning van God en die bewus wees van iets nuuts in jou wat groei, dáárvan het hy niks geweet nie.


Hy was 'n man met sekere insigte en opregte strewe. Hy het vrae oor aardse geboorte en die onmoontlikheid van 'n tweede geboorte gehad. Jesus beredeneer nie eens hierdie punt nie. Hy sê bloot God vra 'n nuwe begin, 'n begin hier binne, 'n begin wat groei en aanhou groei, elke dag 'n nuwe bewuswording of 'n nuwe "bekering", selfs al is dit bloot die wete: "God is groot, en God is my Vader."


Gebed: Vader baie dankie dat ons die sekerheid van die ewige lewe het deur ons wedergeboorte en doop. Dit is ons troos, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Noord-Korea. Dankie dat jy vir OD se radiobediening bid en dit ondersteun – dit kon selfs tydens die streng inperking uitsaai. Bid vir beskerming vir Noord-Koreaanse gelowiges wat in die geheim na die radioprogram luister en dat God se Woord só versprei sal word.

  2. Sri Lanka. Sri Lanka se ekonomiese krisis raak selfs kerkbywoning. “Talle gelowiges vind dit weens ʼn gebrek aan brandstof en openbare vervoer uiters moeilik om kerk toe te gaan,” sê Sunil*.Bid vir ʼn herlewing van dié land se ekonomie en gelowiges wat daardeur geraak word.

  3. Maleisië. Volgens berigte het die arrestasie van Maleisiërs wat Islam beledig, toegeneem. Die owerhede is skynbaar daarop gefokus om individue op te spoor en aan te kla wat Islam direk of indirek in die openbaar beledig. Bid vir Goddelike ingryping in dié situasie.

  4. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  6. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  7. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  8. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

  9. Finansies. Bid vir voorsiening om al ons maand-eind verpligtinge na te kom. Tans ontvang ons net 30% van ons maandelikse begroting. Bid dat God nuwe ondersteuners vir ons sal opwek en dat mense ons nie sal vergeet nie. Bid dat God mentors stuur om ons hande hoog te hou in die bediening.

  10. Beskerm die Kerk in Afrika. Ons geloofsfamilie in Afrika staar geweldige beproewings in die gesig en die visie van Geopende Deure is om te verhoed dat hulle heeltemal vernietig word. Ons wil hê hulle moet te midde van vervolging steeds gemeenskappe van hoop bly. Met dié standvastigheid kan die lig van Christus die duisternis op ons vasteland verdryf en meer mense tot bekering bring. Met vervolging is daar dikwels geen bystand vir Christene nie en moet hulle uitsluitlik op die Kerk steun. Tydens die pandemie het ons die werklikheid in plekke soos Uganda waargeneem, waar bekeerdes verwerp is en nie familie gehad het om bystand te verleen nie. Gelowiges soos John*, wat noodleniging van ons kon ontvang, bedank julle vir die ondersteuning. “Wanneer ons hierdie verligting sien, is daar minstens hoop dat daar mense is wat omgee vir diegene wat deur moeilike tye gaan,” het John gesê. {Ondersteun asseblief vir Geopende Deure.}

*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page