top of page

29 Januarie 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 24, 2024
  • 5 min read

Deo Volente Sending

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


29 Januarie 2024


Beste Vriende.


 “My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Johannes 10:27-28.


In die Bybel leer ons dat gehoorsaamheid aan God se stem 'n kernaspek is van 'n lewe in Christus. In Johannes 10:27 sê Jesus: "My skape hoor my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My." Hierdie intieme verhouding met die Here stel ons in staat om Sy stem te onderskei te midde van die wêreldse geraas en ons harte te rig op Sy wil vir ons lewens.


Die apostel Paulus herinner ons in Romeine 12:1-2 aan die noodsaaklikheid van vernuwing deur die vernuwing van ons denke. Hierdie proses van vernuwing vind plaas deur ons fokus op God se Woord en deur die leiding van Sy Heilige Gees. As ons in gehoorsaamheid leef, kom ons in 'n posisie waar God ons kan gebruik vir Sy doelstellings.


Vir 'die nuwe bediening in Winburg en Lesotho is dit krities om op God se leiding te staatmaak. In Jeremia 29:11-13 weet ons verseker dat God 'n plan het vir ons lewens, 'n hoopvolle toekoms. Hierdie vers sê: "Want Ek weet watter planne Ek vir julle het, sê die Here; planne van voorspoed en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee."

Ons kan nie egter in ons eie wysheid staatmaak nie. Spreuke 3:5-6 moedig ons aan om op die Here te vertrou en nie op ons eie insig nie: "Vertrou op die Here met jou hele hart, en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak."


Wanneer ons, ons harte gereed maak vir 'n nuwe bediening, laat dan is die woorde van Jesaja 30:21 in ons harte: "En jou ore sal hoor agter jou 'n woord wat sê: Dit is die weg, gaan daarin, as julle na regs of as julle na links moet gaan." Gehoorsaamheid aan God se stem sal ons lei na die pad van Sy doelstellings.


Word asseblief saam met ons stil voor God en vra HOM om leiding, wysheid, en krag vir die nuwe bediening in Winburg en Lesotho. Mag Hy ons harte vorm en rig op Sy wil, en mag Sy genade ons elke tree van gehoorsaamheid lei.


GEBED: Here God, ons hemelse Vader, Ek kom voor U teenwoordig met 'n nederige hart, gereed om U stem te hoor en gehoorsaam te wees aan U wil. Ek vra U om U leiding, insig, en genade terwyl ons nadenk oDeo Volente Sending


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1.  Somalië. In Somalië verwag die samelewing dat almal Moslems moet wees. Geheime Christene kan fisies mishandel en verwerp word. Bid vir groter verdraagsaamheid teenoor Christene in die land.

  2. Sentraal-Asië. Duisende Afgaanse vlugtelinge verkeer in onsekerheid in Sentraal-Asië. Hulle is haastig weg uit Afganistan en beskik gevolglik nie oor toepaslike regsdokumente of genoeg geld om aan te beweeg nie. Bid vir hulp en geleenthede om hul gesinne te ondersteun.

  3.  Israel. Voor die oorlog het vervolging in Israel stelselmatig toegeneem, met die regering wat weinig gedoen het om Christene te beskerm. Die Israeliese Kerk se toekoms is onseker. Bid vir ons familie daar en in die Palestynse gebiede.

  4. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  6. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  7.  Verhuising. Einde Maart 2024 verhuis ons vanaf Somerset Wes na Winburg. Bid asseblief saam vir die totale verhuising aangesien om te verhuis traumaties kan wees. Ons het in 2012 laas verhuis na ‘n ander huis en bly al die afgelope 12 jaar in dieselfde huis hier op Somerset Wes.

  8. Nuwe Woning. Ons nuwe woning op Winburg benodig reperasies en verfwerk, bid asseblief hiervoor.

  9. Water op Winburg. Die dorp het uitdagings met water voorsiening vanaf die munisipaliteit maar God het vir ons ‘n huis met ‘n boorgat voorsien. Bid asseblief vir die voorsiening van ‘n 5000liter water tenk, tenk staander en toerusting van die boorgat.

  10. Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meerondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Nuwe Jaar en Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


Spesiale Fondsinsameling.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Komentar


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page