29 Desember 2025. Nuwejaarsboodskap en Gebedsversoeke.
- missions3

- Dec 25, 2025
- 6 min read

29 Desember 2025
Liewe Vriende.
“En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.” Openbaring 21:5
Soos ons saam die afgelope jaar agter ons los en die nuwe jaar tegemoet gaan, kom ons tot stilstand en dink aan alles wat ons gister, vandag en môre beinvloed. Die jaar wat agter ons lê, het sy op- en afdraandes gehad, maar ook baie vreugde, liefde en herinneringe gebring. Dit was 'n jaar van uitdagings, van seergemaakte harte, maar ook van oorwinnings en genade.
In hierdie kosbare oomblikke van stil word, wil ons nie net die nuwe begin vier nie, maar ook diegene wat nie meer fisies hier tussen ons is nie – diegene wat ons op êrens op ons pad in die lewe mee gesels het, liefgehad en ge-ondersteun het, maar wat die afgelope jaar van ons weg geneem is deur die dood. Ons dink aan ons geliefdes en almal wat vir ons 'n unieke plek in ons harte agtergelaat het. Mag hulle herinneringe in ons lewens altyd 'n lig wees wat ons gids in hierdie nuwe jaar sal wees.
Ons staan stil en erken die pyn van hul afskeid, maar ons glo ook dat God ons sal dra deur die herinneringe aan die mooi wat ons saam gedeel het. Mag ons steeds leef met die wysheid wat hulle oor ons gelos het, en mag ons harte vol wees van dankbaarheid vir die seëninge wat ons in die jaar wat was ontvang het.
Gebed: Vader, ons kom na U toe met nederige harte en dankbaarheid vir die seëninge van die jaar wat verby is. Dankie vir die liefde, vir die vriendskappe, vir elke oomblik wat ons saam gedeel het. Ons onthou diegene wat nie meer hier is nie, en ons weet hulle is in U hemelse koninkryk, waar geen pyn of verdriet meer sal wees nie. Ons bid vir diegene wat steeds in ons midde is, dat U hulle sal seën, beskerm en lewensveranderende genade oor hulle sal uitgiet in die jaar wat voorlê. Mag hierdie nuwe jaar vir ons almal 'n jaar wees van hoop, van genesing, van liefde, en van ‘n nuwe begin. Ons vertrou dat U ons sal lei, elke dag, elke stap wat ons neem, in Jesus Christus se Naam bid ons dit, Amen.
Mag 2026 vir jou en jou geliefdes vol wees van vreugde, vrede en nuwe geleenthede. Wees geseënd!
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”
“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”
“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
MEXIKO Bid vir die families van die nege slagoffers van ʼn aanval op ʼn Christelike rehabilitasiesentrum in Sinaloa. Bid dat hulle sal vashou aan die volgende belofte: “Gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word” (Matteus 5:4). Dwelmkartelle het waarskynlik die rehabilitasiesentrum se direkteur geteiken. Geloofgedrewe sosiale inisiatiewe word dikwels as bedreigings beskou, en hy het hom daarvoor beywer om te keer dat jongmense by misdaad betrokke raak. Bid vir Christene in die gebied wat “in vrees leef”, sê ʼn vrywilliger van Geopende Deure. Sommige is te bang om hul huise te verlaat. Dink aan Christene regoor die wêreld wat hoop en bid vir vrede en vryheid in 2026. Vader, ons bid dat U verandering sal bring in die lewens van ons broers en susters wat so baie waag om U te volg.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.groei en beskerming van diegene onder hul leiding.
NOORD-KOREA. Hou aan om saam met ons vir Kim Jong Un en sy familie te bid – veral vir sy dogter, Kim Ju Ae, wat deur die meeste mense as sy opvolger beskou word. Vra vir God om die onmoontlike te doen in die nuwe jaar en daarna. Evangelis Cho* stap gereeld deur die bergagtige woude wat aan Noord-Korea grens. Hier loop hy vlugtelinge uit Noord-Korea raak en help hulle terwyl hy die Evangelie met hulle deel. “My doel in die lewe is om siele te red,” deel hy. Bid saam met ons dat God meer leiers sal toerus. Die geloofsgemeenskappe in Noord-Korea kom gewoonlik in klein groepe, wat uit families of vriende bestaan,bymekaar. Bid dat God hierdie mooi uitbeeldings van sy Kerk sal beskerm.
SOMALIË. Somalië is een van die gevaarlikste plekke om Jesus te volg. Die ekstremistiese Islamitiese groep, al-Shabaab, teiken enigiemand wat hulle vermoed ʼn Christen is. Bid vir skuilplekke en veiligheid vir hierdie klein groepies gelowiges. Bid vir jou Somaliese broer, Aweis Ali, wat elke dag die lewe-of-dood-besluit neem om Jesus te volg. “Dit kan regtig my lewe kos,” sê hy. Somalië is ʼn getraumati-seerde nasie, en nog meer só vir Christene soos Aweis. Bid dat God se Gees in hulle sal werk en dat Hy genesing vir hul gemoedere en op ʼn geestelike vlak sal bring.
* Name verander weens veiligheidsredes.
Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Account:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260. {Local}
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference



Comments