top of page

29 Augustus 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Aug 26, 2022
  • 4 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


29 Augustus 2022


Liewe Vriende


“Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde. Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie. Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge — daar het ek nie van afgewyk nie. Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid. So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë. By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle. Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. Want wie is God buiten die HERE, en wie 'n rots buiten onse God? Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.” 2 Samuel 22:21-35


Swaarkry is die lot van miljoene mense op moederaarde. Die rykes word ryker en die armes word by die dag meer en armer. Armoede neem wêreldwyd epidemiese afmetings aan. ’n Tekort aan lewensmiddele maak elke dag 'n stryd op oorlewing. Binne so ’n wêreld het jy as gelowige een van twee keuses: óf jy verval in die selfsugtige patroon van kla en murmureer; óf jy besluit om ’n slag jou geloofsoog te gebruik en na God toe te kyk.


As jy bereid is om die tweede keuse te doen, soos Dawid, sien jy dat gelowiges op die een of ander manier altyd genoeg het om van te leef - nie te veel nie, nie te min nie. So skryf Dawid ook hier. Wanneer hy terugkyk oor sy lewe, sien hy hoe die Here deur die jare vir hom gesorg het.


Die Here sorg vir sy kinders. Net soos Hy elke dag die son laat opkom, laat Hy ook sy goedheid oor almal reën. Skep moed! Die lewe is nie regtig so swaar soos wat jy dalk dink nie! God is by jou. Hy ken jou nood. Hy sal sorg - al moet Hy vir jou ’n paar klippe in brood verander.


GEBED: Here, dankie dat U vandag ook vir my sorg, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Noord-Korea. Bid vir beskerming vir vervolgde Christene soos Sa-Myung* en haar gesin in Noord-Korea, wat hul lewens in gevaar stel om die Goeie Nuus te verkondig. Bid dat hulle sal voortgaan om die Woord te versprei.

  2. Mosambiek. Bid vir vertroosting vir almal wat deur geweld in Mosambiek getraumatiseer is. Bid vir werklose en moedelose jongmense, wat by Islamitiese ekstremistiese groepe wil aansluit. Bid vir wysheid om veiligheid en voorsiening vir hul mense te verseker.

  3. Nepal. Bid vir diegene wat weens hul bekering verstoot word. Bid dat hulle die Christelike leringe onder alle omstandighede sal behou, selfs in tye van teëspoed.

  4. Verjaarsdag. Dit is Sondag 4 September Esther se verjaarsdag. Dankie Vader dat U haar gespaar het vir nog ‘n jaar. Boodskappe kan gestuur word aan 0829309889.

  5. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  6. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  7. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  8. Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies. Tans ervaar ons geweldige uitdagings op finansiële gebied en het ‘n wonderwerk nodig!

*Name verander vir sekuriteits doeleindes.


Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page