29 April 2024. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Apr 26, 2024
- 6 min read

Deo Volente Sending
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
29 April 2024.
Beste Vriende.
“Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het. ” – {Levitikus 10:6.}
Gehoorsaamheid is 'n uiting van ons geloof en respek vir God. Hierdie beginsel word duidelik in die Bybel, waar God keer op keer sy kinders oproep om te luister en te gehoorsaam. Net soos Aaron en sy seuns 'n spesifieke instruksie ontvang het in Levitikus 10:6, so word ons ook geroep om God se wil te gehoorsaam. Deur gehoorsaamheid toon ons ons liefde vir Hom en aanvaar ons sy gesag in ons lewens.
Die uitdaging lê dikwels nie in die hoor nie, maar in die daadwerklike luister en gehoorsaam wees. Ons leef in 'n wêreld wat oorvloei met afleidings en eiebelang. Hierdie dinge kan ons gehoorsaamheid aan God se stem belemmer. Maar as gelowiges is ons geroep om aktief te luister na God se stem deur gebed, Bybelstudie en gemeenskap met ander gelowiges. Dit is deur hierdie aktiewe luister dat ons in staat sal wees om gehoorsaam te wees aan sy leiding in ons lewens.
Gebed: Liewe Vader, ons dank U vir u woord wat ons lei en rig. Help ons om gehoorsaam te wees aan u stem en om u wil in ons lewens te volg. Gee ons die krag om die afleidings van die wêreld te weerstaan en om ons harte te rig op u. Mag ons gehoorsaamheid 'n getuienis wees van ons liefde vir U en ons vertroue in U alleen. In die Naam van Jesus, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
““The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Ontwaking van die Kerk – Goddelike regering – Herstel van die samelewing 19 Mei – 9 Junie 2024 Uitnodiging aan die Liggaam van Christus na 21 dae van dag en nag gebed en vas vir Suid-Afrika. Kom ons BID vir Suid Afrika en die gebedspunte wat elke week gegee word. Gaan na: https://jwipn.com/awaken-sa-19-may-6-june-2024/ om saam te bid.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
BIDDELOOSHEID. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. (Spreuke 3:5).Kom ons bid. Maak jy staat op jou eie begrip wanneer jy bid? Is die woorde van jou mond en die toestand van jou hart in ooreenstemming? (Matteus 15:8-9). Draai weg van ongeloof in God se vermoë om jou gebed te hoor en te beantwoord. Vra die Heilige Gees om vir jou wonderlike dinge te wys terwyl jy die gebed herhaal wat Jesus vir die dissipels geleer het (Jeremia 33:3, Matteus 6:9-13).
Indië. Bid vir Indië se staats- en nasionale verkiesings. Dié maand se verkiesingsuitslae is van die uiterste belang. Dit sal bepaal of die situasie vir Christene verder gaan vererger of tot beter toestande vir Indië se Kerk sal lei. Bid dat die verkiesingsuitslae gunstig vir godsdiensvryheid sal wees. Indien ʼn pro-Hindoe-regering die verkiesing wen, is daar ʼn groot moontlikheid van ʼn nasionale wet teen bekering, en dit kan dan ekstremiste aanspoor om wetgewing teen Christene nog verder te misbruik. Bid vir ʼn regverdige en vreedsame verkiesings-proses en dat mense nie deur mooipraatjies beïnvloed sal word nie. Bid dat Indië se beraamde 60 miljoen Christene vrymoedigheid sal hê om hul stemreg in dié kritiese verkiesings uit te oefen. Bid dat Indië se verkiesing nie as platform gebruik sal word om die Christendom te belaster en gelowiges te beskuldig nie. Vra God om Sy hand oor die verkiesings te hou. Bid spesifiek dat die verkose regering hulle op mense se welsyn sal toespits, veral op dié van Christene wat onregverdig behandel word.
Ondersteuners. Bid asseblief dat Vader vir ons meer ondersteuners sal oprig wat maandeliks per debietorder ondersteun. Bid ook saam vir voorsiening vir ons maand-einde verpligtinge en uitgawes.
Voordele van nag en dag gebed. 'n 24-7 Gebedswaak sal intersessors help om die opdrag uit te voer om 'n huis van gebed vir die nasies te wees (Jes.56:7). 24-7 Gebedswake is een manier waarop gemeentes geestelike verantwoordelikheid kan neem om as wagters op die mure te staan vir gemeentes, gemeenskappe, die land en die nasies. 24-Uur lofprysing, aanbidding en intersessie bewerkstellig by intersessors 'n nuwe en dieper dimensie in hul verhouding met God. 3 24-Uur gebedswake fokus op die insameling van die oes. Ons kan in gebedswake bid vir ons persoonlike behoeftes en die behoeftes van ons gemeenskap. Nag en dag gebedswake help ons om te volhard in gebed en om aanhoudend te bid soos wat die Woord ons beveel. 24-Uur gebedswake bevorder eenheid tussen gelowiges omdat hulle op dieselfde sake fokus en saam daaroor bid. Dit bring ook eenheid in gemeentes en eenheid oor die grense van verskillende denominasies. Dit help intersessors en gebedsgroepe om te verstaan dat hulle 'n verantwoordelikheid het en dit versterk hulle om te weet dat hulle nie alleen bid nie. Die geskiedenis het getoon dat gebed 'n groot impak op gemeenskappe en op die wêreld gehad het.
Gebed en aksie.Gebed is nie 'n doel op sigself nie. Gebed bring ons in gemeenskap met God, terwyl ons op Jesus fokus. Wanneer ons begin om met Jesus gemeenskap te hê, sal Hy Sy hart aan ons openbaar en ons neem na mense wat nood het. Die doel van gebed is om ons te versterk sodat ons die Groot Gebod (om lief te hê…) en die Groot Opdrag (om te gaan…) kan uitleef.Ons bid nie ter wille van bid nie. Ware gebed sal altyd tot aksie lei: om die harte van mense aan te raak met die liefde en medelye van Christus.
1 Gebed moet altyd tot 'n sending-gerigte lewenswyse lei – om die liefde en verlossing van Jesus na mense wat verlossing, vertroosting en genesing nodig het, te neem.
Op die fondasie van gebed moet ek lewe soos 'n dissipel van Jesus, deur Hom te volg waar Hy ookal gaan, ongeag van die koste.
Gebed moet lei tot 'n lewe van medelye met almal wat 'n behoefte het.
Gebed is die basis waarop Christene in vrede, versoening en liefde met mekaar kan leef.
Gebed neem ons in 'n lewe van intimiteit met Jesus in.
Deur gebed ontvang ons die krag van God om getuies van die liefde, verlossing en medelye van Jesus te wees en om dit na die eindes van die aarde te neem.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
De Villiers Street, Winburg. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805
“Ek moet tyd saam met God spandeer, selfs al weet ek nie wat om te bid nie. - Andrew Murray
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
コメント