28 Maart 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jun 10, 2022
- 7 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
28 Maart 2022.
Liewe Vriende.
“Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word” Johannes 15: 11
Blydskap is ‘n verlusting in die lewe wat dieper gaan as pyn of plesier. Hierdie tipe blydskap kom voort uit ‘n bewustheid van God se teenwoordigheid in mens se lewe, wat ons toelaat om bokant ons omstandighede uit te styg en te fokus op die goedheid en liefde van God.
Die kern van Christelike blydskap is die feit dat God opgetree het en steeds optree om hulle te red wat op Hom vertrou.
Ons kan nie altyd bly wees oor ons omstandighede of ander mense nie omdat beide hierdie elemente negatief mag wees. Nietemin kan jy jou verbly in die Here, omdat HY altyd goed is en Nooit verander nie.
Het jy ander redes nodig om oor bly te wees? Wat van: God het jou gered, het jou aangeneem en het belowe om aan jou ‘n erfenis in Jesus Christus te gee. Efesiërs 1:1-11.
Wanneer Christus weer kom, sal jy Sy teenwoordigheid en die hemelse plek wat Hy vir jou voorberei het, geniet.
Johannes 14:2,3: tot dan is dit vreugde om te weet dat God belowe het om in al ons behoeftes te voorsien Filippense 4:19. verder het ons, ons die voorreg om die een te dien vir wie ons bo alles liefhet. Dit sluit in om die goeie nuus met die verlorenes te deel en mede – Christene aan te moedig om Hom meer lief te hê en te dien. Dit is ook ‘n vreugde om te weet dat ons enige tyd tot God kan bid. Hebreërs 4:15,16. Laastens kan ons bly wees om te weet dat die dood nie die finale sê oor ons het nie. 1 Korinthiërs 15: 54.
Baie gelowiges het nie vandag blydskap nie, eenvoudig net om dat hulle selfsugtig is. Hoe werklik jou probleme ook al mag wees, deur net op dit te konsentreer maak ons dit nog erger in ons gemoed. In werklikheid het jy rede om bly te wees. Nie in jouself nie, maar in God.
Gebed. Liewe Heer U het ons geleer om altyd bly te wees soos U in Filippense 4: 4 sê “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” Dankie dat ons, ons blydskap ook in U kan vind en volkome kan word. Amen
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.
Mosambiek. Bid vir die nuwe kerk bou projek in Mosambiek en Guija sendingstasie vir wysheid en voorsiening.
Maand-Einde Verpligtinge. Bid vir voorsiening om al ons maand einde verpligtinge na te kom. Tans ontvang ons maandeliks net 45% van die totale begroting ontvang
Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry
Azerbeidjan. Geen godsdienstige aktiwiteite buiten staatsbeheerde instellings word toegelaat nie. Staatsagente het blykbaar alle godsdienstige gemeentes geïnfiltreer. Bid dat kerke wysheid sal hê in hul optrede en dat God hulle teen staatsagente sal beskerm.
Palestynse Grondgebiede. Die invloed van radikale Islamitiese ideologieë is teenwoordig in die samelewing en historiese kerke moet diplomaties wees in hul benadering teenoor Moslems. Kerkleiers word ook deur radikale Jode geteister. Bid vir wysheid vir die Kerk in hul interaksies met hierdie groepe.
Djiboeti. Islamitiese strydlustigheid in die land groei en vyandigheid teenoor Christene gaan waarskynlik toeneem. Bid dat God Christene sal toerus om enige vyandigheid wat hulle ervaar te verduur en dat hulle hul swaarkry sal gebruik om ander na Hom te lei.
Kirgistan. Hoewel Kirgistan nog een van die minder onderdrukkende lande in Sentraal-Asië is vir Christene om in te bly, voel hulle kwesbaar weens die voortslepende chaotiese politieke situasie en die voorstelle vir verdere beperkings. Bid vir krag vir hulle om sterk te staan.
Vervolgde Christene in die Moslem-wêreld. Môre, 1 April is die begin van Ramadan vir Moslems wêreldwyd. Bid dat God ons vervolgde familie in Moslemlande se harte sal voorberei terwyl hulle vir die maand van vas voorberei, wat gewoonlik tot ʼn toename in vervolging teen hulle lei.
Moslems in die Arabiese Wêreld. Bid dat terwyl talle Moslems gedurende Ramadan vas, in die hoop dat hulle nader aan Allah sal kom, hulle sal besef dat hul pogings om die ewige lewe te verkry tevergeefs is en dat hulle slegs deur Jesus hoop, vrede en die ewige lewe kan vind. Ramadan is ʼn goeie tyd om in die bres te tree vir ons geloofsfamilie en vir Moslems...“Ek dink Ramadan is ʼn wonderlike tyd om hier in die Arabiese Skiereiland te wees, om by ons families te wees,” sê Tamer*, ʼn gelowige in die Arabiese Skiereiland. “My vrou is nog nie ʼn volgeling van Christus nie, maar sy weet dat ek ʼn Christen is. Sy weet dat ek nie vas om aan ʼn wettiese Islamitiese wet gehoorsaam te wees nie, maar omdat ek samesyn met Christus begeer en dat ek vir die Moslems intree omdat ek so lief is vir hulle. Ek weet Satan hou nie hiervan nie, maar ek weet en glo dat ʼn wonderwerk gaan gebeur....”
Asië. Volgens die webtuiste Asia Society is Asië die tuiste van 65% van die wêreld se Moslems. Bid dat terwyl baie van hierdie Moslems gedurende Ramadan vas, die saad van die Evangelie in hulle lewens geplant sal word.
Nicaragua. Vulkaanuitbarstings, aardbewings en orkane, gekombineer met oorlog, konflik en politieke stryd, het baie in Nicaragua tot hoop in Christus verander. Evangelies het van 2% in 1960 tot 30% vandag gegroei. Bid dat hulle 'n ware seën vir hul nasie sal wees. Armoede is beide die oorsaak en gevolg van baie politieke probleme. Hierdie armoede het ook Nicaragua se spiritualiteit gevorm. Bevrydingsteologie en voorspoedevangelie speel groot rolle. Daar was jare van burgeroorlog, en orkaan Mitch het die ekonomie en infrastruktuur vernietig. Ekonomiese wysheid en langtermynontwikkeling is nodig. Baie in die regering word gelowiges: bid dat hulle die wysheid en vasberadenheid sal hê om 'n regverdige invloed op die nasie te wees. Ongeveer 75% van die bevolking is onder die ouderdom van 30. As gevolg van oorlog, rampe en verwronge politieke ideologieë is stabiele gesinne skaars. Min kerke is toegerus of daartoe verbind om in hul behoeftes te voorsien. Bid dat bedieninge en ander Nicaragua se jeug sal beïnvloed. Vra God om Sy Kerk aan die brand te steek om 'n sterk sendingbeweging van Sy evangelie te laat groei om die samelewing te beïnvloed.
Tsudakar in Rusland. Daarom het ek gesê: “Wee my, want ek is tot niet gemaak! Want ek is 'n man van onrein lippe en woon in die midde van 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien.” (Jesaja 6:5). Die Tsudakar is al meer as 600 jaar Moslems. Soos baie volgelinge van Islam is dit vir hulle meer as net 'n godsdiens; dit is deel van hul sosiale en kulturele identiteit. Alhoewel min Tsudakar hul geloof in Christus bely het, is daar nog geen kerkplantingsbeweging nie. Bybelgedeeltes is beskikbaar, maar die Tsudakar wag nog vir die Nuwe Testament en die volledige Bybel om in hul taal vertaal te word. Vra die Here vir die paar Tsudakar-gelowiges om die evangelie met hul families en vriende te deel. Bid vir 'n hartgrondige begrip van persoonlike sonde en die behoefte aan God se verlossing onder hierdie mensegroep. Vra die Heilige Gees om die harte van die Tsudakar aan te raak met Sy Woord. Bid dat die Here Bybelvertalers sal roep en toerus wat bereid is om hul lewens en talente in hierdie onbereikte mensegroep te belê. Bid dat 'n kerkplantingsbeweging geloods sal word wat die Tsudakar sal intrek in gemeenskap met Christene.
Polisiemanne en -vroue. Hy (God) het vir jou gewys wat goed is: om reg te doen (Miga 6:8). Die polisie is onder groot druk in ons land. Daar is baie berigte van korrupsie in hulle midde. Bid vir die redding van polisiemanne en -vroue, dat hulle in 'n regte posisie by God sal wees, en hulle sal verstaan en hulle werk sal doen in geregtigheid en met integriteit. Slegs redding en bekering sal die harte van mense verander om die regte dinge te doen.
Ramadan: Ummah.Matteus 28:18 En Jesus het gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Verkondig die heerskappy van Jesus oor al die hemele en die aarde (insluitend Mekka en die hele Moslem-gemeenskap). Moslem-samelewings en -kulture regoor die wêreld is baie groepsgeoriënteerd. Ummah beteken die hele gemeenskap van Moslems wat deur godsdiensbande saamgebind is. Terwyl ons ons aangesig na God draai as die Helper en Verlosser van al die verlore mense van die wêreld vandag, tree spesifiek in vir miljoene Moslems. Vra die Here, wat die hart en verstand van elke Moslem ken, om elkeen van hulle aan te raak met die liefde wat sy Seun, Jesus Christus, vir hulle het. Bid dat God die harte van alle Moslems teenoor volgelinge van Jesus sal versag sodat hulle ontvanklik sal wees vir die evangelie. Bid dat voorbidders opgewek word vir alle Moslems. Bid dat Moslems verlos sal word van die koninkryk van duisternis. Vra die Here om Moslems in die koninkryk van Jesus te bring
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments