top of page

28 Julie 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jul 26
  • 5 min read
Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

28 Julie 2025


Liewe Vriende.


“As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. ”.{1 Johannes 1:9.}


Geliefdes, die Woord van God is duidelik: daar is geen verlossing sonder belydenis van sonde nie. In 1 Johannes 1:9 sien ons die belofte van vergifnis, maar dit kom met 'n voorwaarde — ons moet ons sondes bely. Jy kan nie verwag om ware redding te ervaar as jy jou sondes wegsteek of regverdig nie. Sondebelydenis is nie ’n eenmalige daad nie, maar ’n harts-houding van nederigheid voor God. Dit is ’n erkenning dat jy verlore is sonder Sy genade.


Net soos wedergeboorte en doop noodsaaklik is vir die volle pakket van verlossing, is sondebelydenis ’n kern aspek van ons geestelike wedergeboorte. Wanneer ons bely, openbaar ons dat ons glo in die krag van Jesus se bloed om ons skoon te maak. Sonder dit, bou jy jou geloof op 'n leë fondament. Valse bekering, waar daar geen ware berou of erkenning van sonde is nie, bring nie die ewige lewe nie. Jou hart moet gebreek wees oor jou sonde en verlang na reiniging en verlossing.


Moenie wag nie. Die tyd om jou sonde te bely en na Jesus te draai is nou. Laat nie trots, skaamte of vrees jou weerhou nie. Roep uit na die Here terwyl Hy nog naby is. Hy wag om jou te vergewe, maar jy moet jou hart oopmaak. Bely, glo, en volg Hom in gehoorsaamheid — dan sal jy gered word.


Gebed:Here, ek bely my sondes voor U. Ek weet ek het teen U gesondig en ek het U vergifnis nodig. Was my skoon deur die bloed van Jesus. Laat ek in ware berou en gehoorsaamheid wandel. Dankie vir U genade en liefde, in Jesus Naam, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.

  2. COLOMBIË. Bid saam met ons Colombiaanse broers en susters in die inheemse gebied van Chocó, waar ʼn gewapende staking vrees onder leiers geskep het en die Kerk in hul visier geplaas het. Pastore in Chocó vra: “Bid asseblief dat God beheer oor hierdie situasie sal neem en die Kerk sal help om Sy visie te midde van die konflik te verstaan.”

  3. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  6. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  7. 24-7 Gebed vir Herlewing: 28 Julie – 3 Augustus 2025. Ons nooi jou uit om saam met ons te bid vir 'n herlewing op sosiale media, nie net vir die jeug nie, maar vir almal wat betrokke is by hierdie platforms. Sosiale media is 'n kragtige hulpmiddel wat beide geleenthede en gevare inhou. Ons bid dat elke platform 'n plek sal wees waar Jesus verheerlik word, waarheid verkondig word en mense se identiteit in Hom gevestig is. Of dit nou YouTube, TikTok, Instagram of ander platforms is, ons vra dat mense in die digitale ruimte sal opstaan om die Kingdom van God te soek, nie wêreldse gewildheid of vlugtige neigings nie. Die week se gebede fokus op hoe mense op verskillende platforms hul geloof kan uitleef en ander kan inspireer. Van Facebook en WhatsApp tot Tumblr en Pinterest, ons bid dat almal in integriteit, waarheid en liefde sal beweeg. Mag ons nie net gevolg word nie, maar ware invloed hê wat die wêreld verander. Ons vra die Here om ons te lei in hoe ons Sosiale Media gebruik om Hom te verheerlik, die evangelie te deel en 'n opbouende gemeenskap te bou.

  8. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

ree







Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page