28 Februarie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Feb 24, 2022
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
28 Februarie 2022.
Liewe Vriende.
“Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees!” {I Samuel 17:37}
Die reus Goliat het die Israeliete behoorlik die skrik op die lyf gejaag. Hierdie groot Filistyn het al wat Israeliet is uitgedaag om teen hom te kom veg, maar niemand wou nie. Dawid, die jong skaapwagter wat sy broers op die slagveld kom besoek het, moes ook hoor hoe Goliat die Here se mense kleineer sonder dat een van hulle iets daaraan kon doen. Hy het dadelik na koning Saul toe gegaan en gesê dat hy bereid is om teen die reus te veg. Dawid se enigste wapens vir die stryd teen Goliat was vyf klein spoelklippies vir sy slingervel. Natuurlik het Goliat gelag oor hierdie klein mannetjie wat hom wou aandurf.
Maar Dawid het daardie dag in die Naam van die lewende God teenoor Goliat stelling ingeneem. God se eer was op die spel; daarom was sy kneg vreesloos. Toe die Filistyne sien hoe Goliat met een klippie neergevel word, het hulle haastig op die vlug geslaan.
God het nie magtige krygers nodig in sy weermag nie. Een jongman wat vreesloos in sy Naam veg, is meer as genoeg, vandag nog! Moenie bang wees vir enige oormag nie. Met God aan jou sy, is jy altyd in die meerderheid. Veg daarom altyd in sy Naam.
GEBED: Heer, dankie dat ek met U altyd 'n oormag is en niks hoef te vrees in moeilike tye nie, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Indonesië. Die Indonesiese samelewing het die afgelope jare toenemend meer Islamities geword. Bid vir krag vir Christene wat deur hul Moslem-familie en die samelewing verwerp word. Bid ook dat Indonesië steeds teen aanvalle deur militante groepe beskerm sal word.
Bangladesj. Die samelewing in Bangladesj is besig om meer Islamities te raak, met die regering wat al meer doen om Moslem-bittereinders se bekommernisse aan te spreek. Bid dat Christen-bekeerlinge teen toenemende geweld beskerm sal word
Colombië. Hoewel Colombië grootliks ʼn Christen-land is, word die vervolging van gelowiges al erger. Bid vir krag en beskerming vir Christene wat in die gebiede bly wat deur guerrilla- en kriminele groepe beheer word.
Sentraal-Afrikaanse Republiek. Die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR)ervaar sedert 2013 voortdurende konflik en gevegte. Bid dat stabiliteit en vrede na die SAR sal terugkeer en dat God die harte van militante wat Christene teiken, sal verander.
Burkina Faso. Ekstremistiese aanvalle verdryf volgelinge van Jesus uit hul huise en dorpe, met baie wat gedwing word om na vlugtelingkampe te gaan. Prys God dat daar minder gewelddadige aanvalle is. Bid dat vrede na die land sal terugkeer.hierdie toename in geweld te hanteer, wat gelowiges nadelig kan beïnvloed.
Bhoetan. Daar word van alle Bhoetanese burgers verwag om Boeddhiste te wees en enigeen wat Boeddhisme verlaat, word met agterdog dopgehou. Bid vir leiers vir wysheid en dié wat kerke lei wat dopgehou word
Niger. Die Sahel-streek het die afgelope ses jaar ʼn groot toename in gewelddadige Islamitiese aanvalle ervaar, met die regering wat heelwat grondgebied aan die Jihadiste afstaan. Bid vir wysheid vir die regering om hierdie toename in geweld te hanteer, wat gelowiges nadelig kan beïnvloed.
Bid vir die onbereiktes. 65 000 Tatare in die Oekraïne (Moslems – slegs 1,5% Christene), 65 000 Andalaans in Rusland (Moslems – 0% Christene), 62 000 Meshketian Turke in Rusland (Moslems – 0% Christene), 52 000 Antushk in Rusland (Moslems – 0% Christene), 65 000 Pomak in Bulgarye (Moslems – slegs 1,2% Christene), 76 000 Altai-Kizhi in Rusland (Etnies – slegs 2% Christene),80 000 Turke in Noord-Masedonië (Moslems – 0% Christene), 88 000 Bosniaks in Slovenia (Muslims – only 0,3% Christians).
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
Afrika Sending.Ons Malawi Span rapporteer van erge skade weens oorstromings en vloede. Bid asseblief vir Malawi en voorsiening vir hulle.
Gesin.Bid vir ons persoonlike behoeftes. Daar is behoeftes en noodsaaklikhede wat dringend aandag moet kry maar is ons nie instaat daartoe nie. Bid vir voorsiening asseblief.
Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments