top of page

28 Augustus 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Aug 24, 2023
  • 4 min read

ree

Gebednet

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


28 Augustus 2023.


Beste Vriende.


“En ook tot die ouderdom en die grysheid toe, o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag. .”

(Ps 71:18).

Hierdie vers herinner ons daaraan dat ons lewens 'n reis is van vertroue en getuienis, van die jeug tot in die ouderdom. Dit nooi ons uit om dieper te delf in die betekenis daarvan vir ons persoonlike geloofsreis.

In ons jeug is ons dikwels vervul met 'n gevoel van onsterflikheid en onafhanklikheid. Maar hierdie versoeking tot selfgenoegsaamheid word in Psalm 71:18 aangespreek. Die versoeker is 'n mens wat erken dat hy nie op sy eie vermoëns kan staatmaak nie. Die afhanklikheid van God, wat in die jeug mag ontstaan het, word herbevestig.

Die veroudering van die spreker is 'n simbool van die verganklikheid van die aardse lewe. Maar te midde van hierdie verganklikheid is daar 'n rotsvaste geloof en 'n aktiewe wil om God se grootheid en goedheid aan die volgende geslagte oor te dra. Dit is 'n oproep om die getuienis van God se werk in ons lewens voortdurend te deel, sodat diegene wat na ons kom, ook die krag en troos van God kan ervaar.

Hierdie versoek om God se aanwesigheid en genade te behou, is nie net 'n versoek vir persoonlike gemoedsrus nie, maar ook 'n pleidooi om aan te hou deelneem aan God se werk in die wêreld. Dit is 'n uitnodiging om 'n getuie te wees van die verhaal van geloof en hoop


Gebed:Hemelse Vader, ons dank U vir die belofte van u standvastige teenwoordigheid deur die jare van ons lewens. Ons erken ons afhanklikheid van U en ons verlang daarna om u goedheid en genade aan die geslagte na ons oor te dra. Gee ons die krag om nie net selfgenoegsaam te lewe nie, maar om u liefde uit te straal na diegene wat ons pad kruis. Mag ons getuienis 'n ligstraal van hoop wees vir almal wat u liefhet. Ons vra dit in die Naam van u Seun, Jesus Christus. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Golflande. Hoewel sosiale media kan help met die verspreiding van God se Woord, kan dit ook ʼn bron van vals inligting wees. Bid dat soekers en gelowiges in die streek die waarheid van leuens sal kan onderskei. Vroeër vanjaar is talle gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond in een van dieGolande in die tronk gegooi. Bid vir vertroosting, beskerming en krag vir hulle

  2. Indonesië. “My hart was daarna gevul met vrede.”Dank God vir Nara se nuutgevonde geloofin Christus. Ondersteun haar in gebed terwyl sy haar reis van dissipelskap voortsit.

  3. Sub-Sahara Afrika. Habiba* is op die ouderdom van 13 in ʼn huwelik gedwing. Sy worstel met dié herinneringe. Bid vir genesing, herstel en blywende geloof vir Habiba en ander slagoffers van geweld in sub-Sahara Afrika.Die Kerk in sub-Sahara Afrika het die wêreld se grootste aantal jong lidmate onder die ouderdom van 25 jaar. Hulle staar ʼn ongekende aanslag in die gesig. Bid dat God hulle met hoop sal vul en dat hul geloof en toekoms veilig in Hom sal bly.

  4. Sentraal-Asië. Bid vir volgehoue veiligheid en waagmoed vir gelowiges, pastore en leiers van tuisgroepe in Sentraal-Asië wat gereeld dreigemente van die owerhede in die gesig staar.

  5. Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.

  6. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  7. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  8. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  9. Malawi. Die 18de Augustus is die begin van Malawi-19 uitreik tot 30 Augustus. As gevolg omstandighede kon ek nie meemaak nie en my kollege JB doen hierdie uitreik. Bid asseblief vir hierdie uitreik.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.

For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.

Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.

We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page