top of page

28 April 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Apr 27
  • 6 min read

Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

28 April 2025.


Liewe Vriende.


“Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,”(Rom 11:30)


“Waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,”(Ef. 2:2)


“Waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,”(Kol 3:6)


“Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het.”(Heb 2:2-3)


“Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer 'n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.”(Heb 4:6-7)


Ek voel gelei om met u te deel oor ongehoorsaamheid. Baie keer dan praat God met ons en gee ons ‘n opdrag maar ons dink dis ons eie gedagtes of ons dink ons sal later. God wil dat ons gehoorsaam wees want ons ongehoorsaamheid kan tot gevolg hê dat ‘n opdrag wat Hy vir iemand anders gegee het nie uitgevoer kan word nie. Dit het naderhand ‘n hele ketting reaksie tot gevolg en Sy wil kan dan nie geskied. Kies gehoorsaamheid hierdie week!


Gebed: O God, o lewende God, U het die ewigheid in ons harte gelê; U het ons honger en dors gemaak vir U alleen. Vervul dan self die instinktiewe verlange na U wat U self in ons harte geplaas het - sodat ons in die lewe vir U sal vind, en die lewe in U, In Jesus Naam Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Namibia. Johan is veilig terug vanaf Namibia waar hy in Gobabis bedien het en 3678 kilokmeters gereis het. Die tema regdeur was gehoorsaamheid waaroor bedien is,Dank die Here vir alles wat HY gedoen het asook geopende deure en vir digene wat die Woord ontvang het.

  2. MEXIKO.Altesaam 108 broers en susters van die staat Chiapas in Mexiko is dié somer weens toenemende geweld gedwing om uit hul gemeenskappe te vlug. Daar is kinders,vroue en bejaardes onder die ontwortelde gelowiges. Bid vir hulle voorsiening en leiding. Hierdie ontwortelde gelowiges kom uit drie evangeliese kerke. Hulle het meedoënlose dreigemente van misdadige bendes in die gesig gestaar wat probeer om die dwelmbedryf in hul gebied te beheer. Prys God vir hulle moed en vra Hom om hulle te beskerm.

  3. MALI. “Betaal ʼn Islamitiese belasting – of vlug.” Dit is die keuse wat gelowiges in ʼn streek in Mali, Wes-Afrika, in die gesig staar. Islamitiese militante het hul gemeenskappe oorgeneem. Bid saam met ons familie en onthou “dié wat mishandel word” (Hebreërs 13:3).Vra God om by hierdie gelowiges te wees en hulle vertroosting en hoop te gee. Bid dat Hy sy mense sal help om vir Hom te bly staan, selfs al lyk dit na ʼn onmoontlike situasie. God, wees by U volk.

  4.  Fokus op Internet Evangelisasie Dag (IE Dag). Die doel van die IE Dag is om die uitreik potensiaal van die Internet aan die wêreldwye kerk te kommunikeer. Die strategieë wat benodig word om die web vir evangelisasie te gebruik word verduidelik, voorbeelde word gebruik en maniere waarop mense betrokke kan raak, word gedemonstreer. Daar is meer as 2 miljard webgebruikers en meer as 4 miljard mense wat selfone gebruik (al hoe meer van hierdie fone kan met die Internet verbind). Bid dat individue wat die Here deur middel van die Internet leer ken, dadelik met ander gelowiges in hulle omgewing in verbinding sal tree en hulle sal ontmoet, sodat hulle sal groei en sterk gevestig sal word in die kennis van die Woord van God. Bid vir die geestelike groei van nuwe gelowiges. Gebednet se bediening maak ook 70% deel uit van internet evangelisasie en berading.

  5. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  6. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  7. Uitdagings by die werk. Dink bietjie na oor jou daaglikse verantwoordelikhede. Het jy dalk begin slap lê met sekere verantwoordelikhede? Spandeer jy dalk van jou werktyd en bronne vir eie gewin? Bid vir elke werknemer om sy werk te doen asof dit vir die Here is. Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here, en nie vir mense nie. (Kolossense 3:23). Vra die Here om jou te help om in ‘n span te kan werk en ander hoër te ag as jouself. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. (Filippense 2:3).

  8. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.

  9. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  10. Wêreld Malaria-dag. Wêreld Malariadag bied die geleentheid om te kyk na die vordering van malariabeheer en -uitwissing en die hernuwing van inisiatiewe om die teiken van geen malaria sterftes teen 2015 te bereik. Vier jaar gelede was die skatting dat daar elke 30 sekondes ‘n kind aan malaria sterf. In die afgelope jare was daar ‘n reuse toename in ondersteuning vir ingrype om malaria te beheer, wat tot die afname in sterfgevalle bygedra het. Waar daar voorheen meer as ‘n miljoen mense jaarliks weens die siekte gesterf het, is die syfer nou nader aan 790 000, ten spyte van die toename in die wêreldbevolking. Hou asseblief aan bid dat ‘n koste-effektiewe oplossing gevind sal word wat sal verhoed dat mense wêreldwyd die siekte opdoen.

  11. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  12. Maand-Einde. Bid vir die bediening se finansies en dat Vader sal ondersteuners byvoeg. Daar is ‘n paar uitdagings wat so spoedig moontlik ‘n wonderwerk benodig. Ons dank Vader reeds vir die uitkoms.








Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


 I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Account Ministry:

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page