top of page

27 Oktober 2025. Weelikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • 6 hours ago
  • 14 min read
Deo Volente Sending.
Deo Volente Sending.

27 Oktober 2025


Liewe Vriende.


“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.   Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus.  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God – terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.” Efésiërs 6:10-18


Die Gruwel van ‘Halloween’

Hiermee meer inligting oor wat halloween is, sodat u spesifiek teen hierdie gruwel kan bid. Die halloween vieringe kan  sover terug geneem word as in die tyd waar die Romeinse godehemel gebou is deur Keiser Hadrian in 100nc, dis as ‘n tempel vir die godin Cybele en ander romeinse gode gebou.


In 834nc het die Romeinse kerk die fees verbreed na die hele kerk en dit het bekend geraak as “All Saints Day” 1 Nov.


Hierdie sataniese feesvieringe begin reeds 22-29 Okt met voorbereiding vir die offers, 30ste Okt is die sataniese hoë dag, en 31 Okt die nag van Halloween is ’n nag van bloed en seks rituele met demone en diere en menselike offers.


Geestelike vestings agter halloween is waarsêery en toordery. Rituele tydens die nag van halloween is n nag van magiese gelukbringers, spoke, feetjies, menslike offerandes en sataniese rituele.


Seremoniële plekke bekend hiervoor vroeër was boom bosse en veral eikebome omdat die Druide soveel waarde geheg het aan die genesings voordele van die eikeboom.


Die druidiese en shamanistiese wortels word gesien in die heidendom vandag, Wiccan, Sataniste, en Nuwe Era(New Age beweging) volgelinge –


Sataniste vier almal vandag hierdie eens bekend as ‘n druidiese fees wat sy oorsprong gehad het onder die Keltiese mensegroep.


Om vir u so ietwat lig te werp – Wiccans is hekse wat die natuur aanbid.

in die wicca geloof op hierdie dag van Halloween –wanneer die duisternis toeneem, heers die godin as die heks, deel van die drie in een  wat ook die meisie en moeder insluit.


Die god(Yule), die donker heer, gaan in die onder wêreld in om die saad te word van sy eie weergeboorte wat of Kersdag plaasvind. FEESVIERING VAN DIE BOSE Halloween is ‘n godsdienstige dag, maar dit is nie Christelik nie.


Tom Sanguinet, ‘n voormalige hoë Priester in Wicca het die volgende gesê: “Die moderne vakansie wat ons Halloween noem, het sy oorsprong in die volmaan naaste aan 1 November, die hekse se ‘nuwe jaar’. Dit is ‘n tyd wanneer die geeste (demone) veronderstel is om ‘n hoogtepunt van hulle krag en bedrywigheid te bereik en dan weer die aarde besoek…Halloween is geheel en al, absoluut boos.


Daar is niks wat ons ooit kan doen, of gedoen het, wat dit enigsins

aanvaarbaar vir die Here Jesus sal maak nie.”


​Tydens Halloween is daar n paar dinge wat gebeur, en ek glo selfs dat wat ek hier noem, heelwaarskynlik maar net n enkele is en dat daar nog veel meer ingesluit word by die bose Halloween vierringe.


Dag van die Dode.Halloween het sterk wortels in die heidendom en heksery. Dit het begin as die Druidfees van Samhain.


Die Kelte beskou November die 1ste as die dag van die dood, want dit is die begin van winter in die Noordelike halfrond.


Die blare begin val, dit word vroeër donker en die temperature daal.


Hulle wat deel aan hierdie fees glo dan dat dit is die aand wanneer die feetjies, spoke, demone en hekse saam met die mense in die lewe  – om saam met en tussen hulle te beweeg.


Ja hierdie nag van Halloween word beskou as die nag waarin als van die onderwereld vrygelaat word vir die winter seisoen wat voorlê.


Hulle het geglo dat hulle songod krag verloor en Samhain, die heer van die dood, was besig om die songod te oorweldig.


Die Druïde – (druid beteken – om die eikeboom te ken — druide het hulself verhef bo konings en het hulself genoem ‘die skeppers van die heelal’ God lasterlik) – hierdie druide het ook geleer dat op 31 Oktober, op die vooraand van die fees, Samhain die geeste van almal wat in die vorige jaar gesterf het, vergader om terug te keer na hulle vorige wonings om die lewendes daar te besoek.


Mens en Dierlike Offergawes. Vir soveel jare het die druidpriesters op Halloween diaboliese aanbiddings-seremonies gehou waar katte, perde, skape, beeste, mense en ander offergawes in hokke gesit, en dan doodgebrand is.  Hierdie mens en dierlike-offers was glo nodig om Samhain te kalmeer sodat die geeste hulle nie leed moet aandoen nie.


“Trick or Treat”.Om hierdie offergawes te verkry, het die druidpriesters van huis tot huis gegaan en gevra vir vetgemaakte kalwers, swart skape en mense. Diegene wat gegee het was voorspoed belowe, en diegene wat geweier het om te gee was gedreig en vervloek. Dit is die oorsprong van “trick or treat .”


“Trick or Treat is a re-enactment of the Druidic practices. Today, candy sugarcoats the human sacrifices of old, but it is still an appeasement of those deceptive evil spirits. The tradition response to those who do not treat is to have a trick played on them. When you give out Halloween candy you are in essence providing a sacrifice to false gods. You are participating in idolatry“, says the former high priest of Wicca, Tom Sanguinet. The Bible teaches to “flee from idolatry” 1 Cor. 10:14


“Jack-O-Lantern”.Die “Jack-O-Lantern” het sy oorsprong in die kerslig pampoen of skedel wat gedien het as ‘n simbool om die plase en huise te merk van diegene wat die Druïde-godsdiens ondersteun.  Hierdie huise was dus op soek na hulle “treat” wanneer die gruwel van Halloween begin.  Die ‘World Book Encyclopedia’ verklaar: “Die oënskynlik skadelose, verligte pampoen gesig van die Jack -O-Lantern is ‘n antieke simbool van ‘n verdoemde siel”.


Dans van die Dood.Terwyl mense en diere van pyn skree terwyl hulle dood brand, het die Druïde en hulle volgelinge kostuums aangetrek wat van dierevelle en koppe gemaak is. Hulle sal dans, chant en deur vlamme spring, in die hoop om die bose geeste af te weer.


Dit is n tyd wanneer die sluier tussen die lewendes en die dooies op sy dunste is.


“House of Horrors”.Een van die gewilde helde van Halloween, graaf Dracula, was ook ‘n regte persoon. Dracula het van 1431 tot 1476 gelewe. Gedurende die ses jaar wat hy regeer het, het Dracula meer as 100,000 mans, vroue en kinders in die mees afskuwelikste maniere uitgemoor. Hy het ‘n plan beraam om sy land van die ‘las’ van bedelaars, gestremdes, siekes en bejaardes te bevry, deur hulle na ‘n fees te nooi by een van sy paleise. Hy het hulle goed gevoer en dronk gemaak. Dan het hy hulle gevra: “Wil julle sonder sorge wees en aan niks ontbreek nie?” Wanneer sy gaste dan “Ja!” geskree het, het Dracula die bevel gegee om die paleis te seël en aan die brand te steek. Niemand het van hierdie oorspronklike “house of horrors” ontsnap nie.


God se Woord.“As jy kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here ’n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die Here jou God hulle voor jou uit. Opreg moet jy wees met die Here jou God. Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die Here jou God het jou nie so iets toegelaat nie.” Deuteronómium 18:9-14


Ek ag dit noodsaaklik om u op hierdie dinge te wys!  Waarom is dit verkeerd vir ons vandag om te deel in hierdie gebruike?  Want God se Woord sê ons moet u leer en onderrig hierom:


“En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.” Eségiël 44:23


Ongelukkig is daar soveel mense wat vandag reeds ingetrek is met hierdie “amerikaanse fees” dat die winkel rakke vol halloween items gepak is en mense reël geleenthede om Halloween partye te kan hou.


(met groot respek, dan vra ouers en grootouers waarom gaan dit so met ons kinders, maar dit is vir ons mooi as die kinders n kostuum van Halloween aantrek en deel in die wêreldse of nee in die sataniese gebeure.)


“My volk gaan te gronde weens  gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die Wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.” Hoséa 4:6

en terwyl ons die geleenthede het om ons kinders en kleinkinders hierdie waarhede te leer en te waarsku teen die werke van satan moet ons dit aangryp – want die Woord van die Here leer, wanneer hierdie waarheid in die hart is en geleer is, sal hy weer terug keer.


“Oefen (lei op) die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.” Spreuke 22:6


Dan kan ek nie keer om in my hart ongelukkig te raak wanneer ons mense vir ons kindertjies sê: “ag dis reg jy kan maar daarin deel nie”

“Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.” Matthéüs 18:6-7


Maar die Woord van Here leer dat ek en u moet hierdie dinge nie aanhang nie en ons kan met hierdie goed nie vereenselwig nie.“Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.” Romeine 12:9


Ons moet opstaan as kinders van God teen hierdie werk van die duisternis want die satan kry dit reg om dit binne die kerk van Christus in te bring onder Sy kinders.  Ons kan nie in hierdie laat uur nog met hierdie dinge van die duister deel nie.“Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.” Romeine 13:12


“Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die Tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.” 1 Korintiërs 10:21


“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem.” 2 Korintiërs 6:14-17


“…en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.” Efésiërs 5:11


Maar die kind van God moet homself kom vul met die Woord van God en met Sy wonderlike waarhede.


“Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”  Filippense 4:8


Waarom gebeur hierdie dinge? Omrede die mense eerder die verleiding kom aanhang as vir God self.“MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete.” 1 Timótheüs 4:1-2


Gee toe aan die Here en bly getrou aan die Here en hierdie duiwel en sy magte sal van u wegvlug.“Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Jakobus 4:7


Terwyl Dracula met Halloween die wees en armes dood maak en uit die stad uitdryf, roep God ons op om lief te hê.“Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.” Jakobus 1:27


“Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.” 3 Johannes 11


Soveel goeie mense en nog groter soveel kinders van die Here het hier ‘n met Deelname in die Heidendom.


Ons is in ‘n geestelike wêreldoorlog. Dieremishandeling, vandalisme en moorde vind op ‘n baie groter skaal plaas tydens Halloween. Elke jaar, gedurende Halloween, word duisende diere, en selfs mense, opgeoffer in sataniese rituele wêreldwyd, terwyl miljoene ander mense, insluitend welmenende Christene, deel neem aan hierdie oënskynlike ‘onskuldige’ Halloween vieringe.  Halloween is ‘n werwings tyd vir hekse en sataniste. Baie mense getuig dat hulle aan die okkulte bekendgestel is tydens ‘n Halloween partytjie. Halloween is baie godsdienstig, maar dit is nie Christelik nie.


“Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Romeine 12:21


Kies Lewe Neem standpunt in teen Halloween en neem deel in geestelike oorlogvoering en gebed. Gebede deur die boek van Psalms, en deel die Evangelie met vriende en familie – veral diegene wat onnadenkend deelneem in hierdie okkultiese vieringe van waarsêery, geestebeswering, menslike offerande en wreedheid teenoor diere.

 

Gebed: Here, help my om ander te waarsku teen haloween en bewaar my dat ek nie daaraan sal meedoen nie, in Jesus Naam Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. IRAN. Bid saam met Hakob Gochumiyan, ʼn Armeense Christen wat ʼn vonnis van tien jaar in Iran uitdien. Hakob ervaar ernstige mishandeling, insluitende doodsdreigemente. Vra God om in te gryp.Iran se Hooggeregshof het Hakob se twee appèl-aansoeke vir ʼn herverhoor verwerp. Bid dat geregtigheid al seëvier, met Iranse owerhede wat hierdie vals skuldigbevinding omkeer en hom onmiddellik vrylaat. Bid vir wysheid en moed vir Hakob se regsadvokate en dat deure internasionaal sal oopgaan om aandag op sy saak te vestig. God, ons tree in vir ons broer, Hakob, en vra U om in te gryp in hierdie moeilike situasie. Bid vir alle Christene in Iran wat in die tronk is. Mag hulle die teenwoordigheid van die Heilige Gees aanvoel, in hoop versterk word en in die waarheid standvastig bly. Bid vir bekering en transformasie by Iranse amptenare, veral diegene wat intimidasie en vals beskuldigings gebruik om die Kerk en huiskerke te onderdruk.

  2. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  5. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  6. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  7. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.

  8. Halloween. Bid dat mense se oe sal oopgaan vir die gevare van Halloween en nie daaraan deelneem nie. Bid vir veiligheid en beskerming in hierdie tyd, veral kinders.

  9. 24-7 Gebed vir Herlewing: 27 Oktober – 2 November 2025. God se Woord is lewendig, kragtig en onstuitbaar. Dit bring verlossing en transformasie, en dit is ons roeping om te bid dat Sy Woord vinnig sal versprei, harte sal verander en die nasies tot Sy eer sal kom. Gedurende hierdie week van gebed, bid ons dat Sy getuienis helder sal wees en mense se gedagtes vernuwe sal word. Op Hervormingsdag, 31 Oktober, herdenk ons die voorreg om die Bybel in ons eie taal te hê en roep ons 'n 24-uur Woordwag op om Sy Woord te verkondig.

Gebedspunte:

  1. Dank die Here vir Sy betroubare Woord, en bid dat dit 'n lig vir die eenvoudiges en wysheid vir die verlorenes sal wees (Psalm 119:105).

  2. Bid vir gehoorsaamheid aan God se bevele, dat dit vreugde en vryheid in die lewe sal bring (Psalm 119:111).

  3. Vra die Here om ons oë oop te maak vir die waarheid en reinheid in Sy gebooie, en om ons harte te reinig deur gehoorsaamheid (Psalm 119:105; Efesiërs 5:8-9).

  4. Bid dat die vrees van die Here, wat wysheid bring, in die harte van Sy mense sal herleef en die Kerk van kompromie sal reinig (Spreuke 14:27; Jesaja 33:6).

  5. Dank die Here vir die vreugde wat uit gehoorsaamheid aan Sy Woord vloei, en bid dat gelowiges wêreldwyd honger sal wees vir Sy Woord (Nehemia 8:10).

  6. Bid vir die verlossende krag van die bloed van Jesus, dat dit die mense sal verlos en nuwe lewe sal bring (Efesiërs 1:7; 1 Johannes 1:7).

  7. Vra die Vader om Sy Woord vinnig oor die aarde te laat versprei, wat herlewing, verlossing en transformasie sal bring (2 Tessalonisense 3:1).

ree






Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


{Van die gebedsversoeke is geneem uit die Jerigo Mure gebedsgids en Open Doors gebedsversoeke.}


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Account Ministry:

First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page