top of page

27 Maart 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Mar 23, 2023
  • 5 min read

Gebednet.


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


27 Maart 2023.


Beste Vriende.


“ Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg; sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie. (2 Kor 2:6-7).


In die gemeente van Korinte het daar iets gebeur wat Paulus baie hartseer gemaak het. Iemand in die gemeente het die ander lidmate teen Paulus opgesteek. Sy motiewe en werkwyse is onder verdenking gebring en daarom het ’n groot deel van die gemeente teen Paulus kant gekies. Deur sy brief sowel as deur ’n besoek van Titus is die saak in die reine gestel. Tog het die onenigheid slegte gevolge gehad. Dit blyk toe egter dat die persoon wat die skeuring veroorsaak het tot ander insigte gekom het. Die situasie is gespanne en baie sensitief. Mense het seergekry. Paulus is ernstig te na gekom. Hoe gaan hy reageer?


Paulus roep die gemeente op om die skuldige persoon te vergewe. Die saak is dan afgehandel. Moenie die man verder met beskuldigings belas nie. Bemoedig hom eerder. Help hom om ’n nuwe koers in te slaan wat vir hom en die gemeente heilsaam sal wees. Kan ons nie ook probeer om ons geskille só op te los nie? Kan ons nie ook soos Paulus ons eie trots in die sak steek en eerder probeer om iemand wat geval het op te help nie? Vergelding is aftakelend; bemoediging is opbouend.


Gebed: Here, help my om eerder te vergewe en te bemoedig as om kwaad te word en vergelding te soek. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.

  2. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  3. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  4. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  5. Afrika Reise. Loof en prys saam met ons die Here dat grense weer oopgaan en geleenthede om te reis in Afrika om Jesus se Hande en Voete te wees. In Februarie was ek in Namibia. Daar is uitnodigings vir later die jaar vir Zambia, Malawi en Kenya. Bid vir die logistiek, beplanning en voorsiening vir hierdie uitreike.

  6. Nicaragua. Daar is ʼn gebrek aan vryheid in Nicaragua, met die vervolging van gelowiges wat die afgelope jaar drasties toegeneem het. Bid dat die Here gelowiges sal versterk en dat hulle ondanks die gebrek aan vryheid in die land sal aanbly om ʼn lig vir Christus te wees.

  7. Kenia. Die Christendom is die meerderheidsgodsdiens in Kenia, maar Christene in dié land ervaar steeds vervolging veral Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond. Bid vir die Here se hand van beskerming en voorsiening vir hierdie gelowiges.

  8. Koeweit. In Koeweit word bekering vanaf Islam na ʼn ander geloof nie amptelik erken nie. Bid vir die beskerming van Christene en dat geheime gelowiges geleenthede sal kry om veilig met anders te vergader.

  9. Tanzanië. Tanzanië se bevolking is een derde Moslems. Bid dat God die Kerk kragtig sal gebruik en dit ʼn lig in die duisternis sal maak.

  10. Verenigde Arabiese Emirate. Gelowiges in die Emirate word volgens wetgewing verbied om geregistreerde kerke van uitgewekenes wat in die land woon, by te woon. Bid dat die gelowiges kan bymekaarkom om te groei in hul geloof en kerklike samesyn te ervaar.

  11. Nepal. Die meeste Christelike vervolging word deur radikale Hindoe-groepe ingestel, wat hulself daarvoor beywer dat dié land na Hindoeïsme moet terugkeer. Bid vir gelowiges wat weens hul keuse om Christus te volg deur hul Hindoe-families verwerp is.

  12. Djiboeti. In Djiboeti waarborg die grondwet godsdiensvryheid, maar met Islam as staatsgodsdiens word Christene nie deur die regering beskerm nie. Bid dat die Here in die harte van die owerhede sal werk om godsdiensvryheid toe te laat.

  13. Palestynse Gebiede. Talle Palestyne, insluitende Palestynse Christene, verloor hoop weens die politieke en ekonomiese situasie in dié land. Bid dat kerke steeds die plekke sal wees waar mense hoop vind.

  14. Azerbeidjan. Alhoewel Azerbeidjan veronderstel is om verdraagsaam teenoor godsdiens te wees, monitor die regering die aktiwiteite van godsdiensgroepe. Bid dat Christene ondanks hierdie die moed sal hê om die Evangelie met hul gemeenskappe te deel.

  15. Kirgistan. Daar is toenemende vervolging van Christen-bekeerlinge en bekering vanaf Islam word hier beskou as teenstrydig met die land se kultuur en lei tot onderdrukking. Bid dat Christene hul geloof ondanks hierdie probleme met vrymoedigheid sal uitleef.

  16. 2023 Vrystaat/Gauteng Roadtrip. Vanaf 29 Maart tot 17 April is ons op ‘n bediening rit na drie provinsies. Graag vra ons gebed vir beskerming, voertuig, Goddelike Afsprake en die logistiek. Bid ook asseblief vir voorsiening, ons vertrek oor ses dae en nog net 2% van die begroting is ontvang. Bid dat Vader in mense se harte sal spreek om hierdie aksie te ondersteun.



















Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page