27 Junie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke
- missions3
- Jun 22, 2022
- 4 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
27 Junie 2022.
Liewe Vriende.
“Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed” (Jer 31:25).
“Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” (Ps 27:14).
Hierdie week wil ek aan jou 'n woord van bemoediging uit die mond van die Here self gee. In Jeremia 31:25 kondig die Here vir sy volk in ballingskap 'n nuwe toekoms aan. Wanneer hulle hierdie boodskap hoor, het hulle omstandighede nog nie verander nie. Al wat hulle dus het, is 'n belofte van die Here. Maar wat 'n wonderlike belofte! Die Here praat met soveel deernis met sy volk. Hy wil aan sy volk 'n nuwe toekoms gee. Hy wil nie hê sy kinders moet van ellende omkom nie.
God wil vir sy kinders 'n nuwe toekoms gee. Wat jou omstandighede ook al is, weet dat God vir jou die beste wil gee. En al verander jou omstandighede nie dadelik nie, kan jy met verwagting die toekoms tegemoetgaan. Die Here self beloof om aan dié wat moeg is nuwe krag te gee en die moedeloses weer vol moed te maak. Dit is die vertrekpunt na God se nuwe toekoms vir jou - nuwe moed en krag. Vertrou op die Here, wees sterk en hou moed. Hy is saam met jou onderweg.
Vertrou op die Here. Wees sterk en hou goeie moed.
Gebed: Here, gee vir my 'n toekomsvisie sodat ek met vreugde kan uitsien na u nuwe toekoms vir my. Gee my nuwe moed en krag, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Pakistan. Vroeër vanjaar is twee priesters dood in ʼn geteikende aanval. Hulle het die Kerk na ʼn byeenkoms verlaat en is toe geskiet. Bid vir die veiligheid van alle gelowiges, veral diegene wat op die teikenlys is van die aanvallers wat die priesters vermoor het.
Burkina Faso. Dank God vir die geleentheid wat ons span gehad het om Salamata te ontmoet, wie se kerk deur jihadiste aangeval is, en dat sy steeds aanhou om God se versorging raak te sien. Bid dat sy sal aanhou om die Here se hand in haar lewe te sien te midde van baie uitdagings.
Nigerië. Dank die Here dat Hy Charity se geloof onderhou deur die trauma van Boko Haram se aanval op haar dorp. Dank Hom vir Sy voorsiening in haar en haar familie se lewens, en bid dat hulle sal voortgaan om Sy versorging in hul lewens raak te sien.
Colombië. Deur twee nasionale hoofkantore naby die Kindersentrum te hê, help ons om die twee ontwikkelingspanne met mekaar te integreer. Bid vir wysheid en goeie strategieë. Mag God ons aanhou help om die sentrum te ontwikkel sodat gelowiges in die vervolgde Kerk opgelei kan word.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening. Tans ervaar ons geweldige geestelike aanvalle op ons persoonlik,en het u GEBED baie nodig.
Maand-Einde. Bid asseblief vir voorsiening om al ons sending en persoonlike maand einde verpligtinge na te kom. Tans ervaar ons ‘n geweldige tekort op die begroting.
*Name verander weens sekuriteits doeleindes.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail: lourensministries@mail.com
Website: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
https://gogetfunding.com/change-a-nation/ OR https://goget.fund/2IatvMi
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments