27 Februarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke
- missions3
- Feb 28, 2023
- 3 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
27 Februarie 2023.
Beste Vriende.
“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou ... jy hoef nie meer te huil nie.” {Jes 30:18, 19}.
Moenie huil nie. Die Here is gretig om jou genadig te wees. Is dit nie aangrypend nie? God wag gretig om jou genadig te wees. Hy kan nie wag nie, Hy wil so graag sy liefde op jou uitstort. Al waarvoor Hy wag, is dat jy moet praat.
En hoe laat wag ons God nie! Ons is so besig om oor ons ellendes te kla en ons skade te bereken. Ons huil en kerm oor ons verliese. En intussen wil God ons help. Het jy al geleer om van harte op die Here te vertrou? Of vra jy maar elke keer dat die Here sake volgens jou eie voorskrifte moet laat verloop? Om op die Here te vertrou beteken om jou lewe geheel en al aan Hom toe te vertrou.
Die Israeliete het nie mooi na die profeet geluister nie. Hulle wou sélf hulle probleme oplos. Toe word hulle in ballingskap weggevoer en die probleme word al hoe erger.
Wat van jou? Vertrou gerus op die Here. Hy sal jou troos met sy wonderlike genade. Hy wag om te hoor dat jy Hom vertrou. Die Here wag gretig om jou genadig te wees.
Gebed: Here, ek roep om hulp. Ek vertrou volkome op U. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
“Faith goes up the stairs that love has built and looks out the windows which hope has opened.”― Charles H. Spurgeon
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Kuba. Kerkleiers of Christelike aktiviste wat die regime kritiseer, staar arrestasie, tronkstraf en die sluiting van hul kerke of ondernemings in die gesig. Bid vir veerkragtigheid en wysheid vir Christene en kerkleiers.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Niger.Niger het in 2022 weer die top 50 van die Wêreldwaarnemingslys gehaal. Dié syfer weerspieël hoe die vervolging van Christene in hierdie land aanhou styg. Vra God om getraumatiseerde gelowiges wat gewelddadig weens hul geloof aangeval is, te genees.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Namibia. Loof en prys die Here vir ‘n wonderlike geseënde uitreik aan Namibia en vir oop deure en Goddelike afsprake. Hierdie uitreik het heeltemal anders verloop as beplan en die hele beplanning is herbeplan en oorgeneem deur die Heilige Gees. Het Windhoek en Gobabis besoek en die geleentheid gehad om ‘n sendeling van Botswana ook te besoek. Dankie Jesus.
Maand-Einde. Bid asseblief saam vir voorsiening om al ons maand-einde verpligtinge na te kom aangesien finansies tans ‘n uitdaging is.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments