26 September 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Sep 20, 2022
- 3 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
26 September 2022
Liewe Vriende
En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil (Ef 6:4).
Opstandigheid, tug en vermaning - elke ouer ken hierdie woorde. Die manier waarop
ouers en kinders oor sake van die dag dink, verskil van huis tot huis. Dit is dan ook waarom baie kinders opstandig raak teenoor hulle ouers. Die wyse waarop dié vermaning en tug plaasvind, verskil ook. Woorde kan baie liefdeloos oorkom. Sarkasme en verwyte word as vermaning aangebied terwyl dit eerder afbreek. Tugmaatreëls kan eweneens aftakelend eerder as opbouend wees.
Dit is dus uiters belangrik dat ouers met groot omsigtigheid die gesag wat aan hulle toegeken is, sal hanteer. Sorg dat daar 'n standaard is en dat dié standaard vir ouers én kinders geld: soos die Here dit wil. As kinders weet dat hulle ouers niks anders wil as om die Here se wil te laat geld nie, sal hulle begrip hê, al stem hulle nie altyd met die reëls saam nie. Jy kan ook op 'n mooi manier aan jou groot kinders vertel hoe jy dink die Here se wil oor belangrike sake verstaan moet word.
Toets jou optrede teenoor jou kinders aan die Woord van God en aan die gesindheid van Christus.
Gebed: Here, laat my kinders weet dat ek niks anders as u wil vir hulle lewe soek nie. Help my om ook na hulle te luister. Amen.
Die Weeklikse Manna en GebeKameroendsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Broenei. Bid vir vervolgde Christene in Broenei. Gelowiges word dikwels daarvan beskuldig dat hulle geliefdes verstoot wanneer hulle Islam verwerp. Bid dat hulle in die Evangelie en mede-gelowiges se gebede vertroosting sal vind.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Indonesië. Bid vir gelowiges uit ʼn Moslem-agtergrond wat weens Christelike bekering vervolging beleef. Bid dat God regeringsharte sal verander om wette te hersien wat Christene bedreig.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Nepal. Bid vir bekeerde Christene soos Pawan*, wat ondanks haweloosheid en vervolging gelowig bly. Bid vir God se seën wanneer die Evangelie gedeel word.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Koeweit. Bid vir gelowiges uit ʼn Moslem-agtergrond wat diskriminasie en intimidasie ervaar. Bid dat God Sy aangesig op hulle sal laat skyn terwyl vervolging voortduur.
Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies. Tans ervaar ons geweldige uitdagings op finansiële gebied en het ‘n wonderwerk nodig!
Jordanië. Bid vir voorsiening vir Christen-vlugtelinge wat weens vervolging en werkloosheid na Jordanië moes vlug. Bid ook vir gelowiges wat weens hul oortuigings dopgehou word.
* Naam is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments