top of page

26 Junie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jun 21, 2023
  • 4 min read

26 Junie 2023.


Beste Vriende.


“En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou. (Jes 30:18, 19).

Moenie meer ween nie. Sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep. Is dit nie aangrypend nie? God wag gretig om jou genadig te wees. Hy kan nie wag nie, Hy wil so graag sy liefde op jou uitstort. Al waarvoor Hy wag, is dat jy moet praat.

En hoe laat wag ons God nie! Ons is so besig om oor ons ellendes te kla en ons skade te bereken. Ons huil en kerm oor ons verliese. En intussen wil God ons help. Het jy al geleer om van harte op die Here te vertrou? Of vra jy maar elke keer dat die Here sake volgens jou eie voorskrifte moet laat verloop? Om op die Here te vertrou beteken om jou lewe geheel en al aan Hom toe te vertrou. Die Israeliete het nie mooi na die profeet geluister nie. Hulle wou sélf hulle probleme oplos. Toe word hulle in ballingskap weggevoer en die probleme word al hoe erger.

Wat van jou? Vertrou gerus op die Here. Hy sal jou troos met sy wonderlike genade. Hy wag om te hoor dat jy Hom vertrou.

Die Here wag gretig om jou genadig te wees.

Gebed: Here, ek roep om hulp. Ek vertrou volkome op U. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Soedan. Bid vir ʼn veerkragtige Kerk in Soedan, wat te midde van vervolging sterk sal staan. Bid vir die beskerming van Geopende Deure-vennote wat daarna streef om dit te laat gebeur en dat die Soedanese regering ʼn regverdiger en veiliger samelewing sal skep.

  2. Somalië. Bid dat God die harte van ekstremiste sal verander om die geweld te beëindig en vrede na hierdie land te bring. Vra Hom om vrees, intimidasie en geweld bonatuurlik uit te wis. Bid dat God geheime gelowiges en ander wie se geloof ontdek is, sal beskerm. MagHy diegene genees wat sies en emosioneel getraumatiseer is omdat hulle Jesus volg.

  3. Afrika-regerings suid van die Sahara. Bid vir regerings in die streek wat soms ook gelowiges vervolg. Bid dat hulle Christene sal aanvaar en godsdiensvryheid sal toelaat. Bid vir wysheid om Islamitiese ekstremisme in die streek, wat gelowiges en burgers raak, hok te slaan.

  4. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  5. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  6. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  7. Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.

  8. Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.

  9. Verjaarsdae. Simeon verjaar Sondag 25 Junie en Joshnua Maandag 26 Junie. Dank die Here dat Hy ons twee seuns nog ‘n jaar gespaar het vir ons. Bid ook asseblief saam vir ‘n spesiale bederfie vir hulle om hulle verjaarsdae aangenaam te maak.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.


















Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page