top of page

26 Januarie 2026. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 24
  • 6 min read
Deo Volente Mission
Deo Volente Mission

26 Januarie 2026.


Liewe Vriende.


“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.” {Matteus 6:9-1


Vriende, Jesus sê nie: “As julle bid” nie.Hy sê: Wanneer julle bid.”Gebed is nie ’n bykomstigheid nie – dit is ’n noodsaaklikheid. Daar is ’n absolute roeping op elke kind van God om hom- of haarself daagliks te dissiplineer vir gebed. Sonder gebed raak ons geestelik moeg. Sonder gebed raak ons kwesbaar. Sonder gebed verloor ons fokus.


Gebed is waar ons God ontmoet. Gebed is waar ons verander word. Gebed is waar ons oorwin.


WAAROM MOET ONS DAAGLIKS BID?

Jesus het Sy dissipels gewaarsku:“Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”Die vlees is swak, maar die gees word sterk deur gebed. Elke dag word ons gekonfronteer met versoeking. Elke dag word ons aangeval in ons gedagtes. Elke dag word ons uitgedaag in ons gehoorsaamheid. Die Skrif sê die duiwel loop rond soos ’n brullende leeu. Hy rus nie. Hy wag nie.Hy soek toegang. Daarom het ons daaglikse beskerming nodig. En daardie beskerming kom deur gebed.

Wanneer ons in God se teenwoordigheid kom, gebeur daar iets: Moses se aangesig het gestraal. Jesus is verheerlik. En vandag nog word mense verander in God se teenwoordigheid. Sonder gebed verloor mense visie. Sonder visie raak mense losbandig. Sonder gebed neem vrees, twyfel en onsekerheid oor. ’n Gebedlose lewe is ’n gevaarlike lewe. Maar ’n biddende lewe is ’n oorwinnende lewe.


WAT DOEN GEBED?

Gebed bring oorwinning oor versoeking. Gebed bring bevryding van Satan se mag. Gebed bring beskerming, voorsiening en krag. Gebed bring vernuwing, herstel en hoop. Gebed gee perspektief.Wanneer ons saam met Christus “bo” sit, lyk aardse probleme kleiner.


DIE ONSE VADER – HOE JESUS ONS LEER BID

Jesus gee vir ons nie net ’n gebed nie – Hy gee vir ons ’n pad.

  • “Ons Vader” – Ons bid nie tot ’n veraf God nie, maar tot ’n liefdevolle Vader.

  • “Wat in die hemele is” – Hy is verhewe. Hy is heilig. Hy is in beheer.

  • “Laat U Naam geheilig word” – Ons begin met aanbidding.

  • “Laat U koninkryk kom” – Ons soek God se heerskappy, nie ons eie wil nie.

  • “Laat U wil geskied” – Ons onderwerp onsself aan Sy plan en Sy tyd.

  • “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – Ons leef in afhanklikheid, dag vir dag.

  • “Vergeef ons” – Ons bely ons sonde en vra vergifnis.

  • “Soos ons ook vergewe” – Vergifnis is nie opsioneel nie; dit is noodsaaklik.

  • “Lei ons nie in versoeking nie” – Ons erken ons swakheid.

  • “Verlos ons van die Bose” – Ons staan in geestelike oorlogvoering.

  • “Aan U behoort die koninkryk” – God alleen regeer.

  • “Die krag en die heerlikheid” – Dit is, dit was en dit sal altyd wees, Sy krag en Sy heerlikheid vir ewig

  • Amen -So is dit of laat dit so wees. Jy stem saam.


Liewe toehoorder, gebed vra dissipline. Gebed vra tyd. Gebed vra toewyding.Maar gebed gee lewe. Gebed gee krag. Gebed hou jou staande. As jy nie jou gebedslewe beplan nie, sal dit nie gebeur nie.Maar as jy kies om daagliks te bid, sal God jou daagliks ontmoet.


Gebed: Ons Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word. Laat U koninkryk kom.Laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe. En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. SOEDAN. Die brutale burgeroorlog in Soedan duur voort. Vra God vir ʼn vreedsame oplossing en dat die Kerk in hierdie oorlog die vredemakers sal wees. Bid dat die Christene in Soedan versigtig as sout en lig kan leef en kan wys dat Jesus se vrede die beter weg is om te volg. Bid vir die Kerk in Soedan se toekoms en vir wysheid vir die leiers. Selfs al sou die strydende partye ʼn vreedsame oplossing bereik, is nie een van hulle goedgunstig teenoor die Kerk nie.

  2. PAKISTAN. Bid vir die Christene wat onregverdig van Godslastering beskuldig word. Vra dat God hulle sal help om gevangenisstraf of burgerlike “geregtigheid” vry te spring.Baie Christene in Pakistan word gedwing om nietige werk te doen omdat hulle Christus volg. Bid dat hierdie gelowiges sal vasstaan in hul geloof en sal onthou dat hulle waardevol in God se oë, en vir die land se ekonomie, is. Bid vir ʼn beduidende verandering in Pakistan se samelewing. Die onlangse konflik tussen Pakistan en Indië vul gelowiges van beide lande met vrees. Dank God dat die wapenstilstand nog hou en bid dat God se volmaakte vrede sal heers.

  3. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  6. 24-7 Gebed vir Herlewing. fokus op die herstel van geregtigheid soos beloof in Lukas 18:7. Ons roep God dag en nag aan om reg te laat geskied—vir nasies én vir ons eie gesinne, gemeenskappe en stede—en vertrou dat Hy nie onreg ignoreer nie, maar ingryp op Sy tyd. Die week belig kern-areas van ongeregtigheid: finansiële kwesbaarheid, moderne slawerny, vlugteling- en migrasie krisisse, toegang tot onderwys, korrupsie en swak bestuur, gebrek aan toegang tot geregtigheid, en voedselonsekerheid. Agter elke statistiek is mense—gesinne, kinders en gemeenskappe—wat God se ontferming en regverdige ingryping nodig het. Deur gebed verkondig ons God se geregtigheid en vra dat Sy Koninkryk sigbaar word: dat onderdruktes bevry word, leiers met integriteit regeer, die Kerk gasvry en diensbaar leef, en volhoubare hoop en voorsiening herstel word. Mag God ons harte wakker maak om getrou te bid en getrou te dien waar Hy ons geplaas het.

7 Gebedspunte

  1. Bid vir God se ontferming en uitkoms vir die armes en kwesbares; dat gemeentes wysheid ontvang om holisties te dien.

  2. Bid dat moderne slawerny ontbloot en verbreek word; vir samewerking wat bevryding bring en genesing vir slagoffers.

  3. Bid vir deernisvolle reaksies op vlugtelinge en migrante; dat die Kerk gasvryheid en Christus se liefde prakties uitleef.

  4. Bid vir billike toegang tot kwaliteit onderwys; vir onderwysers, hulpbronne en kreatiewe oplossings in afgeleë gebiede.

  5. Bid vir integriteit in leierskap; dat korrupsie ontmasker word en Christene sout en lig sal wees in openbare ampte.

  6. Bid vir toegang tot geregtigheid; dat regstelsels versterk word en die armes regverdig verteenwoordig sal word.

  7. Bid vir voedselgeregtigheid en volhoubare voorsiening; dat die Kerk voorbereid sal wees om te help te midde van rampe en onsekerheid.

* Name verander weens veiligheidsredes.

Gebedsversoeke gebruik uit geopende deure.










Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry and Ministry Team:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page