26 Desember 2022. Nuwejaars-Boodskap en Gebedsversoeke.
- missions3
- Dec 23, 2022
- 4 min read

26 Desember 2022.
“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.” (Jes. 41:10)
Wanneer die jaar na sy einde toe neig, is daar altyd ‘n groot versoeking om terug te kyk. Ongelukkig beteken dit vir baie mense om op mislukkings, teleurstellings en ander terugslae te konsentreer. Dit veroorsaak dat hulle die toekoms tegemoetgaan met vrees en huiwering.
Bepeinsing oor die verlede het gewis sy plek in jou lewe, maar dit moet konstruktief gedoen word. Jy behoort die vermoeë te ontwikkel om uit jou foute te leer sonder om onder die las daarvan te kreun as jy skuldgevoelens oopkrap. Net so, wanneer jy oor die suksesse van die verlede dink, is die nie ‘n verskoning om op jou louere te rus nie. Dit moet as inspirasie dien om jou tot hoër hoogtes te voer.
Nadat jy die gebeure van die afgelope jaar in oënskou geneem het, is dit noodsaaklik dat jy sal besluit om die nuwe jaar tegemoet te gaan in die intieme geselskap van die Lewende Jesus Christus. Laat Hom toe om jou Leidsman en Gids te wees. Laat jou denke sensitief wees vir die influisteringe van die Heilige Gees en neem jou voor om onvoorwaardelik aan Hom gehoorsaam te wees.
Sodoende kan jy seker wees dat wat ook al in jou lewe gebeur, jy die Nuwe Jaar met vertroue kan tegemoet gaan, verseker van die vrede wat van God alleen kom.
Gebed: Ewige Vader, dankie vir die versekering hier aan die einde van die jaar en die begin van ‘n nuwe jaar dat U altyd met ons is en ons hand vashou , Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Welwillendheidsdag. Bid dat ons as gelowiges dit wat ons het met ander sal deel. Selfs met dié wat nie ons geloof deel nie. Hierdeur kan die lig van Christus as getuienis helder skyn vir dié wat Hom nie ken nie.
Gebede vir uithouvermoë. Bid vir die talle vervolgde gelowiges wat weens hul vertroue in Christus lyding verduur. Bid vir standvastigheid van geloof en dat God hulle sal toerus om ter wille van Sy Naam te volhard.
Indië.Bid vir vervolgde Christenleiers soos pastoor Shekhar*, wat weens vervolging gedwing is om uit hul huise te vlug. Bid dat God hulle sal ontmoet waar hulle nou is en in hul behoeftes sal voorsien.
Bangladesj.Bid vir vervolgde Christene in die afgeleë gebiede van die Boeddhistiese suidoostelike deel van dié land, wat deur Boeddhiste vervolg word. Bid dat hulle toegelaat sal word om hul geloof vrylik te beoefen.
Gebede vir beskerming. Bid vir die beskerming van vervolgde gesinne wat geskei is in die hoop om asiel vir hul geliefdes in ander lande te verkry. Bid dat God hulle bymekaar sal bring soos Hy met Sy skape doen – en dat hulle aan Psalm 23 herinner sal word.
Oujaarsaand. Kom ons kyk terug na 2022 met dankbaarheid terwyl ons die jaar afsluit, en laat ons met hoop uitsien na 2023. Dankie vir God se voorsiening en beskerming die afgelope jaar. Bid vir krag en wysheid terwyl ons ʼn nuwe jaar betree, wetende dat Sy genade voldoende is en vir ewig duur. Bid ook vir die beskerming van ons mense op die paaie vanaand.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Ondersteuning. Bid vir meer ondersteuners & bidders in SA om saam met ons hande te vat in die bediening. Tans ontvang ons net 45% van ons maandelike begroting.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
コメント