top of page

25 September 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Sep 22, 2023
  • 4 min read

Gebednet

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


25 September 2023.


Beste Vriende.


“Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd." I Timótheüs 5:18


Hierdie vers herinner ons aan die belangrikheid van geregtigheid en respek vir die arbeid van mense. Die Skrif, as 'n bron van wysheid en leiding, bied ons 'n belangrike riglyn om na te volg in ons lewens. Laat ons hierdie vers ondersoek en oordenk oor die waarhede wat dit bevat.


Eerstens, wanneer die Skrif sê dat jy 'n os wat graan dors nie muilband nie, herinner dit ons aan regverdigheid en welverdiende beloning. Hierdie beginsel strek verder as net die behandeling van diere. Dit herinner ons daaraan om regverdig en billik te wees in al ons interaksies met medemenslike wesens.


Die tweede deel van die vers, "Die arbeider is sy loon werd," beklemtoon die regverdigheid van 'n arbeider om 'n loon vir sy of haar arbeid te ontvang. Dit is 'n herinnering aan die belangrikheid van eerlike en regverdige werksverhoudings. Ons moet nie die arbeid van ander mense misken nie en hulle moet vergoed word vir hul harde werk en toewyding.


Gebed:Dankie vir die wysheid en leiding wat ons in u Woord vind. Ons bid dat U ons harte mag verlig met die waarhede van I Timótheüs 5:18. Help ons om regverdigheid en respek in al ons interaksies met ander mense te handhaaf. Mag ons altyd bewus wees van die waarde van arbeid en die regverdige beloning daarvoor. Skep 'n bewussyn in ons harte om ander mense met liefde en respek te behandel, net soos U ons liefhet en respekteer. Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com

U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS

Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Sri Lanka. Talle vervolgde gelowiges is deur hul gemeenskappe geïsoleer en kinders staar vervolging by die skool in die gesig. Bid dat God vervolgde Christene in Sri Lanka sal versterk.

  2. Jemen. Bid vir Goddelike verbintenisse tussen opregte mense wat Christus volg en Bybelse aanlynplatforms wat opleiding in dissipelskap aanbied.

  3. Jordanië. Verskeie Christen-mans vanuit ʼn Moslem-agtergrond is verlede jaar ondervra. Een is selfs met ʼn metaalstoel geslaan en het lewerskade opgedoen. Bid vir genesing vir dié mans en uithouvermoë vir Jordaniese Christene te midde van vervolging.

  4. Palestynse gebiede. Bid vir geestelike moeders en vaders om die klein groepie gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond in dié streek te dissipel. Bid dat die Heilige Gees hul familielede se harte teenoor hulle en hul geloof sal verander.

  5. Midde-Ooste. Sommige vroue vind baat by Geopende Deure se dissipelskapopleiding vir vroue. Ander sukkel om die Bybel se lering oor vroue te aanvaar. Bid vir wysheid vir die vroue wat hierdie kursusse aanbied en diegene wat dit bywoon.

  6. Nigerië. Altesaam 96 Chibok-skoolmeisies word steeds gevange gehou nadat Boko Haram nege jaar gelede meer as 270 meisies ontvoer het. Volhard in gebed vir hul veilige terugkeer en dat die meisies en hul gesinne sal aanhou om die Here vir uitkoms te vertrou.

  7. Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.

  8. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  9. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  10. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  11. Finansies. Bid asseblief ernstig vir voorsiening van ons finansies en dat Vader vir ons nuwe en meer ondersteuners sal opwek. Tans ervaar ons ‘n geweldige uitdaging rakende ons finansies.

*Name is vir sekuriteitsredes verander.

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.

For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or

https://gogetfunding.com/deo-valente-mission/


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page