25 Oktober 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke
- missions3
- Oct 20, 2021
- 7 min read
Gebednet.

2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.
25 Oktober 2021.
Liewe Vriende.
Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel (Hand 4:32).
Watter veranderings kom daar in 'n mens se lewe wanneer jy 'n kind van God word? Hoe verskil Christene van ander mense? Die meeste van ons weet nie eintlik meer hoe ons van die wêreld onderskei moet word nie. Wanneer ons na die eerste Christengemeente kyk, is dit duidelik dat hulle nuutgevonde geloof radikale veranderings in hulle lewe gebring het. Hulle was nie net oorstelp van vreugde oor hulle redding nie, hulle manier van lewe het ook drasties verander. Hulle lewe het 'n getuienis geword - 'n lewe in diens van God.
Hulle was een van hart en siel. Die gelowiges het 'n verbondenheid met mekaar ervaar. Hulle was aangetrokke tot mekaar. Is dit hoe ons as Christene na mekaar uitreik en mekaar in die geloof versterk? Die eerste Christene het mekaar ook fisiek bygestaan. Dit klink vir ons verstommend dat hulle nie hulle goed vir hulleself gehou het nie, maar dit met mekaar gedeel het. Het ons dalk te geheg geraak aan ons aardse goed en so minder geheg aan ons broers en susters in die geloof?
Hoe weet die mense dat jy 'n kind van God is?
Gebed: Here, maak my hande los van my goed sodat ek my hande met dade van liefde na my medegelowiges kan uitsteek. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings – 1 November 2021 In Suid-Afrika word verkiesings vir die Nasionale Vergadering, provinsiale wetgewers en munisipale rade gehou. Verkiesings volg op 'n vyfjaarsiklus, met nasionale en provinsiale verkiesings wat gelyktydig gehou word, en munisipale verkiesings vir plaaslike regering wat twee jaar later gehou is. Die 2021 Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings sal op 1 November gehou word om rade vir alle distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipaliteite in elk van die land se nege provinsies te verkies. Suid-Afrika het 504 politieke partye wat tans by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer is, met 357 van hulle wat die komende 2021 plaaslike regeringsverkiesings betwis. Waarom bid ons vir die verkiesing? In gebed nooi ons die Here uit om selfs leiers te kies wat ons sal toelaat om vreedsame en stil lewens in alle godsvrug en heiligheid te lei. Daarom vermaan ek eerstens dat smekinge, gebede, voorbidding en dank vir alle mense, vir konings en almal wat in gesag is, gemaak word, sodat ons 'n stil en vredevolle lewe in alle godsvrug en eerbied kan lei. Want dit is goed en welgevallig voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered moet word en tot kennis van die waarheid moet kom. (1 Timoteus 2:1-2). Die Bybel beveel ons om te bid vir diegene wat in leierskap is.
Road Trip-Pretoria. Esther se moeder is nie wel nie na ‘n ligte beroerte aanval. Ons beplan ‘n rit na Pretoria vanaf Somerset Wes en terselfdertyd na Nelspruit.Witrivier. Bid asseblief saam vir die logistiek, reëlings en voorsiening vir die reis en besoeke.
Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.
Vlugtelinge. Bid vir vlugtelinge in vlugtelingkampe wat voel dat hulle nêrens hoort nie. Bid dat die Here hulle in staat sal stel om 'n nuwe lewe vir hulself te bou.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 30% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.
SAT-7 Uitsendings. SAT-7: Loof die Here vir 'n kyker in Iran wat gered is & vertel ander van SAT-7. Bid dat baie meer gered sal word.
Bediening. Daar word daagliks bedien op verskeiem sosiale media platforms en die internet en e-pos waar 4533 Leiers daagliks bedien word. Plaaslik word ook uitgereik na hulpbehoewendes waar ons help met kos, klere, lugtyd en koopkrag elektrisiteit en word na 180 persone maandeliks uitgereik. Bid asseblief vir wysheis, openbaring kennis, onderskeiding en krag en uithouvermoeë. Dit is ‘n uitputtende daaglikse taak.
Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders. Ek was in Februarie 2020 laaste in Afrika op ‘n uitreik en in Zambia. Die geslote grense en pandemie het veroorsaak dat daar nie gereis kan word nie. Die koordineerders moet nou SELF die opleiding en uitreike behartig sonder die span van Suid Afrika. Malawi, Mosambiek en Kenya het met 100% gegroei en die span kwyt hulle werklik goed van die sendingtaak, maar Zimbabwe, Uganda en Zambia sukkel sonder die SA Span en sal moet besoek word binnekort. Bid vir oop deure asseblief.
Sendingvoertuig. Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en moet nou vervang word. Omrede ons finansiële posisie kan ons nie ‘n lening by banke bekom nie. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.
Kinders. Bid asseblief vir voorsiening vir somersklere en skoene vir ons twee seuns. Hulle kort dringend klere en skoene.
Sentraal-Asië. Toe Kalamat* se man haar en hul ses klein kindertjies verlede jaar verlaat het, het sy hulle amper na ʼn weeshuis gestuur en haar eie lewe geneem omdat sy nie vir hulle kon sorg nie. Geopende Deure se plaaslike vennote kon haar egter besoek met kos, het vir haar gebid en die Evangelie met haar gedeel. Sy het Jesus aangeneem. Bid vir haar veiligheid as ʼn gelowige tussen Moslems.
Oesbekistan. Toe drie ondergrondse kerke gesluit is, het drie families vanuit ʼn Moslem-agtergrond hul huise vir byeenkomste oopgestel. Hulle moes egter ophou weens druk van hul Moslem-familielede en gemeenskappe. Dié huiskerke was van kardinale belang vir plaaslike gelowiges. Bid dat hierdie kerke die geleentheid sal kry om weer bymekaar te kom.
Suid-Filippyne. Bid vir bevryding van die pandemie, armoede, politieke terreur en onderdrukking, wat die Kerk erg beïnvloed. Bid ook vir kerkleiers sodat God hulle wysheid sal gee om hul gemeentes te lei.
Maledives. Bid vir Geopende Deure-vennote in aangrensende lande wat ʼn hart vir die Maledives het. Hulle het al baie werk gedoen om Malediviese gesinne wat in hul lande bly, te help. Bid dat hulle toegerus en versterk sal word terwyl hulle dié mense dien.
Broenei. Hou aan om vir die leiers van Broenei te bid – sodat God se wil deur hulle sal geskied. Bid vir die koninklike familie, waar die sultan die hoogste vlak van mag in die land het.
Indonesië. Sommige radikale Islamitiese bewegings probeer al vir dekades om die Sjaria-wetgewing af te dwing, maar dit het misluk. Bid dat, ongeag hoe erg mense dit probeer afdwing, geen bose sameswering teen God se mense sal seëvier nie. Bid dat gelowiges niks sal vrees waar hulle as God se getuies tussen Moslems woon nie.
Palestynse Grondgebiede. Bid vir die doeltreffendheid van die onderskeie sosiale media-platforms wat geleenthede skep om bymekaar te kom en te leer. Hoewel die pandemie mense se vryheid van beweging beperk, skep dit ook geleenthede om aanlyn met medegelowiges bymekaar te kom.
Bid deur die 10/40 venster. Wes-Sahara 606 000 Moslems – 0% Christene;Yemen, 30,3 mil Moslems – Net 0,2% Christene;,Maldives 515 000 Moslems – 0%Christene;,Afghanistan 29,6 mil Moslems – 0%Christene., Djibouti 978 000 Moslems – Net 2,2%Christene;,India 1 387 mil Hindus – Net 2%Christene;, Iran 86,9 mil Moslems – Net 1,9%Christene;, Algeria 44,6 mil Moslems – Net 0,1%Christene;,Iraq 41 mil Moslems – Net 1,3%Christene;,Israel 8,7 mil Ethnic – Net 1,7%Christene;,Jordan 10,2 mil Moslems – Net 2,3%Christene;,Libya 6,9 mil Moslems – Net 2,5%Christene;,Japan 126 mil Buddhists – Net 2,2%Christene;,Bangladesh 165,6 mil Moslems – Net 0,3%Christene;, Mauritania 4,7 mil Moslems – 0,3%Christene;,Mongolia 3,3 mil Buddhists – Net 1,8%Christene;,Morocco 37,3 mil Moslems – Net 0,2%Christene;,Nepal 29,6 mil Hindus – Net 1,3%Christene;,Thailand 69,7 mil Buddhists – Net 1,3%Christene;, Tajikistan 9,7 mil Moslems – Net 0,4%Christene;,Somalia 16,2 mil Moslems – Net 0,3%Christene;,Pakistan 224.2 mil Moslems – Net 0,9% Christians;,Oman 5,2 mil Moslems – Net 2,8%Christene;,Niger 25 mil Moslems – 1,6%Christene;,Bhutan 777 000 Buddhists – Net 3%Christene;,Tunisia 11,9 mil Moslems – Net 0,4%Christene;,Turkey 85 mil Moslems – Net 0,6%Christene;,Uzbekistan 33,9 mil Moslems – Net 2,3%Christene;,Wesbank/Gaza 5,2 mil Moslems – Net 1,2%Christene.
Wat is Halloween? 31 Oktober. Halloween het sy oorsprong in Europa as 'n 'Feast of the Dead'. Op die aand van 31 Oktober sou mense feetjies naboots en deur-tot-huis bedel vir lekkernye, omdat hulle geglo het dat die geeste gepaai is deur hulle die een of ander aanbidding of 'n offergawe, soos kos of melk, aan te bied. 'n Ander manier waarop hulle geglo het dat hulle bose geeste kon afskrik, was om soos hulle aan te trek. Hulle het geglo dat geeste hulle nie skade sou berokken as hulle dit sou doen nie. Bid vandag vir diegene wat aan Halloween deelneem sonder om te besef wat die betekenis en oorsprong van die feestelikheid is. Vra dat die Heilige Gees Jesus Christus in die harte van baie mense openbaar en dat God mense sal vul met sy liefde, reinheid en heiligheid. Bid vir die redding van diegene wat by die okkulte betrokke is. Bid ook vir die beskerming van God oor u skole en gemeenskap. Bid dat mense hulle sal distansieer van haloween en nie daaraan sal deelneen nie. Skrifgedeeltes vir gebed en lees is Deuteronomium 18: 9-14, Jesaja 8:19, 1 Kronieke 10: 13-14.
*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 078 674 6125.
For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.
Commenti