top of page

25 Julie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jul 21, 2022
  • 4 min read

Gebednet.

25 Julie 2022.


Liewe Vriende


“Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.” 1 Samuel 17:45.


Die reus Goliat het die Israeliete behoorlik die skrik op die lyf gejaag. Hierdie groot Filistyn het al wat Israeliet is uitgedaag om teen hom te kom veg, maar niemand wou nie. Dawid, die jong skaapwagter wat sy broers op die slagveld kom besoek het, moes ook hoor hoe Goliat die Here se mense verkleineer sonder dat een van hulle iets daaraan kon doen. Hy het dadelik na koning Saul toe gegaan en gesê dat hy bereid is om teen die reus te veg.


Dawid se enigste wapens vir die stryd teen Goliat was vyf klein spoelklippies vir sy slingervel. Natuurlik het Goliat gelag oor hierdie klein mannetjie wat hom wou aandurf. Maar Dawid het daardie dag in die Naam van die lewende God teenoor Goliat stelling ingeneem. God se eer was op die spel; daarom was sy kneg vreesloos. Toe die Filistyne sien hoe Goliat met een klippie neergevel word, het hulle haastig op die vlug geslaan.


God het nie magtige krygers nodig in sy weermag nie. Een jongman wat vreesloos in sy Naam veg, is meer as genoeg, vandag nog! Moenie bang wees vir enige oormag nie. Met God aan jou sy, is jy altyd in die meerderheid. Veg daarom altyd in sy Naam.


GEBED: Heer, dankie dat U altyd 'n oormag is en in U is my beskerming, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Kenia. Ellah* het in ʼn Moslem-familie grootgeword en het met ʼn Moslem-man getrou. Toe sy tot bekering kom, het haar man gewelddadig geword. Bid vir Ellah se beskerming terwyl sy steeds die risiko neem om kerk toe te gaan, afgesien van haar man se opdrag om nie te gaan nie.

  2. Bhoetan. Bid vir die veiligheid van Christene wat in afgeleë dorpe bly. Wilde diere soos wildehonde, olifante en bere het verskeie mense in dié dorpe onlangs aangeval.

  3. Burkina Faso. “Bid vir die genesing van pyn en vrees. Soms as ons iemand hoor huil, herinner dit ons aan iemand wat gesien het hoe ʼn geliefde vermoor word en dis geweldig spanningsvol,” vertel pastoor Pengdwende.

  4. Sentraal-Afrikaanse Republiek. Bid vir die Here se voorsiening aan Sy kinders in die toenemende humanitêre krisis. Bid dat Christene maniere sal kry om ten spyte van die krisis ʼn inkomste te genereer en dat hulle na hulself en hul naastes sal kan omsien.

  5. Comore. Die wetgewing bepaal dat Islam die staatsgeloof is en dit beïnvloed elke aspek van die lewe. Daarom verduur Christene diskriminasie en marginalisering van beide die samelewing en hul families. Bid dat die klein Christelike gemeenskap afgesien hiervan sal bly groei

  6. Iran. Christen-bekeerlinge word voortdurend hof toe gesleep weens hul geloof. Bid vir ʼn verandering in Iran, sodat Christene hul geloof vrylik kan beoefen en dat diegene wat in die tronk is weens geloofsmisdade vrygelaat sal word.

  7. Libanon. ʼn Libanese Christen het gesê: “As ons vandag na God uitroep vir die Libanese,moet ons onthou dat elkeen die angswekkende taak het om te oorleef in ʼn tyd van skaarsheid, waar hulle geroep word om mekaar se laste te dra!” Versterk asseblief hierdie gelowiges in gebed.

  8. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  9. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  10. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening. Tans ervaar ons geweldige geestelike aanvalle op ons persoonlik,en het u GEBED baie nodig.

  11. Hulpfonds. Graag vra ons ASSEBLIEF hulp en donasies in ons Hulpfonds Rekening by Absa Bank: 93-6104-5805. Hierdie rekening word NET gebruik vir plaaslike hulp verlening projekte. Met fondse beskikbaar help ons mense in nood met kos pakkies , Pre-Paid Elektrisiteit en Selfoon *Lugtyd. Tans is daar geen fondse in die rekening nie en word ons oorval met navrae vir hulp en moet ongelukkig mense wegwys. Kan iemand dalk help? Al is dit net R10?

*Name verander weens sekuriteits doeleindes.


























Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.


Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.

For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.

You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.



 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page