top of page

25 Augustus 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Aug 23
  • 6 min read
Deo Volente Sending
Deo Volente Sending

25 Augustus 2025


Liewe Vriende.


“Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.” Jakobus 5:6.


Hierdie woorde van Jakobus is skerp en eerlik – ’n aanklag teen onreg wat teen die regverdige gepleeg is. Die Regverdige, wat ons ook in Christus sien, is stil onder vervolging, sonder wraak of weerstand. Dit wys ons ’n dieper waarheid: ware geregtigheid kom nie deur oordeel nie, maar deur genade – en dit begin by onsself.


Baie keer is ons vinnig om ander te veroordeel, stadig om ons eie sonde te bely, en selfs stadiger om ander te vergewe. Maar Jakobus herinner ons: as ons regtig in Christus leef, moet ons anders optree. Ons moet belydenis doen – eerlik wees oor ons eie sondes. En ons moet mekaar vergewe – soos Christus ons vergewe het.


Vergifnis is nie 'n teken van swakheid nie, maar van gehoorsaamheid en liefde. Wanneer ons bely en vergewe, bou ons nie net verhouding met mekaar nie, maar ook met God. Dis ’n daad van geloof én gehoorsaamheid.


Gebed: Here, leer ons om nederig ons sondes te bely en mekaar opreg te vergewe. Laat U liefde in ons harte leef, in Jesus Naam Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. SRI LANKA. Bid vir vertroosting en traumasorg vir Sasha. Sy het wrede doodsdreigemente weens haar geloof verduur. Haar pa, ʼn toegewyde Hindoe, het gedreig om petrol oor haar te gooi en haar lewend te verbrand. Bid dat die teenkanting vanaf Sasha se pa sal ophou, en dat sy in vrede en sonder vrees kerk toe kan gaan en kan aanbid. Bid dat Sasha se pa ook die Here sal leer ken. Vra God om Sasha te versterk terwyl sy die Evangelie met vasberadenheid deel. Bid dat sy meer Goddelike ontmoetings met ander sal hê wat meer oor Christus se hoop moet hoor en die vrede wat net Hy gee, moet ervaar.

  2. PLAASLIKE VENNOTE VAN GEOPENDE DEURE. Bid vir ons plaaslike vennote terwyl hulle sterk leiers kweek vir kerke met gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond, wat op hul beurt nuwe gelowiges dissipels sal maak. Sodra Geopende Deure-vennote in kontak kom met ʼn nuwe gelowige, probeer hulle om hom met ʼn plaaslike (ondergrondse) kerk te verbind. Dié werk is gewaagd. Bid vir leiding vir ons vennote. Die personeel in die Midde-Ooste het jou gebede nodig. Wanneer hulle geheime gelowiges besoek, moet hulle dikwels na geïsoleerde en onveilige gebiede reis. Bid dat die Here vervolgers se oë sal “verblind”.Bid vir uithouvermoë vir ons plaaslike vennote. Vra God om hulle te versterk wanneer hulle moeg en swak is. Bid veral vir goeie fisiese en emosionele gesondheid.

  3. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  6. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  7. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  8. Maand-Einde Verpligtinge. Ons wil graag u gebede vra vir die maand-einde verpligtinge van Deo Volente Sending. Bid asseblief dat die Here in elke finansiële behoefte voorsien, veral met die groei van ons bediening in Afrika. Sonder finansiële steun sal ons nie in staat wees om verder uit te brei nie. Mag die Here mense op die hart lê om Deo Volente op 'n konstante basis maandeliks te ondersteun via debietorder, hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Ons vertrou dat God getroue vennote sal oprig wat die bediening volhoubaar sal help dra. Baie dankie vir julle mededeelsaamheid en gebede. Mag die Here julle ryklik seën.

  9. Week van Gebed vir die Formele Sakesektor. Tema: “Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom…” – Jesaja 60:1.Doel: Bid vir sakeleiers én hul gesinne om Jesus te leer ken, Sy waarheid te omhels, en as agentskappe van Koninkryksverandering in die markplek te leef.

1. Integriteit en Eerlikheid in Saketransaksies

📖 Spreuke 11:1Bid dat sakeleiers met regverdigheid en eerlikheid sal optree, en hul gesinne sal leef volgens God se waarheid en geregtigheid.

2. Goddelike Wysheid en Onderskeiding

📖 Jakobus 1:5Bid dat sake-eienaars God se wysheid sal soek in alle besluite, en dat hul gesinne die Heilige Gees as bron van leiding en waarheid sal ken.

3. Rentmeesterskap en Vrygewigheid

📖 1 Timoteus 6:17–18Bid dat entrepreneurs God as Voorsiener sal erken en hul rykdom gebruik om ander te seën. Bid dat hul gesinne die vreugde van gee en dien sal beleef.

4. Regverdige Leierskap en Invloed

📖 Spreuke 29:2Bid dat sakeleiers met geregtigheid sal regeer en dat hul lewens 'n voorbeeld sal wees van Christus se leierskap. Bid vir gesinslede om getuie te wees van hierdie verandering.

5. Seën oor Werknemers en Regverdige Behandeling

📖 Kolossense 4:1Bid dat werknemers met deernis, regverdigheid en waardigheid behandel sal word. Bid vir gesinne om ook liefde en respek teenoor alle mense te toon.

6. Koninkryksdoel en Getuienis in Besigheid

📖 Matteus 5:16Bid dat besighede platforms vir die Evangelie sal wees, en dat die gesinne van sakeleiers getroue getuies van Jesus sal wees in hul gemeenskappe en werkplekke.

7. Herlewing en Transformasie in die Markplek

📖 Psalm 24:1Bid vir herlewing in die sakesektor en dat God se heerlikheid in elke industrie sal deurbreek. Bid dat gesinne geheilig en passievol vir Jesus sal leef.


ree








Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry



De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}

Absa Bank, Branch: 632005, Account: 93 6104 5805 {Africa}



Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page