top of page

25 April 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke

  • Writer: missions3
    missions3
  • Apr 21, 2022
  • 7 min read

Gebednet.



Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


25 April 2022.


Liewe Vriende.


“JESUS HET WAARLIK OPGESTAAN!” LUKAS 24:36-49

Die opgestane Jesus het 'n stuk vis gevat en voor die oë van sy dissipels ge-eet! Hy wil hê hulle moet weet dat Hy nie maar net 'n gees of 'n illusie is nie, maar werklik die liggaamlik opgestane Jesus. Dieselfde Jesus wat 'n paar dae vantevore voor hulle oë gekruisig is. Daarom vra hy ook dat die dissipels aan hom vat, dat hulle kan voel Hy het vleis en bene. Daarom wys Hy hulle die wonde aan sy hande en voete, dat hulle kan seker wees van sy identiteit. Jesus doen moeite dat sy dissipels moet verstaan dat Hy letterlik, liggaamlik opgestaan het. Dis ook vir ons belangrik om aan hierdie feit vas te hou veral omdat daar deesdae valse profete en dwaalleraars is wat beweer dat die opstanding nie regtig plaasgevind het nie. Hulle sien die opstanding as iets wat maar net in die gedagtes van die dissipels gebeur het. Hulle beweer die dissipels het aan hallusinasies gely.

Geliefdes, ons glo saam met die dissipels en al God se kinders deur die eeue :

Jesus het liggaamlik opgestaan en sy graf is leeg!


Belangrik : Die dissipels wat Jesus op hierdie dag gesien en aan Hom gevat het, was so oortuig van sy opstanding dat hulle later bereid was om te sterf vir hierdie waarheid! Die meeste van hulle het inderdaad marteldode gesterf omdat hulle vas gestaan het by hierdie oortuiging en getrou aan Jesus gebly het. Niemand sal willens en wetens vir 'n leuen sterf nie. Die dissipels was bereid om vir hierdie waarheid hulle lewens op te offer, want hulle het die Lewende Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet en was absoluut oortuig van die waarheid : HY LEEF!


Waarom is die feit van die liggaamlike opstanding so belangrik? Waarom kan niemand 'n Christen wees as hy nie werklik glo in die opstanding nie? Waarom is die feit van die leë graf ononderhandelbaar? Kom ons onderstreep net paar sake:

Die Opstanding bevestig dat alles wat Jesus gesê het waar is. Ons moet verstaan, Jesus het uitsprake gemaak wat die Fariseers omgekrap het soos byvoorbeeld : "Ek het mag om sondes te vergewe, Ek is die weg, die waarheid en die lewe, Ek gaan kom om te oordeel, Ek en die Vader is Een..." Onthou Jesus het soos ’n gewone Jood gelyk en geleef (Hy het nie ’n goue stralekrans om sy kop gehad en altyd in ’n spierwit kleed rondgeloop soos die Kinderbybels dit teken nie.) Die Fariseers het getwyfel in hierdie uitsprake. En toe sterf Jesus ook nog, die dissipels het dit voor hulle oë gesien (dink aan die twyfel - "hoe kan hy die Beloofde Verlosser wees, Hy sterf dan soos ’n vervloekte misdadiger, magteloos aan 'n skandpaal?) Maar dan die ongelooflike! Hier staan Hy, Hy praat met ons, Hy eet hier voor ons, ons vat aan Hom.... Daarom weet hulle (en ons) : "Ja, Hy is werklik wie Hy gesê het Hy is, Hy is waarlik die unieke Seun van God!"


Die Opstanding bewys dat alles wat die Skrif oor Jesus gesê het waar is. Dit gaan spesifiek hier oor die Ou Testament. Jesus vestig die dissipels se aandag op die uitsprake oor Hom in die Bybel van destyds, die Ou Testament! In al die Ou Testamentiese boeke, wat verdeel word in drie groot hoofdele (die wet van Moses, die Profete en die Psalms) is Jesus se koms en lyding en oorwinning voorspel. Nou kon die dissipels sien dat God getrou was aan sy beloftes oor ’n Verlosser (die Messias) Jesus gee vir hulle op hierdie oomblik ’n insig om te kan raaksien hoe al die Skrifuitsprake waar geword het in Hom. Jesus het reeds in die sinagoge van Nasaret uit die Jesajaboek gelees en vir die mense gesê dat Hy die Gestuurde is wat God beloof het. (Lukas 4:16-20) Nou kan die dissipels en ons weet Hy is waarlik die Beloofde Verlosser van wie God al eeue vantevore deur die profete gepraat het. Jesus se opstanding bevestig dat God se Woord waar en betroubaar is. Ja, al sy beloftes en al sy waarskuwings!

Die Opstanding beteken dat ons Jesus en sy boodskap ernstig moet opvat. Want Jesus leef! Jesus se uitnodigings aan sondaars, Jesus se beloftes van die ewige heerlikheid, maar OOK Jesus se waarskuwings oor die hel moet ernstig opgeneem word. Die Opstanding bewys dit was nie sommer net praatjies nie. Samevattend gaan dit oor die boodskap van bekering en vergewing van sondes! Het jy al self daarop gereageer, erns gemaak, jou bekeer en vergifnis ontvang?. Is ons besig om hierdie heerlike boodskap van hoop uit te dra? As Jesus dan die Redder is, as Jesus waarlik mense kan verlos van sonde en hel, dan moet ons Hom ook gehoorsaam om hierdie boodskap van bekering en vergifnis die hele wêreld vol oor te dra.. Die opgestane Jesus beveel dit. Jesus beloof ook dat sy dissipels die Heilige Gees sal ontvang en dit het ook so gebeur en die belofte van die Heilige Gees is ook vir ons! Die opstanding bewys Jesus is die enigste unieke Verlosser! Al die groot godsdiensfigure van die verlede (Boedha, Mohanmmed) het gesterf en is steeds dood! Ons aanbid ’n lewende Middelaar, ’n lewende hoëpriester: ons kan met Hom praat, ons kan ons harte voor Hom uitstort, ons kan Hom vertrou en ons kan met verwagting uitsien na sy koms!

Uit hierdie waarhede wat die opstanding bevestig het kan ons nog twee praktiese persoonlike gevolgtrekkings maak:Die opstanding gee persoonlike vaste sekerheid aan elkeen wat Jesus as Here aanvaar het.


Hoe so? Jy het Jesus aanvaar as Verlosser maar miskien twyfel jy partykeer, sal God nie tog maar die slegte goed wat ek gedoen het straf nie, wat van daardie een vreeslike ding, daardie aaklige sonde van 15 jaar gelede wat ek nooit kan vergeet nie...? Die feit van die opstanding is die bewys, dis die kwitansie dat God die betaling, die offer van sy Seun aanvaar het. Ons sekerheid lê in die vaste historiese feite van die kruis en die opstanding! Ons emosies kan wisssel, maar hierdie feite staan ewig vas! Die opstanding troos ons, want my sonde ja, ook myne is volledig gestraf, ek is vry!’


Die opstanding gee ’n heerlike hoop vir die toekoms. Ons almal moet geliefdes aan die dood afgee, ons almal moet self deur die Doodsjordaan gaan. In sulke tye troos die opstanding God se kinders. Jesus se fisiese opstanding is die waarborg van ons liggaamlike opstanding. So seker as wat die opgestane Jesus 'n verheerlike liggaam gehad het, so seker gaan ons ook eendag verheerlike liggame hê. Ons gaan ook opstaan met nuwe liggame, sonder smart en gebreke. Ons kan uitsien na nuwe verheerlikte liggame net soos Jesus s'n! (Fil 3:21) Ons sal volmaak wees soos HY!

Jesus het waarlik opgestaan. Hierdie feit is die fondasie van die kind van God se Verlossing!

Gebed:Dankie Vader dat ek kan lewe omdat jesus waarlik opgestaan het, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Verenigde Arabiese Emirate. Plaaslike Christene moet hul lewens lei op ʼn manier wat deur ander gedefinieer word, soos om nie gedurende die maand van Ramadan in die openbaar te eet en te drink nie. Bid dat God hul liggame sal versterk om aan hierdie vereiste te voldoen.

  2. Jemen.Die land volg die strengste interpretasies van Islam. Bekeerlinge kan die doodstraf kry as hul geloof ontdek word. Bid dat God hierdie bekeerlinge sal beskerm sodat hul geloof nie ontdek word nie.

  3. Gauteng/Mpumalanga Roadtrip. Ons beplan ‘n besoek aan Mpumalanga en Gauteng in Mei 2022. Bid asseblief vir veiligheid, besskerming, voertuig en voorsiening vir hierdie besoek.

  4. Kirgistan. Inheemse burgers wat hulle tot Christenskap bekeer, ervaar druk en soms fisiese geweld vanaf Moslems in die samelewing. Bid vir hierdie gelowiges se veiligheid en beskerming sodat hulle in staat sal wees om God te aanbid.

  5. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.

  6. Midde-Ooste. Talle mense in die Midde-Ooste wat Islam verlaat het en hulle tot Christenskap bekeer het, word deur hul families en gemeenskappe verwerp. Bid dat hierdie gelowiges familie en samesyn in die Liggaam van Christus sal vind.

  7. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  8. Nag van Krag. Dit word as die heiligste nag vir Moslems beskou, aangesien hulle glo dit is wanneer die engel Gabriel die eerste verse van die Koran aan Profeet Mohammed geopenbaar het en dat enigiets wat op hierdie nag gedoen word, tot baie seëninge sal lei. Bid dat hulle vannag vir Jesus, die bron van alle krag, sal ontmoet

  9. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

  10. Turkmenistan. Moslem-families, vriende en dorpenaars oefen veral druk uit op bekeerlinge, terwyl die regering ook talle beperkings plaas op die funksionering van Christelike kerke. Bid dat die Kerk in Turkmenistan ondanks dié struikelblokke sal groei.

  11. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds rekening 93-6104-5805 sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

  12. 60de Verjaarsdag.Die 23 ste Mei is dit my 60 de verjaarsdag en wil ek verneem of daar nie iemand is wat tyd deel punte of ' n vakansie huis vir ons beskikbaar kan maak vir ' n week nie ?My grootste begeerte en spesiale verjaarsdag wens is ' n week ( of langer ) vakansie aangesien ons in 2016 laas op vakansie was .

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page