24 Oktober 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Oct 20, 2022
- 3 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
24 Oktober 2022
Liewe Vriende
Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is (Joh 13:34-35).
In ons verhoudings met mekaar het die Inperking gedurende 2020 weereens bewys watter groot skade afsondering van ander aan ons verhoudings gedoen het. Dit is duidelik dat ons ons nie van ander mense durf afsonder asof ons niks met hulle te doen het nie. Wat ons verhoudings tot ander gelowiges betref, is die verantwoordelikheid soveel groter. Wanneer Jesus vir sy dissipels sê dat Hy vir hulle 'n nuwe gebod gee, bedoel Hy dat Hy aan die bekende gebod van die liefde nuwe betekenis gee. Die Jode het naasteliefde fyn uitgewerk tot 'n magdom reëls. Maar nou word liefde vir mekaar iets heel anders: Dit is nou 'n liefde na die voorbeeld van Jesus self, om lief te hê soos Jesus. In sy liefde gaan dit nie oor die nakom van reëls nie, maar oor onselfsugtige en opofferende diens aan mekaar. Ons kan dit as “voetwas-liefde" beskryf. Afsondering bring skade en het ons Koinonia nodig om te kan groei en te kan lewe.
As ons as Christene mekaar só liefhet, sal die wêreld weet dat ons dissipels van Jesus is. Jy onderskei jou nie as 'n volgeling van Jesus met mooi woorde of godsdiensoefeninge nie, maar met opregte dade van liefde. En dié oefening in liefde begin by jou medegelowiges. Bybelse liefde beteken om vir mekaar Christus te wees.
Gebed: Hemelse Vader, help my om so lief te hê dat mense sal weet ek is 'n dissipel van Jesus, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Geopende Deure-vennote. Prys God vir broers en susters wat aanhou streef om Geopende Deure se kernwaardes uit te leef. Bid dat God diegene wat ons vervolgde familie dien oorvloedig sal seën. Dankie vir almal wat Bid vir hierdie organisasie en hulle ondersteun. Bid ook vir elkeen wat werk en betrokke is by Geopende Deure.
Egipte. Bid vir jong Christene wat weens hul geloof sukkel om werk te kry. Baie is vaardig, maar word dikwels weens hul geloof werk geweier. Bid dat hulle nie moedeloos sal raak nie en dat die Here deure vir hulle sal oopmaak.
Afganistan. Bid vir uitgeweke en bedreigde Afgaanse gelowiges in vreemde lande. Bid dat hulle God se teenwoordigheid en liefde sal ervaar. Bid dat hulle geloof standvastig sal bly namate vervolging toeneem.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.
Nuwe Projekte. Daar is ‘n nuwe plaaslike projek waaraan ons besig is. Dit is uitdagend maar ook vervullend as dit reg hanteer word. Bid asseblief vir wysheid en onderskeidings vermoeë.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comentaris