24 Maart 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Mar 18
- 8 min read

24 Maart 2025.
Liewe Vriende.
“Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is” (Heb 11:13).
Soms gee God dié dinge wat ons van Hom vra – ander kere gaan die tyd verby sonder dat ons die vervulling van God se beloftes in ons eie lewe ervaar. Die Hebreërsbrief vertel van ’n hele klomp mense wat omdat hulle geglo het, dié dinge van God ontvang het wat hulle gevra het. Maar in Heb 11:13 lees ons van gelowiges wat nié die waarmaking van God se beloftes in hul lewe kon sien nie. Tóg het hulle bly glo omdat hulle na ’n “beter vaderland” verlang het en God se beloftes “uit die verte” gesien het. Ná hulle dood het God wel hulle begeertes waargemaak: “Hy het vir hulle ’n stad gereed gemaak,” staan daar in vers 16.
Indien jy op die oomblik soos hierdie groepie gelowiges voel wie se beloftes nie op aarde vervul is nie, mag jy óók soos hulle weet dat God steeds jou God is. Dat Hy vir jou ’n beter vaderland gereedmaak, ’n hemelse land waar alles wat jy ooit graag wou hê in vervulling sal tree, en waar jy vir altyd in volkome geluk saam met God sal leef. Skep dus moed! God weet van jou. Vertrou Hom om elkeen van sy beloftes vir jou waar te maak, al is dit dan nie in hierdie lewe nie.
Gebed: Here, soms raak ek baie moedeloos as ek in U bly glo en nie kan sien dat u beloftes in my lewe in vervulling tree nie. Help my om aan te hou glo tot u beloftes eendag vir my sal waar word in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
NEPAL.Staan vandag saam met pastoor Manoj Pokhrel. Hindoe-ekstremiste het sy kerkgebou aangeval. “Hulle het aangehou om ‘Hail Lord Ram’ te sing en die kerk aangeval,” deel hy. Bid dat hy nie moed sal verloor nie. Pastoor Manoj sê kerklede word nou gedreig en baie het opgehou om kerk toe te kom. God, ons vra U om ons broer aan te moedig terwyl hy voortgaan om U roeping om die kerk te lei, te volg. Shova en haar man, Pradip, wat albei nuwe gelowiges is, het vinnig die waarheid oor Jesus se woorde besef – dat hulle ter wille van Sy Naam gehaat sal word. Familielede, insluitend hul seun, het hulle verwerp. Bid vir God se ingryping. Die egpaar se seun en skoon-dogter laat hulle nie toe om met hul kleinseun te praat nie. “My seun sê hy sal ons net aanvaar as ons ons geloof verlaat. Ons sal Christus egter nie verlaat nie,” sê Shova. Vra God om versoening te bring.
INDIË. Namate anti-bekeringswette regoor die land strenger raak, staar meer Christene vals arrestasies in die gesig. Bid vir die onmiddellike vrylating van hierdie gelowiges. In Noord-Indië is daar elke maand meer as honderd vervolgingsvoorvalle. Gevolglik word dit al moeiliker om ons opleidingsessies aan te bied. Bid asseblief vir ons personeel se veiligheid en vir deursettingsvermoë. Bid vandag saam met ons vir krag vir sewe gesinne aan die kus van Indië. Hulle het fisieke mishandeling in die gesig gestaar en is uit hul gemeenskap verdryf. Die druk op hierdie vissersgemeenskap is so groot dat baie gesinne na hul Hindoe-godsdiens teruggekeer het – behalwe hierdie sewe gesinne. Alhoewel hulle geweldig sukkel, hou hulle aan om aan hul geloof vas te hou.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Afrika Uitreike. Ons as gesin gaan hierdie jaar op twee Afrika besoeke. Die logistiek is ingewikkeld. Bid asseblief saam vir hierdie uitreike asseblief.
ISLAMABAD, PAKISTAN. Bevolking: 1 266 790.Dominante godsdiens: Islam.Evangeliese Christene: Onbekend.Islamabad is die hoofstad van Pakistan. Die land is 'n tuiste vir 4 miljoen weeskinders en 3,5 miljoen. Afghaanse vlugtelinge. Bid dat Moslems in Islamabad geïnspireer sal word deur die krag van God wat in die lewens van Christene sigbaar is en tot oortuiging sal kom om ook in Hom te glo.
KARACHI, PAKISTAN. Bevolking: 17 648 600.Dominante godsdiens: Islam. Evangeliese Christene: Onbekend. Karachi is die 12de grootste stad ter wêreld. Godsdienstige minderhede, insluitend Christene, Hindoes en Moslem minderheidsgroepe, staar vervolging in hierdie stad in die gesig. Bid vir die burgers van Karachi om die Naam van die Here aan te roep in moeilike tye en op Hom te steun as hul toevlug en krag.
KUALA LUMPUR, MALEISIË. Bevolking: 8 815 630. Dominante godsdiens: Islam. Evangeliese Christene: Onbekend. Kuala Lumpur is die hoofstad van Maleisië, waar Moslem-, Boeddhiste en Hindoe-gemeenskappe langs mekaar woon. Bid vir evangelisasie geleenthede in Kuala Lumpur. Vra die Here vir 'n groot oes van siele in die Moslem-gemeenskap.
MAKASSAR, INDONESIË. Bevolking: 1 704 930. Dominante godsdiens: Islam. Evangeliese Christene: Onbekend. Makassar is die hoofstad van die Indonesiese provinsie, Suid-Sulawesi. Groter Christengemeentes word in die noordelike deel van die eiland Sulawesi gevind. Vra vir 'n wydverspreide openbaring van God se liefde regoor Makassar; vir harte om na Hom te draai en vir lewens om te verander deur die werking van die Heilige Gees.
MEDAN, INDONESIË. Bevolking: 2 521 590. Dominante godsdiens: Islam.Evangeliese Christene: Onbekend. Die meeste van Medan se inwoners is Moslems en maak ongeveer 66% van die bevolking uit. Die stad het 72 geregistreerde universiteite en kolleges. Bid vir eenheid tussen die verskillende Christelike groepe in Medan. Bid dat hulle sal saamwerk om die liefde van Jesus met hul Moslem-bure te deel. Roep God die Vader aan om Sy liefde aan die Moslem-jeug by opvoedkundige instellings in die stad te openbaar.
SURABAYA, INDONESIË. Bevolking: 3 137 620. Dominante godsdiens: Islam .Evangeliese Christene: Onbekend.Surabaya is 'n hawestad op die Indonesiese eiland Java. Nuwe wette verhoed Christene om geboue op te rig, wat gelei het tot die vernietiging van kerke en ander geboue in die besit van Christene. Bid vir die plant van huiskerke in hierdie stad waar persone wie soekend is na Jesus aan Hom, die Hoof van die Kerk en ons Opperherder, voorgestel sal word.
BANJARMASIN, INDONESIË. Bevolking: 799 706. Dominante godsdiens: Islam. Evangeliese Christene: Onbekend. Banjarmasin, die hoofstad van Suid-Kalimantan, is die tuiste van die Banjar-mense, 'n groot Suidoos-Asiatiese groep wat Islam en tradisionele animistiese oortuigings volg. Bid vir die Banjar se redding, dat die Skrif in hul taal beskikbaar gestel sal word, en dat sendelinge op God se uitnodiging sal reageer en seker sal maak dat niemand in die stad verlore sal gaan sonder om Hom te ken nie.
SRINAGAR, INDIË. Bevolking: 1 777 610. Dominante godsdiens: Islam. Evangeliese Christene: Minder as 1%. Srinagar is in die noorde van Indië geleë. Die Gujjars (ook bekend as Gurjars) en die Moslem Dogra-mensegroepe, wat Soennitiese Islam volg en min of geen blootstelling aan die Evangelie het nie, word in die stad verteenwoordig. Bid dat arbeiders na Srinagar gestuur word met die Evangelieboodskap dat Jesus vir die sondes van die wêreld gesterf het.
HYDERABAD, INDIË. Bevolking: 11 337 900. Dominante godsdiens: Islam. Evangeliese Christene: Onbekend. Hyderabad is die grootste en mees bevolkte stad in die staat Telangana. Met 43% van die stad se inwoners wat Moslems is, is Hyderabad 'n belangrike stad vir Islam. Bid vir die openbaring van Jesus, die Bron van die lewe, om die harte van die inwoners te vul. Bid vir hulle om weg te draai van geestelike duisternis en Sy lig te volg.
LUCKNOW, INDIË. Bevolking: 4 132 670. Dominante godsdiens: Hindoeïsme. Evangeliese Christene: Onbekend. Lucknow, die hoofstad van Uttar Pradesh, is bekend vir sy ryk kulturele erfenis wat Hindoe- en Moslem-tradisies meng. Bid vir die mense van hierdie stad om los te breek van familie- en godsdienstige tradisies, Jesus te ontdek, die koste daarvan te verstaan om Hom te volg en Hom waardig te vind om heelhartig te aanbid.
CHITTAGONG (CHATTOGRAM), BANGLADESJ. Bevolking: 5 653 490. Dominante godsdiens: Islam. Evangeliese Christene: Onbekend. Chittagong, 'n hawestad in Bangladesj, is die tuiste van die Bengaalse mense, die grootste onbereikte mensegroep ter wêreld. Die meeste beoefen 'n kombinasie van volks-Islam, Soefi-tradisies en Hindoeïsme. Bid vir die redding van die Bengaalse mense en hul herstelde verhouding met God. Vertrou Hom om in hul lewens te werk.
KOLKATA, INDIË. Bevolking: 15 845 200. Dominante godsdiens: Hindoeïsme. Evangeliese Christene: Onbekend. Kolkata is een van Indië se armste en mees oorbevolkte streke. Moslems maak ongeveer 20-25% van die bevolking in Kolkata uit. Christene maak ongeveer 2-3% van die stad se bevolking uit. Bring die armoedige gesinne in die stad voor God in gebed. Bid dat die lewenstyl van Christene ongelowiges sal inspireer om God se koninkryk te soek.
Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Account:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
“Some wish to live within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell!” (C.T. Studd)
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comments