top of page

24 Januarie 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke

  • Writer: missions3
    missions3
  • Jan 22, 2022
  • 4 min read

Gebednet.




Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


24 Januarie 2022.


Liewe Vriende.


“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos.”(Jes 61:1-2).


In hierdie profetiese vergesig hoor die Israeliete in ballingskap hoe die Messiaskoning hulle lot gaan verander. Daar kom 'n dag . Aan hierdie belofte het hulle met alle mag vasgeklou. Maar wat hou hierdie blye boodskap wat Hy bring vir die Israeliete in? Hulle word verseker dat God in sy genade die vyand sal straf en almal wat treur, sal vertroos. En, treur en trane het hulle goed geken. Lees maar Psalm 137.


Maar dis nie al nie. God gaan meer doen as net troos. Hy gaan iets positiefs in die plek van die trane gee. Luister net: “Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.” (v 3). God wil graag sien dat elkeen van sy kinders 'n vreugdelewe ervaar. Ons lewe moet 'n getuienis wees tot eer van God, om sy roem te vermeerder. So wil God ook hê moet my en jou lewe wees.


Gebed : Here, dankie dat U ook vir my 'n vreugdelewe begeer, help my om te glimlag en tot U eer te arbei en te lewe, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Mianmar.Bid vir versoening tussen die mense en militêre leiers in Mianmar. Bid vir die burgeroorlog om te stop en dat ʼn regverdige regering in die land herstel sal word.

  2. Indië. Bid teen “Ghar wapsi” (tuiskoms/omskakeling tot Hindoeïsme), wat kragdadig deur Hindoe-ekstremiste in sekere afgeleë afkomstig. Bid dat die regering ʼn plan sal voorstel wat alle gemeenskappe in die land insluit.

  3. Maleisië. Die regering het in Junie ʼn herstelplan geïnisieer wat geen voordele inhou vir armes en laer klas mense nie. Baie van die inheemse gelowiges is van hierdie groepe voorbereidheidopleiding kan implementeer, en ondanks reisbeperkings en probleme in bankdienste ons hulp aan gelowiges kan uitbrei

  4. Sri Lanka. Baie pastore, leiers en kerkplanters sukkel weens beperkings op samekomste om voldoende ondersteuning en geestelike voeding aan gelowiges te gee. Bid dat God deure sal oopmaak vir pastore en bedieningswerkers om hul kuddes te bedien.

  5. Bhoetan. Bid dat kinders wat gereeld aanlyn Sondagskool bywoon in hul geloof sal groei. Bid ook dat God al die Sondagskool onderwysers en vrywilligers wat elke week die kinders help om God se Woord te leer, sal seën en vir hulle sal voorsien.

  6. Mianmar. Bid dat die situasie in die land sal verbeter sodat ons opleiding soos vervolgings-voorbereidheidopleiding kan implementeer, en ondanks reisbeperkings en probleme in bankdienste ons hulp aan gelowiges kan uitbrei.

  7. Burundi. Toe Grace* se Moslem-man van haar bekering uitvind, het hy geweier om hul pasgebore seuntjie te sien of haar met die hospitaalrekeninge by te staan. Sy voel alleen en verlate. Bid dat God haar met Sy vrede sal vul en dat Hy in al haar en haar kind se behoeftes sal voorsien.

  8. Marokko. Saffiya* is op soek na ander gelowiges in haar stad. Bid dat sy ʼn groep sal vind om haar geloof mee te deel. Bid ook vir Abdel*,wat sy werk weens sy geloof verloor het. Bid dat hy ʼn nuwe werk sal kry.

  9. Afrika Bediening Span. Bid vir die Afrika bediening span, koordineerders en hulle gesinne en kinders. Dra elkeen aan die Here op vir beskerming, gesondheid, bediening en voorsiening. Bid vir Geoffrey Mputa, Raphael en Sofie Zimba, Moses en Grace Chikita, Precious en Annie Mokala, Fredson, Gloria, Jackson en Edith Dimba, Richartd Opiyo, Alex Masika, Vincent Thembeviro, Frederick Kasese, Fred Mbewe, Xavier en Mariana Simango, Anastancio en Betty Tivane, John Nell, Jonas Marovele en Foster. Elkeen het ‘n spesiale gawe en is “handpicket” deur die Heilige Gees vir die bediening span.

  10. Gesondheid. Bid asseblief vir Johan en Esther wat al twee uitdagings met hulle gesondheid het. My regterhand het geen gevoel en belemmer dit die werk op die rekenaar.

  11. Sendingvoertuie. Ons voertuie ondervind ons tans probleme mee, die bakkie het ‘n nuwe enjin gekry, maar die rekening vir arbeid moet nog betaal word en die kar is stukkend vanaf Maandag en is daar nie tans fondse vir herstelwerk nie. Bid asseblief vir die situasie. Bid ook vir ons fondsinsameling insiatief om suksesvol te wees. Kyk by: https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022

  12. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens

N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


The Lord provide and keep the ministry going through donations of friends & family. If you want to give in peace and joy a part of your mission budget – welcome!! Thank you for your obedience. Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!

Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38;


We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit:

https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Comentarios


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page