24 Februarie 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Feb 20
- 5 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
24 Februarie 2025.
Liewe Vriende.
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Rom 12:17-18.
Vergelding is die manier waarop jy ander dwing om te betaal vir die skade wat hulle jou aangedoen het. Jy kan jou vergeldingsdrang op verskillende maniere tot uitvoering bring. Jy kan 'n beskaafde regsprosedure volg (wat jou goeie reg is), of jy kan die reg in eie hande neem en die lewe vir jou teenstander onaangenaam maak. In alle gevalle beantwoord jy dan 'n slegte daad met 'n slegte daad. Probeer eerder om teenoor alle mense goedgesind te wees. Probeer altyd eers die roete van omgee, begrip en moontlike versoening volg. Kry daardie wrewelrige drang na vergelding uit jou sisteem. Dit vergiftig jou net.
Paulus stel 'n positiewe ingesteldheid voor: Lewe in vrede met alle mense. Ja, goed, dit is natuurlik nie altyd moontlik nie. Daar kom tye dat die ander party nie wil toelaat dat die kloof oorbrug word nie. Daarom sê Paulus "as dit moontlik is" en "sover dit van julle afhang". Maar jy moet toegee dat dit dikwels moontlik is om die kloof te oorbrug en dat dit dikwels van jóú afhang . Is jy bereid om eerder vrede te soek as vergelding?
Wat maak jóú gelukkig: vergelding of vrede?
Gebed:Here, gee my die genade om eerder vrede te soek as om vergelding te bly eis. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
IRAN.Vra God om Iran se nuwe president, Masoud Pezeshkian, te lei, sodat hy ʼn openheid vir alle minderhede,insluitende Christene, sal nastreef. Bid vandag vir hom op sy naam. Bid vir die geheime kerke –dat God hierdie netwerke van ondergrondse gelowiges sal beskerm en vir hulle ʼn gees van krag sal gee, nie ʼn gees van lafhartigheid nie. (2 Timoteus 1:7). Bid vir Fatehmeh, ʼn Iranse Christen wat in konstante vrees lewe as gevolg van die regering se vervolging en gereelde polisieklopjagte op huiskerke. Haar man is in hegtenis geneem en haar dogter, Shirin* – haar grootste bekommernis – ly aan angs. Here, ons bid dat U aan hierdie familie U vrede sal gee. Terwyl die Kerk in Iran aanhou groei, bid dat God die uitbreiding van sy Koninkryk sal seën en bemagtig om voort te gaan.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan/camper of parkhome sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Afrika Uitreike. Ons as gesin gaan hierdie jaar op twee Afrika besoeke. Die logistiek is ingewikkeld. Bid asseblief saam vir voorsiening asseblief.
LONDEN, VERENIGDE KONINKRYK.Bevolking: 9 748 030, Dominante godsdiens: Christendom. Evangeliese Christene: 2-3%. Vlugtelinge en asielsoekers dra by tot nuwe gemeenskappe van Viëtnamese, Koerde, Somaliërs, Eritreërs, Irakeërs, Iraniërs, Brasiliane en Colombiane wat in Londen ontstaan. Bid dat God se Koninkryk onder bogenoemde volksgroepe gevestig sal word (Lukas 10:1-9).
PARYS, FRANKRYK. Dominante godsdiens: Christendom. Evangeliese Christene: 2-3%. Daar is na raming 5,7 miljoen Moslems in Frankryk. Parys is die belangrikste middelpunt van hierdie kulturele toestroming. Bid dat almal wat Parys binnegaan die Here sal ontmoet wat liefde, reg en geregtigheid bewys.(Jeremia 9:24c).
DIE JEUG, Bid vir Simeon en Joshua se jeug jeug bediening wat twee maal per maand bymekaar kom.
MÜNCHEN, DUITSLAND. Bevolking: 1 576 420,Dominante godsdiens: Christendom. Evangeliese Christene: 2.1%.In 2015 het een miljoen vlugtelinge Duitsland binnegekom, van wie baie in München beland het. Die Russiese inval in die Oekraïne het ook die aantal vlugtelinge verhoog.• Bid dat die Kerk in München sout en lig sal wees vir die vlugtelinge en migrante wat die stad binnekom (Matteus 5:14-16).
Finansies. Bid asseblief ernstig vir voorsiening van ons finansies en dat Vader vir ons nuwe en meer ondersteuners sal opwek. Tans ervaar ons ‘n geweldige uitdaging rakende ons finansies en maand-einde betalings is ‘n groot uitdaging.
Eindtye. Bid dat mense nie deur vrees en valse profete verlei sal word om enige iets te glo nie, maar self die Bybel te ondersoek en te bid.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Comments