24 April 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Apr 18, 2023
- 6 min read

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
24 April 2023.
Beste Vriende.
“En Moses het met die stamhoofde van die kinders van Israel gespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: As iemand aan die HERE 'n gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan. Maar as 'n vrou aan die HERE 'n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug, en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees. Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en die HERE sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het. Maar as sy trou terwyl haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het, en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees. Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en die HERE sal haar dit vergewe. Maar die gelofte van 'n weduwee of van 'n vrou wat verstoot is — alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees. En as sy in die huis van haar man 'n gelofte doen of haarself met 'n eed verbind om haar te onthou, en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees. Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en die HERE sal haar dit vergewe. Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig — haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak. Maar as haar man van dag tot dag geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar geloftes of elke onthouding waartoe sy verbind is, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het. Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, dan dra hy haar ongeregtigheid. Dit is die insettinge wat die HERE Moses beveel het tussen 'n man en sy vrou, tussen 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is.” {Numeri 30:1-16.}
Moenie te gou 'n gelofte aan God doen nie. Dit kan jou duur te staan kom, want God onthou wat jy beloof.
Omdat mense in die Bybelse tyd so maklik allerhande geloftes afgelê het en om elke hoek en draai dinge aan God beloof het, het Jesus later in die Bergrede 'n verbod op geloftes geplaas. Hy sê in Matteus 5:33-37 dat ons "ja" maar net "ja" moet wees en ons "nee", "nee"! Mense met integriteit doen sommer by voorbaat die regte dinge. Hulle hoef nie beloftes in God se Naam af te lê nie. God hoor al ons woorde en sien al ons dade, daarom hoef ons Hom nie te probeer beïndruk met spesiale verbintenisse en geloftes nie.
Is jou "ja" werklik "ja"'? Kan die Here en ander mense peil trek op elke woord en daad van jou? Of moet jy eers sweer of plegtig voor God beloftes maak voordat ander jou ernstig opneem? Wel, sorg dan dat elke woord van jou van nou af in plek is. Praat die waarheid en leef dit. Dan sal ander mense jou ernstig neem. Ja, dan is jy 'n man of vrou met integriteit.
GEBED: Here Jesus, laat my woorde altyd waar wees.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Gesinsdag. Talle van ons vervolgde broers en susters is deur hul families verstoot of het geliefdes weens hul geloof aan die dood afgestaan. Bid dat hulle, as gelowiges van een Liggaam, daaraan herinner sal word dat hulle ʼn familie in Christus het wat vir hulle bid en lief is.
Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.
Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.
Vryheidsdag. Terwyl ons vandag ons vryheid as Suid-Afrikaners vier en herdenk, laat ons die gelowiges onthou wat weens hul geloof gevange geneem is, ontvoer is of tronkstraf uitdien. Bid dat God aan hulle vrede sal gee en dat hulle die ware vryheid wat hulle in Christus het, sal onthou.
Finansies. Bid vir voorsiening om al ons maand-eind verpligtinge na te kom. Tans ontvang ons net 30% van ons maandelikse begroting. Bid dat God nuwe ondersteuners vir ons sal opwek en dat mense ons nie sal vergeet nie. Bid dat God mentors stuur om ons hande hoog te hou in die bediening.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Sending/Mission
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comentários