23 Oktober 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Oct 20, 2023
- 7 min read

Gebednet
23 Oktober 2023.
Beste Vriende.
"Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om vir julle 'n toekoms en 'n hoop te gee." {Jeremia 29:11}
Ons kom hierdie week in nederigheid en afhanklikheid voor Vader se troon vir rigting in ons lewens, want ons weet dat Hy ons ken en liefhet. Ons staan op die belofte In Jeremia 29:11 wat sê dat God gedagtes van vrede oor ons het, om vir ons 'n toekoms en 'n hoop te gee. Daarom neem ons hierdie belofte hierdie week aan met 'n dankbare hart.
Heer, ons erken dat ons soms verward is oor die rigting van ons lewens. Ons weet nie altyd wat die regte besluite is om te maak nie. Maar ons glo dat U ons wil leidsman wees. Ons vra dat U ons wysheid gee om U wil te verstaan en moed om dit te volg.
Ons vra ook vir U genade en geduld terwyl ons op hierdie reis van geloof is. Help ons om in U te vertrou, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie. Laat ons harte bereid wees om na U te luister en U leiding te gehoorsaam. Mag ons ook 'n dieper verhouding met U ontwikkel en U vra vir rigting in ons lewens. Mag ook die versekering hê dat U gedagtes van vrede oor ons het en dat U ons sal lei na 'n toekoms van hoop.
GEBED: Dankie, Here, vir U liefde, genade, en beloftes. Ons vertrou ons lewens aan U toe en vra vir U leiding. In die kosbare Naam van Jesus Christus, ons Verlosser, bid ons. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“We are not fundamentally free; external circumstances are not in our hands, they are in God’s hands, the one thing in which we are free is in our personal relationship to God. We are not responsible for the circumstances we are in, but we are responsible for the way we allow those circumstances to affect us; we can either allow them to
get on top of us, or we can allow them to transform us into what God wants us to be.”-OSWALD CHAMBERS
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Burkina Faso.Burkina Faso het in 2022 ʼn militêre staats-greep beleef. Dit is uiters moeilik om te midde van politieke onrus stabiliteit te ewerkstellig. Bid vir wysheid vir die regering en beter politieke omstandighede, waarin mense veilig en produktief kan leef. Fati* is ʼn voorbeeld van God wat in die lewens van gewelddadig vervolgde gelowiges werk. Sy en haar gesin het ná ʼn verwoestende aanval deur militante uit hul dorpie gevlug. Prys God vir hierdie jong ma se onwrikbare geloof. Burkina Faso is steeds een van die wêreld se lande wat die minste ontwikkel is. Nagenoeg 80% van die bevolking is vir oorlewing by bestaansboerdery betrokke. Bid vir voldoende reën sodat die mense kan eet.
Sub-Sahara Afrika. Jihadistiese groepe is aktief betrokke in ʼn toenemende aantal lande in sub-Sahara Afrika. Bid vir wysheid vir die leiers en regerings om hul bevolkings te beveilig en hul mense teen dié skrikbewind te beskerm.
BYBELVERTALING-Papoea-Nieu-Guinee. Daar is 1 000 Owenia-sprekers in die Obura-distrik, die Oostelike Hoogland-provinsie van sentraal Papoea-Nieu-Guinee. Daar is geen Skrifgedeeltes en geen aktiewe vertaalprojek in hul taal nie. Hulle het geen toegang tot God se Woord in 'n taal wat hulle verstaan nie. Bid vir werkers om hierdie spesifieke vertaalprojek te begin. Vra dat 'n goddelike verbintenis met 'n Christen Owenia-sprekende persoon gevestig word om die vertaalproses te help. Bid ook vir die nodige fondse om die vertaalprojek te vestig en te onderhou tot en met voltooing.
Tanzanië. Die Nyiha Nuwe Testament is op 17 Mei 2023 in Tanzanië bekendgestel. Getuienis: 'As ek in Nyiha-taal preek, raak mense so stil. Dit is omdat hulle baie goed verstaan. En wanneer hulle verstaan, bekeer hulle en verander hulle. Hulle is baie gretig om die Woord van God in hulle taal te hoor.' 'Nou is ek bly om te weet dat God met alle mense in hulle tale praat. Hy praat al ons tale!' Dank die Here vir die Nyiha Nuwe Testament. Bid dat baie Nyiha-mense gered sal word en tot kennis van die Seun van God en van die waarheid sal kom. Die Ikoma Nuwe Testament is op 10 Maart 2023 in Tanzanië bekendgestel. Getuienis: 'Ek is regtig bly, God het vir ons die Nuwe Testament in Ikoma gegee. Ek kan dit saam met my kinders lees, ons kan dit saam lees. Dit is die werk van God! God is goed!' Prys die Here vir die Ikoma-mense wie die evangelie in hul moedertaal kan lees. Vra die Here dat baie Ikoma-kinders die Here Jesus as hulle Verlosser sal ken. Mag die Gees self saam met hulle gees getuig dat hulle kinders van God is (Romeine 8:16).
Nigerië. In Nigerië het die getal mensegroepe met geen Skrif die afgelope jaar van 169 tot 111 gedaal! Dit is 58 tale waar Bybelvertalingswerk begin het. Nuwe tegnologie het 'n impak op Bybelvertaling, wat plaaslike Bybelvertalers in staat stel om hoë gehalte vertalings vinniger as ooit te produseer. Prys die Here dat Bybelvertalingsprosesse deur nuwe tegnologie versnel word. Bid vir elke Nigeriër wat 'n nuwe Bybel ontvang vir 'n honger en dors na die geskrewe Woord van God.
Indonesië. Die Tado Nuwe Testament is op 22 Oktober 2022 in Lindu, Indonesië, bekendgestel. Getuienis: 'Die bekendstelling van die Woord van God aan ons het ons gemeenskap gehelp om ons gewoontes en ons karakter te verander en ons geleer hoe om nader aan God te wees... Jesus is nou 'n boorling van Lindu. Hoekom? Want ons hoor hom in Tado met ons praat.' Hou aan bid dat God jongmense voorberei wat hulle lewens aan Bybelvertaling sal wei. Bid dat bestaande vertaalprojekte goed sal verloop en binnekort afgehandel sal word.
Burkina Faso. Die Nuna van Burkina Faso het hulle Nuwe Testament op 3 Junie 2023 ontvang. Verlede jaar het die Here baie gebede verhoor toe die span die Nuwe Testament geskryf, gedruk en afgelewer het aan die Noord-Nuni-sprekendes. Gelowiges bly groei in die Skrif en bely hulle geloof in Jesus. Bid vir 'n effektiewe program waar die Skrif verduidelik word aan die Numa sodat die hulle die Nuwe Testament met begrip kan lees, bestudeer en toepas. Bid vir voortgesette verspreiding van die Nuwe Testament.Bid vir 'n honger na God se Woord en 'n volhoubare impak op die gemeenskap
Mexico.Die Suidwestelike Tlaxiaco Mixtec-span het opgeneemde weergawes van die Nuwe Testament asook Genesis op MegaVoice-spelers versprei, wat sonkrag-aangedrewe digitale oudiotoestelle is wat konstante toegang tot die Skrif bied. Een vrou wat 'n MegaVoice-speler ontvang het, het na die Skrif geluister en gedeel dat sy besef dat "daar nie baie heiliges en gode is nie; daar is net een God." Ander was opgewonde om hul taal deur die toestelle te hoor. Bid dat die Suidwestelike Tlaxiaco Mixtec-gemeenskap van Mexico aktief betrokke sal raak wanneer die Skrif verduidelik word. Die mense woon in hegte gemeenskappe, en baie het vrese oor wat ander van hulle sal dink en sê as hulle die evangelie aanneem.
Hande. Bid asseblief vir my hande waarin ek Kardio Tonnel Sindroom het. Die regte hand is die ergste en is rekenaar tik en skryf ‘n geweldige uitdaging vir my. Bid asseblief vir volkome genesing, maar as Vader die dokters wil gebruik dat daar voorsiening sal wees ook daarvoor.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied en ons binnekort die regte karavaan of camper sal kry. Dit is ‘n krises tans, maar ons weet God sal voorsien en is nooit te laat nie.
Suid Afrika-DRAAI TERUG NA GOD. Terwyl Esra voor die tempel gekniel en gebid en belydenis gedoen het, het 'n groot aantal Israeliete rondom hom kom staan, mans, vrouens en kinders. Hy het gehuil en die mense het ook hard gehuil. (Esra 10:1). Bid vir diepe berou oor sonde om in die harte van God se mense te roer terwyl hulle Sy Woord lees. Bid vir 'besnydenis' van hul harte deur die diepe oortuiging van die Heilige Gees. Bring die sonde van jou land voor God terwyl jy bid: Here, hierdie ellende het oor ons, oor ons konings, oor ons leiers en oor ons familiehoofde gekom omdat ons teen U gesondig het. Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U. Ons was nie aan U, Here ons God, gehoorsaam nie, ons het nie volgens u wil gelewe nie, u wil wat U deur u dienaars, die profete, aan ons gegee het. (Daniël 9:8-10).
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
https://gogetfunding.com/deo-valente-mission/
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments