23 Junie 2025. Weeklikse Manna {Getuienis} en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jun 19
- 12 min read

23 Junie 2025
Liewe Vriende.
“ Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE! “.Psalm.27:14.
Ek wil my getuienis deel oor 'n ongewone ervaring wat ek Maandag-oggend, 16 Junie gehad het, wat my herinner het aan God se voorsiening in tye van nood.
Met die einde van Mei-maand het ons 'n paar verpligtinge wat nagekom moet word: ons moet krag koop, medisyne aanskaf, en ook sendinguitgawes dek vir die Zambia-2025 uitreik is dit alreeds 16 Junie vandag.In my moedeloosheid het ek besluit om kontak te maak met "We Buy Cars" gister om ons motor te verkoop, net om die nodige fondse te bekom om ons verpligtinge na te kom.
Ek het gebid vir 'n spesifieke bedrag, en tot my verbasing het "We Buy Cars" my R23,000 aangebied—presies die bedrag waarvoor ek gebid het. Vanoggend het hulle gekom om die motor te besigtig. Voor hul aankoms het ek egter ontdek dat die agterwiel pap was. Ek het dit omgeruil, maar toe ek die motor wou start, wou die sleutel nie in die slot ingaan nie. Na 'n paar pogings het ek uiteindelik die sleutel ingekry, en die enjin het baie mooi geloop.
Toe die mense van "We Buy Cars" arriveer, was hulle positief oor die motor. Hulle het gesê dit lyk baie mooi en glo dat ons meer as R23,000 kan kry, maar daar moes eers 'n padtoets gedoen word. Ek het die motor aangeskakel en kon sonder probleme uit die motorhuis ry. Maar toe hulle die enjin kyk en vir die padtoets wou gaan, het die motor skielik geweier om te start! Die battery was pap.Hulle het probeer om die motor met jumpers te start, maar elke poging het gelei dat die starter saamhardloop en moes hulle weer afskakel. Toe ek weer probeer, het ek rook onder die dashboard gesien, en die motor het glad nie meer gestart nie.
Die aankoper van "We Buy Cars" het toe gesê hulle sal nie die motor koop nie en het gery.
Ek was so teleurgesteld, want die verkoop van die motor sou ons in staat gestel het om al ons verpligtinge na te kom en ekstra. Ek kon nie help om te voel dat al my pogings tevergeefs was nie, en was daarna terug op my knieë, om te bid want daar was nie eens pap of brood in die huis nie.Ek het 'n gebedsversoek uitgestuur vir pap, brood en melk. Skaars 15 minute later is R300 in die rekening inbetaal net met verwysing: pap, melk. "Capitec: Payment +R300.00 into SENDING; Ref pap, melk.....; Avail R301.00; 16-Jun. Info: WhatsApp 067 418 9565"
Daar was net R1 in die rekening en na die inbetaling R301 en kon ons dadelik kos gaan koop.
In my oomblik van moedeloosheid en eie planne maak deur ons motor te wou verkoop is ek net weer herinner aan God se genade en dat Hy in al ons omstandighede teenwoordig is. (Ek het toe my moedeloosheid en eie planne maak bely) Ek het Genesis 12 & 15 gekry van waar God vir Abram gesê het hy gaan 'n groot nageslag hê. Abram en Sara was oud en het eie planne gemaak deurdat Sara haar slavin Hagar vir Abram gegee het. Maar God is getrou aan Sy belofte en het Hy nie net Abram herstel nie, maar ook sy naam verander na Abraham! So ook Dawid, Saul en Aäron het eie planne gemaak.
Ek weet dat Hy steeds 'n plan het en dat ek Hom moet vertrou om ons te help, selfs in die moeilikste tye. Ons benodig die bedrag van R20 000 om oor twee weke te vertrek op ‘n uitreik na Zambia. As die geld nie ontvang word teen 30 Junie nie dan weet ons dat die Zambia uitreik gekanseleer moet word. Ons wag op die Here dat Sy wil geskied en maak nie planne om ons kar te verkoop nie!
Ek hoop dat hierdie ervaring nie net my geloof versterk het nie, maar ook ander aanmoedig om op God te vertrou in tye van nood en nie eie planne maak soos ek gedoen het nie. Maar God is getrou, die motor is nie verkoop nie.
Gebed: Vader help my om in alle omstandighede op U te wag en weerhou my daarvan om eie planne te maak, laat U wil geskied in alle omstandighede in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
ISRAEL–IRAN KONFLIK. 17 Junie 2025. Op 13 Junie 2025 het Israel Operasie Rising Lion van stapel gestuur, met lugaanvalle wat meer as 100 strategiese Irannese teikens getref het—insluitend kern-, missiel-, militêre en media-infrastruktuur—en het topkommandante van die IRGK (Islamitiese Revolusionêre Wag) en kernwetenskaplikes gedood. Iran het onmiddellik wraak geneem met missiele en hommeltuigaanvalle op Israeliese stede, wat verskeie burgerlike slagoffers veroorsaak het. Baie meer is sedertdien aan beide kante dood en gewond. Wanneer jy bid oor die konflik tussen Israel en Iran, kan dit help om jou versoek op vrede, genesing en wysheid vir almal wat betrokke is te sentreer. Hier volg ’n paar benaderings en temas om in jou gebed te oorweeg: BID VIR VREDE EN VERSOENING:Vra God om verharde harte sag te maak en versoening tussen teenstanders te bring. Bid dat konflik plek sal maak vir dialoog, en dat leiers aan alle kante ’n pad na volhoubare vrede sal vind. BID VIR WYSHEID EN LEIDING VIR LEIERS:Smeek vir goddelike wysheid vir politieke en militêre leiers, sodat hulle paaie sal kies wat verdere bloedvergieting voorkom. Vra dat hulle duidelike insig en begrip ontvang wat lei tot regverdige en deernisvolle besluite. BID VIR BESKERMING EN TROOS VIR DIE ONSKULDIGES: Fokus op die burgers wat deur die geweld geraak word. Bid vir hul veiligheid, genesing en veerkragtigheid. Vra dat God se genade uitgestrek sal word na gesinne, gemeenskappe en individue wat die pyn van die konflik dra. BID VIR DIE TRANSFORMASIE VAN WOEDE NA HOOP: Vra dat gevoelens van vrees, haat of wraak plek maak vir vergifnis, hoop en konstruktiewe verandering. Nooi God se transformerende krag om die narratief van oorlog na een van herbouing, genesing en wedersydse begrip te verskuif. BID VIR DIE EINDE VAN GEWELD: Bring ’n innige pleidooi dat die instrumente van oorlog stilgemaak word, en dat geweld nie voortgaan om lewens te eis of gemeenskappe te verwoes nie. Beklemtoon die verlange na blywende vrede, waar oorlogswapens plek maak vir genade en geregtigheid. BID DIE SKRIF: a) Psalm 91:1–2. "Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal van die Here sê: Hy is my toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou." Gebed: Here, verberg U mense onder U skaduwee. Wees ’n toevlug vir die onskuldiges, ’n skild vir die swakkes en ’n vesting in die dag van benoudheid.b) Jesaja 2:4,"Hy sal reg spreek tussen die nasies en hulle teregwys. Hulle sal hul swaarde omsmee in ploegskare en hul spiese in snoeimesse. Geen nasie sal meer teen ’n ander ’n swaard ophef of oorlog leer nie." Gebed: God van vrede, bring U regverdige oordeel oor die nasies en leer die wêreld U pad van vrede. c) 2 Kronieke 20:12. "O onse God, sal U hulle nie oordeel nie? Want ons het geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons opkom nie, en ons weet nie wat ons moet doen nie; maar ons oë is op U."Gebed: Vader, in tye van groot onsekerheid hou ons ons oë op U gevestig. Lei die leiers, beskerm die burgers, en strek U hand uit in geregtigheid en barmhartigheid. [Hierdie gebedsriglyne is met toestemming geneem van Dialogos Ministries, wat die Kerk en sendinggemeenskap toerus. Vir meer inligting en gebedsdekking, besoek: https://dialogos.co.za/] {Hierdie gebedsversoek is vertaal vanaf Engels na Afrikaans. Spesifieke woorde mag dalk verkeerd vertaal wees.}
CHINA. Ons plaaslike vennoot in Sentraal-China het onlangs gebed vir ʼn Bybelklas met 30 studente versoek. Die klas kom op ʼn geheime plek bymekaar en onderwysers het twee jaar in die geheim onderrig gegee. Ons vennoot deel: “Die onderwyser het vir my gesê: ‘Die situasie raak al dringender. Vroeg in 2024 is ʼn Bybelklas aan die kaak gestel en die onderwyser is nou ʼn gesoekte man.’” Bid vir beskerming. Die polisie het ʼn paar aande gelede probeer om ʼn kerk in ʼn nabygeleë dorp aan te val, het ʼn onderwyser gesê. Neem ʼn oomblik en dink oor hoe jy sou voel as jy in hierdie situasie was. Bid vurig vir onverstoorbare vrede. Bid vir vrymoedigheid en onderskeidingsvermoë vir die studente, wat groot risiko’s neem om Bybelklasse by te woon en daaraan deel te neem. Bid vir die geestelike oorlogvoering in China. Vra God om die geloof van Chinese Christene, veral nuwe gelowiges, te versterk en Sy hand oor hulle te hou. Vra God om die liggings van die Bybelklasse veilig te hou en kragtige maniere van beskerming en onderrig in dissipelskap te voorsien. Bid vir die volgende generasie van die wêreldwye Kerk. Bid spesifiek vir die Kerk in China dat dit in 2025 sal floreer en ondanks die beproewings wat dit in die gesig staar, vir baie mense hoop sal bring.
ZAMBIA-2025. Ons is uitgenooi na ‘n konferensie in Livingston-Zambia as gesin en om te bedien. Ons moet 5 Julie vertrek {Oor twee weke van nou af}, die vliegtuig kaartjies is nog nie gekoop nie a.g.v. fondse. As daar nie teen 30 Junie R20 000 vir die uitreik beskikbaar is nie, sal Zambia-2025 gekenseleer moet word. Bid asseblief saam. Ons bid en wag op die Here dat Sy wil geskied en maak nie planne om ons kar te verkoop nie!
Kanaal 7-Namibia. Ons vra asseblief vir gebed vir: 'n Geseënde en suksesvolle Radiothon fondsinsamelingsprojek in Julie/Augustus; Vader weet hoeveel fondse hulle benodig. 'n Positiewe gesindheid en betrokkenheid van die gemeenskap. Vrywilligers wat gewillig is om hul tyd en energie aan hierdie projek te wy. Ons wil ook graag versoek dat daar spesifiek vir ons personeel gebid word: vir wysheid, krag en volharding in hul daaglikse take, asook vir geestelike en emosionele versterking.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Prys die Here vir Sy Goedheid en Guns. ‘n Persoon het ‘n karavaan vir ons aangebied. Ons loof en Prys die Here en mag Vader die persoon duisendvoudig seen.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Enige bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Verjaarsdae-Simeon & Joshua. Soos julle dalk weet, het ons twee baie spesiale verjaardae wat op die horison is — Simeon se 21ste op 25 Junie en Joshua se 17de op 26 Junie. Hulle is nie die tipe mense wat veel vra nie, maar ons wil graag hierdie verjaardae vir hulle ekstra spesiaal maak hierdie jaar. Ons hoop om ‘n klomp verjaarsdag boodskappe, goeie wense, of selfs net ‘n vinnige herinnering of snaakse oomblik wat julle saam met hulle gedeel het, bymekaar te maak. As julle ‘n paar minute kan neem om ‘n verjaarsdag boodskap of teks na hulle toe te stuur op een van hierdie dae, sal dit baie vir hulle beteken! Stuur jou boodskappe na: {Whatsapp, Voicenote of SMS} Simeon (21 op 25 Junie)-0610606292. Joshua (17 op 26 Junie)-0736552956. E-Pos: simeongraphics2021@gmail.com of missions@lantic.net. Baie dankie aan julle almal vir die hulp om hierdie verjaardae vir hulle onvergeetlik te maak! 💌🎉 Voel vry om kreatief te wees met julle boodskappe of dalk iets te deel wat julle saam met hulle beleef het. 😄As iemand iets wil bydrae vir ‘n koek of geskenk gebruik hulle rekeninge as volg: Capitec Bank, Branch: 470010. Account: 144-921-5503.{Simeon}Capitec Bank, Branch: 470010. Account: 144-921-5708.{Joshua} Maar die heel belangrikste is, Bid vir die twee seuns.
KANADA. kanada is 'n sekulêre land. Gelowiges maak 10-12% van die bevolking uit, wat neerkom op ongeveer 4,5 miljoen mense. Die Christelike Kerk speel steeds 'n rol in Kanada, maar sy invloed is besig om te verander in vandag se toenemend sekulêre en pluralistiese samelewing. Bid dat die Kerk in Kanada sal groei in die kennis van God en vrug sal dra in elke goeie werk (Kolossense 1:10). Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe...(Romeine 12:2). Bid dat die Kerk wêreldse patrone sal weerstaan en verander sal word deur die vernuwende krag van God se Heilige Gees (Romeine 12:2).
DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA. Die Verenigde State van Amerika is nie amptelik 'n Christelike land nie. Die geskatte aantal gelowiges is 83 miljoen. Die Kerk speel steeds 'n beduidende en veelvlakkige rol in die land, veral in kultuur, maatskaplike dienste en openbare moraliteit. Bid vir die Kerk in die Verenigde State van Amerika om haar te verootmoedig, Sy aangesig te soek en weg te draai van kompromieë. Bid dat die Kerk die Woord van God te verkondig, soos Jona, en 'n hele stad na vas en bekering te lei (Jona 3:5).
MEKSIKO. Meksiko is amptelik 'n sekulêre nasie. Gelowiges maak 7-10% van die bevolking uit, wat neerkom op ongeveer 9-13 miljoen mense. Die Kerk het die afgelope paar dekades vinnig gegroei, en sy invloed word gesien in gemeenskapsontwikkeling, onderwys en sosiale transformasie. Bid dat die Kerk in Meksiko met moed gevul sal wees om die Evangelie te deel, selfs in tye van teenstand. "Die oes is groot, maar die arbeiders min..." (Matteus 9:37-38).Bid dat die Kerk 'n model van sending en dissipelskap sal word, soos die Vroeё Kerk in Antiochië.(Handelinge 11:26).
PANAMA. Panama word as 'n Christelike land beskou, met gelowiges wat ongeveer 15-25% van die bevolking uitmaak -ongeveer 684 000 tot 1,4 miljoen mense – met groeiende invloed. Evangeliese kerke, veral Pinkster- en Charismatiese kerke, ervaar vinnige groei in Panama, wat die jeug, politiek en gemeenskappe beïnvloed deur uitreike, maatskaplike dienste en dinamiese geestelike betrokkenheid. Vra die Here van die oes om die Kerk in Panama te roep en toe te rus om Sy Groot Opdrag te vervul. Ek sal vir julle herders gee na my hart, en hulle sal julle verstandig en met insig lei. (Jeremia 3:15). Bid dat die Kerk om die Woord van God te verkondig soos dit in Samaria verkondig is, wat verlossing, genesing en vreugde in die stad sal bring (Handelinge 8:8).
BRASILIË. Brasilië word beskou as 'n Christelike land, met ongeveer 65,7 miljoen gelowiges. Die Kerk in Brasilië is nie net 'n geestelike instelling nie; dit is 'n sleutelspeler in nasiebou, beleidmaking en sosiale transformasie. Vra die Here om goddelike leiers in die Kerk in Brasilië te versterk en op te rig om herders na Sy eie hart te wees. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees... (Handelinge 1:8). Bid vir die Kerk om kerke te plant ten spyte van immoraliteit en om die Woord van God te verkondig soos die Vroeё Kerk in Korinte gedoen het (Handelinge 18:11).
ARGENTINIË. Argentinië is 'n Christelike land met 15-20% gelowiges, wat neerkom op ongeveer 6,9 tot 9,2 miljoen mense.Die Protestantse en Evangeliese Kerk in Argentinië speel 'n vinnig groeiende en toenemend invloedryke rol, veral in die sosiale, politieke en gemeenskapslewe. Vra die Heilige Gees om opnuut die Kerk in Argentinië te vul en haar te bemagtig om 'n vrymoedige getuie van Jesus Christus te wees. "Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig," het hy gesê, "Hý is die Christus." (Handelinge 17:3). Bid dat die Kerk se verkondiging van die Evangelie van Jesus 'n opskudding sal veroorsaak en dat 'n sterk kerk na vore sal kom, soos in Thessalonika (Handelinge 17:6).
VENEZUELA. Venezuela is 'n Christelike land, met 17–23% wat as gelowiges identifiseer, wat gelykstaande is aan ongeveer 4,8 tot 6,6 miljoen individue. Die Protestantse en Evangeliese Kerk in Venezuela speel 'n deurslaggewende rol in krisisverligting, geestelike veerkragtigheid en morele leierskap, veral onder die armes en gemarginaliseerdes. Vra die Here om die Kerk in Venezuela te reinig van kompromie en sonde, sodat sy 'n werktuig tot Sy eer kan wees, geheilig en nuttig vir die Meester, voorberei vir elke goeie werk

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Account:
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260.
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comments