23 Januarie 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Jan 20, 2023
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
23 Januarie 2023.
Liewe Vriende
En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” {Luk 22:41-42.}
God sê nee wanneer Jesus in Getsemane dringend bid dat die lydens beker Hom gespaar sal bly. Maar hierdie “nee” van God is ’n “ja” vir óns. Indien Jesus nie aan die kruis gesterf het nie, sou dit vir ons onmoontlik gewees het om ooit by God uit te kom, sou God al ons sonde met die dood moes straf.
Soms sê God ook vir jóú nee wanneer jy Hom ernstig smeek om ’n stuk swaarkry uit jou eie lewe weg te vat. Maar God se nee is áltyd tot die beswil van sy kinders. In haar boek: “The God I Love” skryf Joni Eareckson: “God veroorloof dít wat Hy haat, om dít te volbring waarvoor Hy lief is.” Sy beskryf dan presies hoe die één ding wat God van haar weerhou het – dat sy weer kon loop of selfs net haar hande kon gebruik – dié ding was wat haar naby Hom gebring het. Wat gemaak het dat sy Hom so nodig gehad het, dat sy nie sonder Hom kon lewe nie.
Ook in jou lewe mag God dinge toelaat wat teen sy wil gaan, dinge soos seerkry en swaarkry, smart en lyding, sodat jy sal ontdek dat jy nie die mas sonder Hom kan opkom nie. Lyding bring ’n mens altyd nader aan God, omdat dit jou laat besef presies hóé nodig jy Hom het. As God dus weer nee sê vir jóú gebede, weet dat hierdie nee-antwoord jou nader aan Hom wil bring, sodat Hy in jou lewe dié dinge kan vermag wat Hy liefhet.
Gebed: Vader, dankie dat U in my lewe dié dinge wat U haat toelaat, sodat die dinge wat U liefhet sal kan realiseer, Amen
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Geestelike oorlogvoering.Bid vir die gelowiges en die geestelike stryd waarin hulle hulself in moeilike tye bevind. Bid vir onderskeidingsvermoë, wysheid en geduld in tye van beproewing.
Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.
Internasionale Dag van Onderwys. Bid dat die Woord van God na skole sal terugkeer sodat leerlinge meer oor God kan leer. Bid vir vervolgde Christen-kinders, wat opvoeding geweier word of by die skool weens hul geloof geboelie word. Bid ook vir ontwortelde kinders wat nie kan skoolgaan nie.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Suid-Asië. Bid vir Girilal*, wie se weiering om sy geloof te verloën sy gesin en winkel vernietig het. Bid vir voorsiening en beskerming vir Girilal en sy gesin.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Die volgende generasie. Bid vir die volgende generasie van die Kerk, wat talle uitdagings in die gesig staar. Bid dat hulle deur ouderlinge versterk sal word en deur mense omring sal word wat hulle in hul geloofsreis sal bemoedig.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Vervolgde vroue. Bid vir ons vervolgde susters in lande waar die gewelddadige vervolging van vroue plaasvind en deurentyd oor die hoof gesien word. Bid dat hulle krag in Jesus sal vind en dat hul geloof onwrikbaar sal bly
Bediening 2023. Ons beplan ‘n paar groot projekte asook “Road Trip” na ander provinsies en drie buitelandse uitreike. Bid asseblief saam vir die logistiek en finansiële voorsiening.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comentarios