22 September 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Sep 19
- 7 min read

22 September 2025
Liewe Vriende.
“En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.” {Joel 2:13}
O volk van God, hoe ver het ons nie afgewyk van die regte pad nie! Ons lewe in ’n tyd van groot geestelike verval, waar mense die kwaad goed noem en die goeie kwaad. Die harte van baie het koud geword; die heiligheid van God word verag, en die sondes van ons tyd – wellus, gierigheid, trots, leuens, en rebellie teen God – word openlik gevier. Ons kerke het wêrelds geword, en baie sondaars rus gerus in valse sekerheid sonder ware bekering. God roep nie vir uiterlike vertoon of godsdienstige rituele nie – Hy roep vir geskeurde harte, vir ware berou, vir 'n volk wat hul knieë buig en terugkeer na Hom met belydenis en weeklag. Die oordeel van God is nie ver nie – hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot verlossing verontagsaam?
O mens, verstaan jy nie dat die langmoedigheid van God nie ’n lisensie tot sonde is nie, maar ’n geleentheid tot bekering? Moenie die genade van die Here vertrap nie! Jesus Christus kom weer – nie as ’n Lam nie, maar as ’n Regter met ’n swaard. Die uur is laat, en die roepstem van die Gees dring: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom!” Gooi jou afgode weg, breek met jou sonde, en roep na God terwyl Hy nog naby is. Die tyd van genade is nie vir altyd nie – kies vandag wie jy wil dien.
Gebed: Here ons God, ons kom voor U met gebroke harte. Vergewe ons, Here, dat ons U Woord verag het en ons eie weë gevolg het. Reinig ons van ons ongeregtigheid, werk ware bekering in ons harte, en roep mense terug na U. Ontferm U oor hierdie nasie en hierdie geslag, en stort U Gees van heiligheid oor ons uit. Laat ons weer vrees vir U Naam hê en wandel in waarheid. In die Naam van Jesus Christus, ons Verlosser en komende Koning, bid ons. Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.” “If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.” “The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Vinger. Die vinger het pragtig genees en geen swelsel meer vanaf 14 September en was toe. Vanoggend het die vinger weer begin swel en wond oopgegaan en het daar weer vuilgoed uitgekom. BID ASSEBLIEF saam vir volkome genesing in Jesus Naam en dat sal toegaan sonder vuilgoed wat uitloop.
Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.
Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.
Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.
VROUE INSUB-SAHARA AFRIKA. Bid vir die weduwees in sub-Sahara Afrika – dat hulle ekonomies veerkragtig sal wees en nie sal swig onder lokmiddels of skemas nie. Armoede en eensaamheid lei dikwels tot desperaatheid, veral vir dié wat alleen hul kinders moet grootmaak en beskerm. Mag hulle versterk word deur God se vrede, en hul kinders beskerm bly in gesondheid. Dink aan vroue wat geliefdes aan Islamitiese ekstremistiese aanvalle verloor het – dié wat in trane wakker word, hul pyn dra en tog vasbyt. Vra dat God elkeen sal dra wat seksuele geweld en vervolging weens hul geloof moes verduur, en hulle ten volle sal herstel – emosioneel, geestelik en fisies. Dank God vir instansies soos Geopende Deure se traumasorgsentrums en vra vir oorvloedige seën oor hul werk. Bid vir die traumaberaders – vir krag, wysheid en volharding te midde van hartverskeurende stories. Vra dat elke vrou wat vir haar geloof ly, herinner sal word aan haar identiteit as dogter van God en mede-erfgenaam saam met Christus. Onthou die vroulike gevangenes – mag hulle onthou dat hulle in Christus vry is, al leef hulle in kettings. Bid vir alle vroue in sub-Sahara Afrika – die fakkeldraers van geloof, die wat vasbyt, die wat ander se trane dra – dat God hulle spesiaal sal seën en versterk om aan te hou hoop.
24-7 GEBED VIR HERLEWING. Hunkering na God en Sy Koninkryk is 'n diep geestelike dryfkrag wat gelowiges aanmoedig om hul harte op Hom te rig. Hierdie hunkering is nie passief nie, maar ‘n lewende respons op die roep van die Gees en die Bruid: "Kom!" Dit sluit die strewe in na geestelike volwassenheid, die verwagting van ‘n wêreldwye oes van siele, en ‘n onwrikbare vertroue in God se beloftes. Soos gelowiges hulself verootmoedig, Sy Woord omhels en hul lewens onderwerp aan Sy wil, word hulle verander om aktief deel te neem aan die vestiging van Sy Koninkryk op aarde. Gebed, stilword, persoonlike toewyding en intersessie vir gemeenskappe en nasies is sleutels tot hierdie geestelike reis. Elke dag bring ‘n nuwe fokus: van verootmoediging en groei tot volwassenheid, tot geloof in God se getroue beloftes en samewerking met Sy plan. Gelowiges word uitgenooi om as arbeiders in Sy oes te werk, Sy genadeboodskap uit te dra, en met deernis te bid vir verlore siele. Ons word herinner aan God se hart vir die nasies, Sy begeerte dat niemand verlore sal gaan nie, en die sekerheid van Christus se wederkoms. Laat hierdie tyd 'n uitnodiging wees om met oorgawe en verwagting te bid – vir onsself, vir ons gemeenskappe en vir die wêreld – sodat Sy wil sal geskied, en Sy Koninkryk kom, soos in die hemel.
Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.

Groete in Jesus Christus.
‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.
Johan Lourens.
Beloftes van God
1. God is altyd by ons
📖 Jesaja 41:10
“Moenie bang wees nie, Ek is by jou;moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God.Ek versterk jou, Ek help jou,Ek hou jou vas met My eie regterhand.”
2. God gee rus en vrede
📖 Matteus 11:28-29
“Kom na My toe, almal wat moeg en belas is, en Ek sal julle rus gee.Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoedere.”
3. God vergewe sondes
📖 1 Johannes 1:9
“Maar as ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig: Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”
4. God voorsien in ons behoeftes
📖 Filippense 4:19
“En my God sal elke behoefte van julle voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus.”
5. God gee krag in moeilike tye
📖 2 Korintiërs 12:9
“...My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”
6. God gee wysheid
📖 Jakobus 1:5
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God vra, en God sal dit aan hom gee; want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
7. God het ’n plan vir jou lewe
📖 Jeremia 29:11
“Ek weet wat Ek vir julle beplan,” sê die Here, “voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!”
8. Niks kan ons van God se liefde skei nie
📖 Romeine 8:38-39
“Hiervan is ek oortuig: Geen dood of lewe of engele of ander magte of teenswoordige of toekomstige dinge... of enigiets anders in die skepping sal ons van die liefde van God kan skei wat daar is in Christus Jesus, ons Here nie.”
9. God sal ons nooit verlaat nie
📖 Hebreërs 13:5
“...God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’”
10. Ewige lewe vir dié wat in Jesus glo
📖 Johannes 3:16
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
“I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!” Charles Spurgeon
Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
P.O.Box 100
De Villiers Street.
Winburg. 9420. Free State.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
or
“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Bank Accounts Ministry and Ministry Team:
Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077.{Sending/Mission}
First National Bank:FNB: Branch:250655.Account: 63 0834 99260. {Local}
Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference
Comments