top of page

22 November 2021. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Nov 20, 2021
  • 4 min read

Gebednet.

2000-2021. 21 Jaar Herdenking in Voltydse Bediening.


Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


22 November 2021.

Liewe Vriende.


"Die HERE jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle." Sefanja 3:17-18


Die Here se liefde vir jou het 'n geen maatstaf nie. Dit kan glad nie gemeet word aan die manier hoe ons oor liefde dink nie. In God se manier van liefhê, word daar 'n standaard gestel wat eintlik in elke opregte liefdesverhouding moet wees.

Die profeet praat hier met God se volk wat soveel keer in die verlede Sy liefde vertrap het en ontrou aan Hom geraak het. En tog, so anders as die mens, bly die Here getrou in Sy liefde.


Daar is wel diegene wat langs die pad verlore geraak het. Nogtans voorsien die Here dat daar 'n deel van Sy volk na Hom sal terugkeer en weer hulle trou aan Hom sal betuig. Vir hulle sê Hy dan dat Hy by hulle is; dat Hy hulle Redder is; dat Hy vol vreugde oor hulle is; dat Hy stil-tevrede in Sy liefde vir hulle is en oor hulle jubel en juig.


Hierdie belofte geld vir elke kind van God. Elkeen wat sy vertroue in die Here stel kan dit vir homself neem. Dit is 'n belofte met trefkrag. Wanneer jy hierdie belofte vir jouself toe-eien en wanneer hierdie belofte in jou lewe bewaarheid word, kan daar wonders gebeur.


Luister net weer: “Die Here is altyd by jou, Hy is jou Redder God en Hy sorg vir jou”. Is dit nie 'n kosbare belofte nie? Daar is by Hom 'n rustige tevredenheid oor Sy liefde vir Sy kinders.


Aanvaar dag vir dag hierdie liefde en koester jou daarin. Maak van Sy liefde 'n model vir die liefde wat jy vir medemens het.


Gebed: My Almagtige God en Hemelse Vader, dankie dat U my so oneindig liefhet. Help my om U liefde ook vreugdevol uit te dra na my familie, vriende en my medemens. AMEN.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Burundi. Prys die Here vir sending koordineerders wat ywer en passie het vir God se Koninkryks werk. Ons Uganda koordineerder is tans besig met onderhandelinge om ‘n netwerk in Burundi te vestig. Bid saam vir oop deure.

  2. Tunisië. Nabil* het meer as ʼn jaar gelede aan Islam begin twyfel en ʼn Christen geword. Ná sy bekering het hy gekies om sy broer te vergewe wat hom as kind geterroriseer het, alhoewel hy steeds baie seer het. Hy vra dat ons vir hom bid terwyl hy deur sy trauma werk.

  3. Niger. Dembe*, ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslem-agtergrond, het talle dreigemente van sy skoonpa en die dorpshoof ontvang. Hy het egter geweier om Christus te versaak. Hy en sy aanstaande vrou moes toevlug vind by ʼn plaaslike kerk. Bid dat Dembe na sy dorp sal kan terugkeer en dat die harte van sy skoonpa en die dorpshoof wonderbaarlik sal verander sodat hulle Christus kan ontvang.

  4. Noord-Korea. Sowat 50 000 tot 100 000 gelowiges is na beraming in die tronk of ʼn uitgesette gebied weens hul geloof. Bid dat diegene wat die ergste vervolging weens hul liefde vir Jesus ervaar, in staat sal wees om die smart te verduur deur die krag waarmee God hulle toerus.

  5. Oesbekistan. Batyr* moes sy tuisland verlede jaar vir werk verlaat. Sy vrou, Mira*, en hul vier kinders het vanjaar by hom aangesluit. Hulle het beplan om God se ambassadeurs te wees in hul Moslem-familie, maar bly nou in ʼn ander land. Bid dat Christene wat by hul Moslem-familielede, -vriende en -bure agtergebly het, getuienisse sal wees.

  6. Mosambiek. In Mosambiek is miljoene vlugtelinge en mense wat plaaslik ontwortel is weens gewapende geweld in sub-Sahara Afrika. Bid dat God diegene wat deur die geweld getraumatiseer is sal vertroos en genees.

  7. Laos. Sedert Somkhit* (38) en Anida* (36) se gemeenskap in 2018 uitgevind het dat hulle Christene is, verduur hulle isolasie en diskriminasie. Bid dat God hulle sal versterk om in hul geloof en te midde van swaarkry die sout en lig in hul gemeenskap te wees.

  8. China. Sowat 30 miljoen etniese Moslems bly in China. Hulle vrees God se straf en het geen gerusstelling oor Sy aanvaarding, vergifnis of die ewige lewe nie. Bid dat hulle Jesus sal leer ken en Hom as hul Here en Redder sal ontvang

  9. Familie. Esther se moeder is nie wel nie na ‘n ligte beroerte aanval. Daar het egter ander komplikasies ook ingetree. Die beplanning was om as gesin te reis. Dit was egter nie moontlik nie a.g.v. finansies en is besluit dat Esther alleen sal reis en ons as gesin sal teenwoordig. Sy is tans in Middelburg waar haar moeder versorg word. Bid vir genesing en herstel.

  10. Vra hulp-gee hulp. Vra hulp-gee hulp is ‘n insiatief waar hierdie bediening gesinne wat swaarkry weens die pandemie help met voedsel pakkies, vooraf betaalde elektrisiteit en selfoon lugtyd. Bid vir genoegsame fondse in die Absa Covit hulpfonds sodat ons kan uitreik na hulle wat sukkel en swaarkry.

  11. Afrika-Bediening. Bid asseblief vir al die Afrika Koordineerders in Malawi, Mosambiek en Kenya, Zimbabwe, Uganda en Zambia.

  12. Sendingvoertuig.Ons voertuig is uitgedien na 26 jaar van onbaatsugtige sendingdiens en kort dringend groot herstelwerk of moet vervang word. Bid dat God sal voorsien vir ‘n ander nuwer model voertuig.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 078 674 6125.


For quick support of the ministry for as little as R10 please click on the following link for an online donation. Just R10.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0786746125.

Bank Accounts:

 
 
 

Comentários


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page