22 Mei 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- May 17, 2023
- 5 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
22 Mei 2023.
Beste Vriende.
“Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, 'n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?” (Gen. 17:17).
Dikwels vergeet ’n mens dat Abraham ook gelag het oor die belofte van ’n kind by sy vrou Sara. Meesal word aanvaar dat net Sara God eintlik uitgelag het oor die belofte van Isak. Maar hier was Abraham, op sy knieë in respek en aanbidding voor God, en hy lag!
Waarskynlik het hy by homself gereken: Wel, nouja, die Here bedoel dit goed om al hierdie beloftes te maak, en ek wil nou nie met disrespek en ondankbaarheid reageer nie, maar die Here is in my en Sara se geval effe soos ’n politikus wat hoër subsidies en laer belastings beloof. Ja, hy sou die Here dien en eer, hy sou Hom aanbid en dank vir alles wat die Here vir hom doen. Maar dit weerhou hom nie daarvan om wrang te lag nie, meewarig en met die gevoel van: Dankie vir die goeie bedoelings, maar U is nie eintlik realisties nie.
Op ’n klein dorpie in die Boland het ’n eksentrieke karakter gebly wat feitlik ’n legende geword het. Op ’n keer het iemand dié man daaraan herinner dat hy vir die man ’n mandjie aartappels beloof het en dat hy dit graag sou wou hê. “Wel,” het die ou man gesê, “’n mens kan nie belowe en nog gee ook nie!”
God belowe én Hy gee. Abraham het die fout gemaak wat ons dikwels maak: hy het God onderskat. ’n Kind word gebore wat Abraham “Isak” noem, wat “gelag” beteken. Dis die gelag van ongeloof en die gelag van vreugde. Die onmoontlike was toe al die tyd moontlik.
Ons lag ook soms meewarig soos Abraham en dink daar is niks te redde nie. Genadiglik omskep God dit mettertyd in ’n dankbare, stil lag, of ’n uitbundige vreugdelag oor menigvuldige seëninge.
Gebed: Vader, vergewe my as ek lag soos Abraham, maar leer my om nogtans te kniel soos Abraham. Want U sal my seën met ’n jubellag, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914
Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Irak. Met die talle veranderinge en onsekerheid oor die afgelope dekade, weet mense nie meer waar hulle inpas nie. Bid dat getroue volgelinge van Christus hoop en rigting in Jesus sal vind.
Oesbekistan. Talle Oesbeekse Christene steek hul geloof weg uit vrees vir diskriminasie. Bid dat dié Christene ten spyte van hul isolasie met ander verbonde sal voel en dat God se liefde hul stiltetyd sal vul.
Sentraal-Asië. Christene in Sentraal-Asië aanbid heimlik in klein groepies van twee of drie omdat hulle fyn dopgehou word. Bid vir hul veiligheid en vreugdevolle aanbidding ondanks hul omstandighede.
Kasakstan. ʼn Wettig geregistreerde kerk word sedert 2017 toegang tot bankdienste geweier, wat meebring dat hulle nie belasting en hul personeel kan betaal nie. Bid vir ʼn deurbraak in hul omstandighe.
Mianmar. Talle ontwortelde gelowiges leef in haglike omstandighede in vlugtelingkampe en woude. Bid vir God se voorsiening van skuiling en voedsel sodat hulle veilig en gevoed kan bly.
Sirië. Finansiële inflasie is die enigste komponent in Sirië wat styg. Hou asseblief aan om vir gelowiges hier te bid, aangesien die sukkelende land se struikelblokke tot hul spanning bydra.
Indië. Nadat talle state wette teen bekering deur-gevoer het, staar gelowiges toenemende vyandigheid in die gesig. Bid vir uithouvermoë vir gelowiges, pastore en kerkleiers.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Gesinsdag. Talle van ons vervolgde broers en susters is deur hul families verstoot of het geliefdes weens hul geloof aan die dood afgestaan. Bid dat hulle, as gelowiges van een Liggaam, daaraan herinner sal word dat hulle ʼn familie in Christus het wat vir hulle bid en lief is.
Kinders. Beide ons kinders moet ekstra terapie kry wat R1125 per sessie kos en moet tien oor tien weke gedoen word. Bid asseblief saam vir voorsiening want dit is werklik noodsaaklik. Huidiglik ervaar ons elke maand ‘n tekort op ons ondersteuning/inkomste.
Malawi. In Augustus gaan ons vir twee weke die onderskeie koordineerders besoek asook bedien. Bid asseblief saam vir hierdie uitreik en die logistiek daarvoor. Bid ook vir voorsiening om einde April reeds die vliegtuig kaartjies te koop omrede dit duurder word hoe nader aan die vertrek tyd die kaartjies gekoop word.
Verjaarsdag. Dit is Dinsdag 23 Mei my verjaarsdag. Baie dankie Vader dat U my 61 jaar gespaar het vir my gesin en die bediening.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
Comments