22 Augustus 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Aug 17, 2022
- 5 min read

22 Augustus 2022
Liewe Vriende
“En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou — verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.” {Lukas 18:22-23}
Het jy al ooit gehoor dat die Meester vir jou iets sê wat vir jou baie moeilik is? Indien nie, dan wonder ek of jy al ooit iets gehoor het wat Hy sê. Ons luister so baie na die dinge wat Jesus sê, sonder om te hoor. En waneer ons Hom werklik hoor vind ons Sy woorde hard en onwrikbaar.
Jesus was nie in die minste besorg dat hierdie ryk jongman moet doen wat Hy sê nie en het ook nie enige poging aangewend om die man by Hom te laat bly nie. Hy het eenvoudig vir hom gesê: “Verkoop wat jy het en volg My”. Die Here Jesus het nooit by hom gepleit nie, Hy het hom nie eers probeer lok nie. Hy het net met hom gepraat, sekerlik die strengste woorde wat ‘n menslike oor nog ooit gehoor het, en hom toe alleen gelaat!
Het ek al ooit gehoor dat Jesus vir my iets baie moeilik en ontoegeeflik sê? Het Hy vir my persoonlik iets gesê waarna ek doelbewus moes luister, nie iets wat ek ter wille van ander moes verduidelik nie, maar wat ek gehoor het HY direk vir my sê? Hierdie jongman het verstaan wat Jesus gesê het. Hy het duidelik gehoor en omdat hy die volle impak daarvan besef het, het dit sy hart gebreek. Hy het nie uittartend van Jesus af weggegaan nie, maar hartseer en mismoedig.
Toe hy na Jesus toe gekom het, was hy vol ywer, entoesiasme en vasberadenheid, maar die woorde van Jesus het hom laat verstar. In plaas daarvan dat dit entoesiastiese toewyding aan Jesus tot gevolg gehad het, was hartverskeurende ontmoediging die gevolg. En Jesus het nie agter hom aangegaan nie, Hy het hom laat gaan. Ons Heer weet baie goed dat as Sy Woord een keer werklik gehoor is, dit vroeër of later sal vrug dra. Wat egter so verskriklik is, is dat sommige van ons verhoed dat dit vrug dra in ons huidige omstandighede. Ek wonder wat ons sal sê as ons uiteindelik besluit om aan Hom gehoor te gee ten opsigte van daardie besondere saak? Een ding is egter seker: Hy sal ons nooit verwyt oor die mislukkings in ons verlede nie.
GEBED:Vader, maak my gehoorsaam aan U woord dat ek sal luister al sny dit hoe diep en al is dit hoe ongemaklik in Jesus Naam, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërder Kuda en sy span.
Finansies. Graag vra ons spesiale gebede vir ons finansies en dat Vader nuwe ondersteuners wil ons sal opwek asook bronne van inkomste. Nie ek of Esther kry enige salaris of toelaag nie en ons enigste inkomste is donasies. Tans ervaar ons geweldige uitdagings op finansiële gebied en het ‘n wonderwerk nodig!
Egipte. Bid vir vervolgde Christene wat hier as tweedeklasburgers behandel word. Bid dat die regering maatreëls sal instel om Christene in die land te beskerm. Bid vir voorsiening vir diegene wat lewensmiddele kortkom en ondersteuning vir diegene wat bystand lewer.
Suidoos-Asië. Bid dat vroulike veldwerkers en susters in Bybelstudiegroepe sal voortgaan om God te loof te midde van die gevare wat hulle in die gesig staar. Bid dat God hulle en hul gesinne sal seën.
Afganistan. Bid vir internasionale militêre personeel,vrywilligers en diplomate wat hul Christelike geloof uitleef. Bid vir gelowiges wat ondergronds verstoot en geteiken word. Bid dat God hulle en hul gesinne sal beskerm en hul geloof sal versterk.
Oos-Asië. Bid dat ondersteuningspakkette vir vervolgde Christene genoegsaam sal wees om dit met nie-Christene te deel. Bid dat dié bystand as ʼn getuienis kan dien en dat God instansies sal seën wat vervolgde Christene onderskraag.
Afganistan. Zabi* se familie is deur die Taliban vermoor vir hul geloof. Bid vir volgehoue beskerming en voorsiening vir haar en talle ander soos sy wat uit Afganistan moes vlug. Bid dat hulle sal vasstaan in hul geloof.
Mianmar.Bid dat diegene wat die afgelope jaar Geopende Deure se vervolgingsgereedheid-opleiding voltooi het dit met geliefdes sal deel. Bid vir volgehoue ondersteuning vir ons vennote met hierdie opleiding.
Demokratiese Republiek van die Kongo. Bid dat die regering maniere sal vind om Christene te beskerm teen ekstremistiese groepe wat kerke en gemeenskappe aanval. Bid dat leiers wat vir dié weerlose groepe opstaan teen teistering beskerm sal word.
*Name verander vir sekuriteits doeleindes.
Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord. Die manna is ook aangeheg in PDF formaat vir die e-pos ontvangers.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
“Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
The Lord provide and keep the ministry going through donations of friends & family. If you want to give in peace and joy a part of your mission budget – welcome!! Thank you for your obedience. Help to expand God's Kingdom by making an voluntary donation!
Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38;
We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance
コメント