21 November 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
- missions3
- Nov 19, 2022
- 4 min read

Gebednet.
Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.
21 November 2022
Beste Geestelike familie en vriende.
“Julle het gehoor dat daar gesê is: "'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand." Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.” (Matt 5:38-39).
Hierdie woorde van Jesus "koop" ons nie so maklik nie. Ons wil graag dink dat Hy iets heel anders hiermee bedoel het as dít wat daar geskryf staan. Tog staan dit daar - sonder versagting, glashelder.
Jy kan jou vereenselwig met die "oog vir 'n oog"- en die "tand vir 'n tand"-manier van lewe. Dit stem goed ooreen met 'n regverdige bestel waarin 'n mens kry wat jy verdien. Ons wil hê reg en geregtigheid moet geskied. Maar om darem te verwag dat jy jou nie moet verset wanneer jou regte aangetas word nie, is effens verregaande. Wie gaan dan vir my regte opkom as ek self nie standpunt mag inneem nie? Om die ander wang te draai as die eerste klap al onregverdig was, is, om die minste te sê, heeltemal on-natuurlik.
Maar dís wat Jesus wil tuisbring: Christelike liefde is iets wat teen die natuur van sondaarmense indruis. Om 'n naaste te wees vir dié wat jou teenstanders is, is die kuns van Christenwees. Om Liefde te wys en te gee aan digene wat volgens ons dit nie minste toekom, dit is Christen Naaste Liefde!
Gebed: Here, hiermee sukkel ek! Leer my om selfs vir my vyande 'n naaste te wees, Amen.
Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com
Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:
Sirië. Gelowiges is in Julie tydens die inwyding van ʼn kerk in Sugaylabiya in ʼn hommeltuigaanval beseer en doodgemaak. Bid vir die genesing van beseerdes en dat God families sal vertroos wat geliefdes verloor het.
Tadjikistan. Nuwe kerke sal nie meer in Tadjikistan geregistreer word nie. Dié besluit bring mee dat die beoefening van godsdiensvryheid strafbaar sal wees vir kerke sonder staatsregistrasie. Bid vir gelowiges wat nou in die geheim moet aanbid en vir wysheid vir kerkleiers.
Rwanda. Sedert 2018 is meer as 8 000 kerke gesluit. Dié optrede het talle gelowiges sonder ʼn plek van aanbidding gelaat. Bid vir wysheid vir kerkleiers en gelowiges om te volhard om die Here te loof waar hulle geleë is.
Nigerië. Bid vir kerkgangers wat ná ʼn aanval in Nigerië deur twee gewapende mans vroeër vanjaar ontvoer is. Bid vir hulle veilige terugkeer en dat gemeentelede se geloof in hierdie tyd versterk sal word. Bid ook vir die genesing van diegene wat tydens die aanval beseer is.
Soedan. Bid vir gelowiges in Soedan terwyl ekstremistiese Islamitiese vervolging hier toeneem. Bid vir die vereniging van gelowiges en standvastigheid in gebed en geloof.
Kuba. Bid vir pastoor Lorenzo, wat weens sy deelname aan vreedsame betogings teen kartel-misdade in die Santiago de Cuba-provinsie gevange geneem is. Bid dat die Heilige Gees sy gemoed sal versterk en dat sy geloof standvastig sal bly.
Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik. Bid dat die volgende twee platforms geseën sal wees: https://gogetfunding.com/change-a-nation/ en https://www.backabuddy.co.za/johan-lourens-2022.
Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.
Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.
Sosiale media. Hierdie bediening groei en brei geweldig uit en sal ons moet opgradeer omrede ons tegnologie baie verouderd is. Daar is behoefte vir ‘n nuwe skoot rekenaar en ‘n 10# Selfoon Tablet. Bid asseblief saam vir voorsiening hiervoor.
Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.
Bediening. Ons staan aan die vooraand van GROOT veranderinge in die bediening. Bid asseblief saam vir wysheid, kennis en ‘n gladde oorgang.
*Name is vir sekuriteitsredes verander.
Groete in Jesus Christus.
Wonderlike Week vir elkeen.
Johan Lourens
N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.
Ministry Projects and Services.
Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog
National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
E-Mail:lourensministries@mail.com
Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry
P.O.Box 144, Strand, 7139.
Cell: 083 4606 914.
For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.
Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.
You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.
Comments