top of page

21 Maart 2022. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Mar 16, 2022
  • 6 min read

21 Maart 2022.


Liewe Vriende.


“En dié vra hom: Waarom lyk jy môre vir môre so bedruk, seun van die koning? Sal jy my dit nie te kenne gee nie? Toe sê Amnon vir hom: Ek is verlief op Tamar, die suster van my broer Absalom.” {2 Samuel 13:1-22}


Amnon het ’n verskriklike sonde gepleeg deur sy suster Tamar te verkrag. Wat ’n skurk! Verkragtings kom amper daagliks in Suid-Afrika voor. Hoekom? Wel, omdat mense nie meer respek het vir ander se liggame nie. Hulle vergeet dat die liggaam 'n lewende tempel van die Heilige Gees is wat nie onteer of geskend mag word nie. God duld dit nie. Moenie in die strik van sonde trap nie. Dink wat die gevolge van jou dade sal wees voordat jy dit doen. Bly uit die pad van kwaaddoeners en vlug voorversoeking.Weet dat verkeerde begeertes en ongeoorloofde seksuele verhoudings jou lewe in ’n oogwink kan vernietig.


Loop elke dag die reguit pad. Wees iemand met integriteit. Moenie skinder nie; moenie leuens oor ander versprei nie. Moenie van mense kwaadpraat, of dinge begeer wat nie joune is nie. Wees nederig. Moet nooit te veel van jouself dink nie. Buig altyd voor die Here en behandel ander mense met respek. Dan sal sonde nooit ’n houvas op jou kry nie. Dan sal jy altyd op die Here se koers bly.


GEBED: Jesus Christus, hou my asseblief koersvas op die regte pad, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Koeweit. Oorskakeling vanaf Islam na ʼn ander geloof word nie amptelik in Koeweit erken nie. Bid vir beskerming vir dié wat hul geloof geheim moet hou en dat die regering gelowiges meer vryheid sal toelaat om te aanbid en hul geloof te deel.

  2. Maleisië. In Maleisië monitor die regering kerke en is dit onwettig om die Evangelie met Maleisiese Moslems te deel. Bid vir godsdiensvryheid regoor die land sodat gelowiges die Goeie Nuus openlik kan deel.

  3. Kenia. Hoewel Kenia ʼn land met ʼn Christen-meerderheid is, leef Christene in die noordoostelike en kusgebiede met voortdurende vrees vir aanvalle. Bid dat dié gelowiges God se liefde, vrede en vreugde te midde van moeilike omstandighede sal ervaar.

  4. Sri Lanka. Boeddhistiese heerskappy domineer steeds dié land, met elke Singalees (ʼn Indo-Ariese etniese groep) wat as ʼn Boeddhis geag word. Christene word gevolglik as tweedeklasburgers behandel. Bid dat God mense in hierdie land se harte sal verander sodat hulle gelykheid sal toelaat, ongeag godsdienstige oortuigings.

  5. Comore. Christene in die Comore mag nie hul geloof in die openbaar deel nie. Indien hulle dit doen, staar hul regsgevolge in die gesig. Bid dat hulle God se vrede en beskerming sal ervaar, en dat hulle ondanks die beperkings geleenthede sal kry om hul geloof veilig te deel.

  6. Verenigde Arabiese Emirate. Plaaslike bekeerlinge vanaf Islam verduur die meeste vervolging, terwyl Christen-uitgewekenes glad nie toegelaat word om in die openbaar te evangeliseer of te bid nie. Bid dat God gelowiges, ondanks die onderdrukking sal gebruik om Sy boodskap van hoop te versprei.

  7. Tanzanië. Outoritêre aksie deur die president skep probleme vir burgers oor die algemeen, en veral vir die Christen-gemeenskap. Bid dat God in die president se lewe en hart sal werk sodat hy mense sal toelaat om hul oortuigings vrylik uit te leef.

  8. Asiel Soekers-Europa en haweloses. ‘En as 'n vreemdeling by jou in jou land woon, mag jy hom nie mishandel nie. Die vreemdeling wat onder julle woon, sal vir julle wees soos een wat onder julle gebore is, en julle moet hom liefhê soos jouself; want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God. (Levitikus 19:33-34). Sowat 3,1 miljoen mense soek asiel en voer aan dat hulle nooit kan terugkeer huis toe nie. Oorlog het daartoe gelei dat miljoene verplaas is. Baie vlug na buurlande, wat 'n druk plaas op ontwikkelende lande wat reeds met armoede, droogte, natuurrampe en onstabiliteit te doen het. Bid dat God vrede in oorloggeteisterde lande sal bring en dat vlugtelinge sal kan terugkeer huis toe. Bid dat God se lig onder die vlugtelingkampe sal skyn en dat baie hulle vertroue in Christus sal kom plaas.

  9. Asiel Soekers-Afrika. Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook die Verlosser, die Here Jesus Christus, verwag (Filippense 3:20). Sowat 25,4 miljoen mense het hul lande as vlugtelinge verlaat. Bid vir verbeterings aan die infrastruktuur van vlugtelingkampe wat as tydelike lewende strukture gebou is. Sommige kampe kan generasies lank gesinne huisves en die gemiddelde verblyf in 'n vlugtelingkamp is 17 jaar. Die meeste kampe het nie voldoende skuiling, water, kos en medisyne nie. Bid dat die verwagte verblyf in 'n kamp verkort sal word, en dat vlugtelinge na 'n meer permanente en veiliger blyplek sal kan beweeg.

  10. Shengzha Nosu in China. Daarom sal jy met blydskap water skep uit die fonteine ​​van verlossing. (Jesaja 12:3). Die Shengzha Nosu-mense van die Sichuan-provinsie in China woon in afgesonderde landelike gebiede en beskou vreemdelinge dikwels met agterdog. Chinese gelowiges sal moeite moet doen om verhoudings met hulle te bou. Die groot meerderheid van die Shengzha beoefen volksgodsdiens en politeïsme vir honderde jare, so hulle geloof is in ander geeswesens. Die Nuwe Testament is beskikbaar in die Nosu-taal, so daar is 'n behoefte vir mense om dit aktief te versprei. Gelowiges kan help om in die mediese en opvoedkundige behoeftes van hierdie mensegroep te voorsien. In die afgelope drie dekades het meer as 12 000 Shengzha Nosu 'n belydenis van geloof gemaak. Bid dat hierdie gelowiges die Heilige Gees sal toelaat om hulle te help groei en die evangelie met hulle vriende en families te deel. Vra die Here om werkers te stuur om die evangelie van Jesus met die Shengzha Nosu te deel. Bid dat elkeen van hierdie mensegroep die geleentheid sal hê om die Goeie Nuus te hoor. Bid dat hele Nosu-dorpies na Christus toe sal kom. Mag baie van hierdie volksgroep diep drink uit die fontein van Sy verlossing en barmhartigheid!

  11. Far East Broadcasting Company (FEBC)FEBC het 'n verslag ontvang van 'n hele dorpie van onbereikte mans, vroue en kinders – mense wat onaangeraak is deur die evangelie – wat na Christus gekom het as gevolg van 'n enkele radio-uitsending. En wat die ‘dorpsmense’ by die uitsaaier gehoor het, is “Daar is ’n Verlosser wie se naam Jesus Christus is. Hy het jou so lief dat hy vir jou sondes gesterf het! Jy kan hoop hê vir vandag en ewigheid!” Die impak van daardie woorde wat op die luggolwe gelewer word deur 'n plaaslike uitsaaier, wat die kultuur, nuanses van taal ken en die struikelblokke wat hul mensegroep in die gesig staar, is transformerend. Bid dat die oë van hulle harte verlig sal word sodat hulle die hoop kan ken waartoe God hulle roep. Bid dat nuwe gelowiges diep in hul geloof sal groei. Bid dat hulle sal weet hoe om Christus se relevansie aan hulle vriende en bure te wys. https://www.febc.org

  12. Toerisme. Verlossing behoort aan die HERE... (Psalm 3:8a). Toeristeplekke sluit historiese plekke en natuurskatte in, soos Tafelberg, die Golden Gate Nasionale Park ens., asook die ryk diere- en blomme-erfenis van ons nasie. Baie toeriste wat Suid-Afrika besoek het dalk net hierdie een geleentheid gedurende hul leeftyd om die evangelie van Jesus te hoor. Oorweeg hierdie week om verby toeristeterreine in jou omgewing te stap of te ry of om vir die belangrikste in jou provinsie te bid. Bid dat Christene, jy inkluis, toeriste met vrymoedigheid sal nader en geleenthede sal soek om te getuig en die liefde van Jesus met hulle te deel.

  13. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 40% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  14. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  15. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons nuwe plaaslike koordineërder Kuda en sy span. Bid ook vir ek en Esther want die druk van die bediening rus swaar op ons, bid ook vir ons gesondheid, beskerming en voorsiening.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page