top of page

21 Februarie 2022.Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Feb 17, 2022
  • 5 min read

Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


21 Februarie 2022.


Liewe Vriende


“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. My juk is sag en my las is lig” {Matteus 11: 28,30}


Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ʼn regverdige het groot krag. Jakobus 5:13-16


Die pandemie het sy tol geëis. Die afgelope maande se koerante sê dit alles. Ons weet nie meer waarheen met die nood in ons land, die bekommernis in ons harte en die droogte van die die siel nie. Die gevolg? Die behoefte aan geestelike sorg is besig om teen ʼn geweldige pas te groei.


Predikante, geestelike werkers en ander sielversorgers kan nie voorbly nie. Ook in ons eie persoonlike lewens sukkel mense om kop bo water te hou. Die ankers wat mense vroeër op koers gehou het, bestaan nie meer. Mense verwissel deesdae gedurig van huise, werk, woonbuurte en selfs lande as hulle kan. Omdat hulle voortdurend aan die beweeg is, voel hulle nêrens tuis nie. Hulle verloor hulle ondersteuningstelsels en wanneer mense geskei word van die bekende raak hulle angstig en kwesbaar. Soms bly jy agter in jou omgewing, maar dis nie meer die ou bekende plek waar jy veilig voel nie.


Mense gaan ook deur ander krisisse soos egskeiding, die dood van ʼn geliefde deur covid, verlies aan inkomste, ens. Mense voel bedreig deur die covid pandemie en in hulle omgewing. Gʼn wonder ons is soms so sat van siel nie.


Ons almal soek ʼn plek om ons storie te vertel. Ons soek na ʼn oor om te luister, nie ʼn kalmeerpilletjie of iemand wat links of regs raad uitdeel nie .


Help jouself deur ander te help. Elkeen kan op sy manier geestelike sorg verskaf. Jy kan help deur te luister, aan te raak, te troos en te bemoedig selfs as jy voel jy’s eintlik die een wat geestelike sorg nodig het. Wie weet, dalk kry jy nuwe moed deur ander te vertroos. En weet dat God getrou is en jou ook in jou verlatenheid en onsekerheid op die hart dra.


Gebed: Here, as dit vir my voel asof die wêreld op ʼn massa-senuweeineenstorting afstuur, stuur U mense en engele oor my pad om my op te help. Gee dat ek ʼn engel sal wees vir die een in nood wat oor my pad kom, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF:https://lourensministries.wordpress.com

Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:


  1. Oesbekistan.Geen godsdienstige aktiwiteite, buiten staatsbeheerde instellings, word in hierdie hoogs outoritêre staat toegelaat nie. Vra die Heilige Gees om gelowiges te midde van moeilike omstandighede te bemoedig, toe te rus en te bemagtig.

  2. Algerië. Die meeste Christene in Algerië is bekeerlinge vanaf Islam. Hulle loop die gevaar van vervolging deur hul uitgebreide familie en breër gemeenskap. Bid vir beter verhoudings tussen Christene en die plaaslike leiers, en dat dit tot groter respek teenoor die Christendom sal lei.

  3. Mauritanië. Die beperkende omgewing in Mauritanië maak dit onmoontlik vir Christene om openlik bymekaar te kom. Bid dat die wetgewing sal verander sodat dit nie meer onwettig is om Islam te verlaat nie en dat gelowiges geleenthede sal kry om die Evangelie te deel.

  4. Mali. Die staatsgreep van 2020 het Mali se politieke onstabiliteit vererger, wat die deur vir Islamitiese ekstremiste oopgemaak het. Bid dat Christene wat deur voortdurende dreigemente geteister word, deur die Heilige Gees versterk sal word.

  5. Turkmenistan. Die regering en samelewing is hoofsaaklik vir die vervolging van Christene in hierdie onderdrukkende Islamitiese staat verantwoordelik. Bid vir ʼn verslapping van die streng beperkings op gelowiges en kerke.

  6. Laos. Christelike aktiwiteite word streng gemonitor deur kommunistiese owerhede,insluitende dié by geregistreerde kerke. Bid dat gelowiges wat onder druk is om hul geloof prys te gee, sal sterk te staan.

  7. Marokko. Bekeerlinge tot Christenskap ervaar teenkanting van hul familielede, wat hulle probeer verhoed om hul nuwe geloof in die openbaar te beoefen. Bid vir krag en beskerming vir gelowiges wat teenkanting van hul families ervaar.

  8. Bid vir die onbereiktes. 65 000 Tatare in die Oekraïne (Moslems – slegs 1,5% Christene), 65 000 Andalaans in Rusland (Moslems – 0% Christene), 62 000 Meshketian Turke in Rusland (Moslems – 0% Christene), 52 000 Antushk in Rusland (Moslems – 0% Christene), 65 000 Pomak in Bulgarye (Moslems – slegs 1,2% Christene), 76 000 Altai-Kizhi in Rusland (Etnies – slegs 2% Christene),80 000 Turke in Noord-Masedonië (Moslems – 0% Christene), 88 000 Bosniaks in Slovenia (Muslims – only 0,3% Christians).

  9. Aanlyn Saai. Ons het 'n aanlyn platform oopgemaak waar vinnig, maklik en veilig gesaai kan word. Besonderhede hieronder. Bid asseblief dat dit vrugte sal afwerp want huidiglik ontvang ons net 29% van ons totale begroting en het dit 'n negatiewe uitwerking op al die sending aktiwiteite. Hierdie is net 'n ekstra en kan u nog steeds die onderskeie bank rekeninge gebruik.

  10. Sending Karavaan of Park Home. Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  11. Sending Koordineërders. Bid asseblief vir die onderskeie koordineers in die onderskeie Afrika lande. Weens die pandemie ervaar elkeen maar sy eie persoonlike uitdagings.

  12. House of Peace-2 Sendingstasie Malawi. Op Maandag/Dinsdag 24 en 25 Januarie het ‘n verwoestende wind storm en swaar reën die sending stasie getref. Precious en Annie se nuwe huis het geweldige skade en die kerk is heeltemal verwoes. Van die mense in die omgewing en ander dele van Malawi het ook groot skade gelei. Kom ons bid vir die sending koordineërders en die mense van Malawi in hierdie tyd. As iemand gelei voel om te help om die infra struktuur te herstel sal dit opreg waardeer word. Enige bedrag kan inbetaal word in die Deo Volente Sending se Absa Rekening: 90-7317-9493 met verwysing: U sel nommer en MALAWI VLOEDE.

*Name is weens sekuriteitsredes verander.Alle inligting was korrek teen druktyd.

Groete in Jesus Christus. Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.


Ministry Projects and Services.

  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Revival is when God's people return to God, and God returns to them, and everyone sees the difference. - Henry Blackaby.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.

Bank Accounts:

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page