top of page

20 Oktober 2025. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • 1 day ago
  • 6 min read
DE0 VOLENTE SENDING
DE0 VOLENTE SENDING

20 Oktober 2025


Liewe Vriende.


“En hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.”Efesiërs 5:11


Halloween word dikwels as ’n onskuldige fees gevier, maar die oorsprong daarvan lê diep in heidense en okkultiese praktyke. Baie van die simbole en aktiwiteite wat daarmee gepaard gaan, verheerlik die dood, bose geeste en vrees — dinge wat direk teen God se Woord indruis. As kinders van die lig is ons geroep om duisternis te vermy en nie daaraan deel te neem of dit goed te keur nie.


Die vyand gebruik sulke geleenthede om die grens tussen lig en duisternis te vervaag. Wat vir baie soos onskuldige pret lyk, kan kinders en volwassenes onbewustelik blootstel aan geestelike gevare en verkeerde invloede. Ons moet waaksaam wees en ons huise beskerm deur Christus sentraal te hou. Wanneer die wêreld donkerheid vier, behoort ons Christus se lig te laat skyn.


Laat ons dus kies om eerder die Here te verheerlik as om by wêreldse praktyke aan te sluit wat Hom bedroef. Ons geloof moet sigbaar wees — nie net op Sondae nie, maar elke dag. Mag ons as gelowiges standvastig bly en duidelik onderskei tussen lig en duisternis.


Gebed:Here Jesus, dankie dat U die Lig van die wêreld is. Help ons om die duisternis te vermy en ons huise en harte te vul met U waarheid. Gee ons wysheid en moed om teen die invloede van die wêreld stand te hou. In Jesus Naam bid ons, Amen.



Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


“The first work of the whole Church is to give the Gospel to the whole world.”


“If God wills the evangelization of the world, and you refuse to support missions, then you are opposed to the will of God.”


“The Light that shines the farthest, shines the brightest nearest home.”


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. CHINA. Die senior leier van ʼn huiskerk in Wes-China is deur polisiebeamptes uit sy huis geneem en onregverdig beskuldig. Ons vennoot in die veld deel: “Julle dringende gebede is nodig om die kerk en sy lede wat vir hul geloof ly, te ondersteun.”Die polisie het ander leiersfigure en personeel van ʼn huiskerk in Wes-China vir ondervraging ontbied. Die kerk het ʼn goeie reputasie regoor China. Bid dat God hierdie kettings sal losmaak.

  2. BANGLADESJ. Bid vandag saam met jou broer, Nahid Babu. Hy is deel van die eerste groepe studente wat gegradueer het van ʼn jeugdissipelskapprogram wat deur Geopende Deure se plaaslike vennote gelei is. Ná die dissipelskapprogram kan Nahid reageer op die toenemende ondersoeke en vrae van familielede en vriende. Bid vir moed om die Here getrou en sonder vrees te bly dien. Bid dat God Nahid se droom sal verwesenlik om ʼn biblioteek by sy kerk te stig,waarheen baie mense kan kom om God te leer ken en die Bybel te bestudeer

  3. Bediening-Sentrum Hulp. Bid vir voorsiening om die motorhuis te verander in ‘n bediening sentrum en vir die regte bouers en loodgieters.’n Sending Sentrum is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir ons om ons werk te doen in die gemeenskap en om te dien. Bid dat Vader se voorsiening kom op 'n manier wat ons nie verwag nie, en laat ons die wonder van SY voorsiening ervaar.

  4. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  5. Afrika-Bediening. Bid vir die Afrika bediening en die onderskeie koordineerders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Tanzania, Uganda, Kenya en Mosambiek. Bid asseblief vir ondersteuners om die Afrika Bediening te ondersteuen. Elke bydrae sal verskriklik waardeer word. Maak die verwysing die land wat u ondersteun.

  6. Winburg Bediening. Bid asseblief vir die bediening op Winburg. Die aanvalle is kwaai met verskeie uitdagings. Mag God Sy hand oor die bediening hou, lewens verander, en die werkers versterk. Bid vir beskerming, voorsiening en leiding, sodat alles tot God se eer sal wees.

  7. Voertuig. Bid asseblief saam met ons vir voorsiening van ‘n bakkie vir die bediening. ‘n Bakkie is noodsaaklik vir die bediening en het ons ‘n groot behoefte aan ‘n goeie dubbel-kajuit bakkie.

  8. Maand-Einde Verpligtinge.Ons vra asseblief voorbidding vir Deo Volente Sending se maand einde verpligtinge. Bid asseblief dat die Here sal voorsien in elke finansiële behoefte,{Ons Afrika bediening groei en kan nie verder uitbrei sonder fondse nie} en dat Hy mense op die hart sal lê om Deo Volente konstant maandeliks te ondersteun via debietorder – hetsy in die Capitec of ABSA bankrekening. Mag die Here getroue vennote oprig wat hierdie sendingbediening op ‘n volhoubare manier help dra.🌍

  9. 24-7 Gebed vir Herlewing – 20-26 Oktober 2025. Fokus: Die Hindoe-wêreld.Alhoewel baie Hindoes soek na betekenis deur rituele en tradisie, is dit net Jesus wat ware vrede en redding bring. Hierdie week bid ons saam vir sewe sleutelstede waar Hindoeïsme diep gewortel is, dat mense die lewende Christus mag ontmoet. Sluit aan by die wêreldwye 24-uur gebed op 20 Oktober 2025:👉https://110cities.com/hindu-day-of-prayer/

🏙️ 1. Nieu-Delhi, Indië

Bid vir:

  1. Vinnige verspreiding van die Evangelie.

  2. Breking van geestelike hindernisse.

  3. Soekers om Jesus te ontmoet as die Weg, Waarheid en Lewe.

  4. Arbeiders gevul met vrymoedigheid en liefde.

  5. Digitale platforms om effektief Christus te verkondig.

  6. Beskerming vir nuwe gelowiges teen vervolging.

  7. Groei van dissipelskap-bewegings.

🏙️ 2. Ahmedabad, Indië

Bid vir:

  1. Hindoes om Jesus te vind as die ware Vredevors.

  2. Ontnugtering van leë tradisies.

  3. Genesing en bonatuurlike tekens wat harte oopmaak.

  4. Groei van ondergrondse gemeenskappe.

  5. Getroue getuienis onder vervolging.

  6. Christenleiers vol wysheid en krag.

  7. God se liefde om kulturele weerstand te oorkom.

🏙️ 3. Bhopal, Indië

Bid vir:

  1. Openbaring van Christus deur drome en visioene.

  2. Soekers om Sy waarheid en hoop te vind.

  3. Openheid vir die Bybel se boodskap.

  4. Sterk ondersteuning vir gelowiges in vervolging.

  5. Vrymoedigheid in openbare getuienis.

  6. Die Gees om harte sag te maak vir die Evangelie.

  7. Disipelskapgroepe om te floreer.

🏙️ 4. Hyderabad, Indië

Bid vir:

  1. Jeug om vry te kom van leegheid van rituele.

  2. Tegnologie en media om Christus te verkondig.

  3. Werkers om dapper en deernisvol te wees.

  4. Christelike studente om lig te wees op kampusse.

  5. Hindoes om die Evangelie as waarheid te herken.

  6. Vrugbare dissipelskapsverhoudings.

  7. Rypheid van die oes vir God se koninkryk.

🏙️ 5. Kolkata, Indië

Bid vir:

  1. Rus vir die uitgeputtes in Jesus.

  2. Vryheid van geestelike onderdrukking.

  3. Armoede om nie 'n hindernis vir geloof te wees nie.

  4. Gemeentes om hoop en ondersteuning te bied.

  5. Die Evangelie om duisternis te verdryf.

  6. Geestelike herlewing in alle sosiale klasse.

  7. Gelowiges om ligdraers in elke gebied te wees.

🏙️ 6. Jaipur, Indië

Bid vir:

  1. God se lig om afgodery te verdryf.

  2. Genesing as 'n getuienis van Christus se krag.

  3. Veiligheid vir huisgemeentes.

  4. Bemoediging vir soekers in geestelike duisternis.

  5. Wysheid vir evangeliste in moeilike gebiede.

  6. Groei van dissipels wat weer dissipels maak.

  7. Lig van Christus om tradisie se greep te breek.

🏙️ 7. Lucknow, Indië

Bid vir:

  1. Jongmense om waarheid bo ritueel te kies.

  2. God se Woord om lig en insig te bring.

  3. Dissipelskap om geloof diep te vestig.

  4. Vryheid van kulturele vrees en groepsdruk.

  5. Getuienisse wat harte oopmaak.

  6. Lig van Christus in skole en universiteite.

  7. Gemeenskappe wat op die waarheid van Christus gebou is.

🌟 Getuienisse van Transformasie

Ronny: "Ek het gehuil toe ek besef Christus het vir míj gesterf. Sy liefde was oorweldigend."

Rajiv: "God het 'n Christenpaartjie gebruik om my hart oop te maak. Ek het Jesus leer ken deur vriendskap."

Ashok: "Ek wens iemand het my vroeër van Jesus vertel. My hart is verander deur Sy Woord."

Sanjay: "My soektog het nie in 'n tempel geëindig nie, maar in 'n verhouding met die lewende God."

Kamesh: "My nuwe familie gee nie om vir my eerste geboorte nie, maar vir my nuwe geboorte in Christus."

Santosh: "Nadat ek verlos is van demoniese onderdrukking, het Jesus se liefde alles verander."


ree









Groete in Jesus Christus.

‘n Wonderlike Geseënde Week vir elkeen.

Johan Lourens.


{Van die gebedsversoeke is geneem uit die Jerigo Mure gebedsgids en Open Doors gebedsversoeke.}


 “I would rather teach one man or woman to pray than ten men to preach!”  Charles Spurgeon


Baie, baie dankie vir elkeen wat Bid vir ons. Baie. Baie dankie vir elkeen wat ons en die bediening ondersteun. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.



Ministry Projects and Services.

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry


De Villiers Street.

Winburg. 9420. Free State.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.

or


“The gospel is only good news if it gets there in time.”(Carl F.H. Henry)


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Bank Accounts Ministry:

Capitec Bank, Branch: 470010, Account: 153 718 3077. Accountholder: Sending/Mission


Help to expand God's Kingdom by making an volantary donation!


Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. (Luke 6:38)


Giving is not just about making a donation. It is about making a difference

 
 
 

Comments


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page