top of page

20 Maart 2023. Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.

  • Writer: missions3
    missions3
  • Mar 16, 2023
  • 5 min read

Gebednet.

Weeklikse Manna en Gebedsversoeke.


20 Maart 2023.


Beste Vriende.


Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. "Eer jou vader en jou moeder" is 'n baie belangrike gebod (Ef 6:1-2).


Dit klink of hierdie woorde vir kinders en nie vir ouers bedoel is nie, maar dit het op ouers én kinders betrekking. Laat ons maar erken: Dit gaan oor 'n saak waaroor daar deesdae baie anders gedink word as 'n paar dekades gelede. Gesag. Gehoorsaamheid is destyds anders geïnterpreteer as vandag. Laat ons toegee dat tye verander en dat mense se leefstyl ook verander. Daar is niks fout met die meer genaakbare leefstyl van ons tyd nie. Ouers en kinders praat met mekaar en onderhandel oor sake. Maar die kernwaardes bly dieselfde. Die Here verwag steeds dat ouers hulle verantwoordelikheid as gesagdraers sal aanvaar en dat kinders hulle ouers as gesagdraers sal erken. Dit is 'n bonus as ouers en kinders goeie vriende kan wees, maar ouers moet ook verstaan dat hulle namens God 'n gesagsrol in hulle kinders se lewe speel. Namens God. Hulle moet dus God se wil so goed moontlik in hulle kinders se lewenstyl inbou. Daar is sekere dinge waaroor kinders nie die vryheid kry om self te besluit nie, maar waar hulle moet hoor: Só het die Here besluit.


Dit gaan nie daaroor dat jy jou laat geld nie, maar dat jy as God se verteenwoordiger optree.


Gebed: Here, gee dat my kinders my gesag sal aanvaar omdat hulle my liefde ervaar, Amen.


Die Weeklikse Manna en Gebedsversoeke is ook op die internet beskikbaar. BESOEK GERUS die volgende WEBWERF: https://lourensministries.wordpress.com


U kan ook meer details verkry asook vrae vra oor die bediening deur my te whatsapp op: 0834606914


Prayer does not fit us for the greater work; prayer is the greater work. – Oswald Chambers


Gebedsversoeke om voor die voete van Vader te lê:

  1. Maleisië. Bekeerlinge ervaar ernstige druk van hul gesinne en gemeenskappe om na Islam terug te draai – met afvalligheid wat wetlik met die dood strafbaar is. Vra God om vrede en beskerming te gee aan diegene wat verkies om vanaf Islam te bekeer.

  2. Tadjikistan. Die owerhede in Tadjikistan plaas aansienlike druk op Christene deur die godsdienswette te verskerp en die reeds bestaande wetgewing streng toe te pas. Bid dat die Heilige Gees die harte van Tadjikistan-leiers sal versag en dat gelowiges maniere sal vind vir samesyn.

  3. Kameroen. Boko Haram is in die noorde van Kameroen steeds ʼn gewelddadige teenwoordigheid wat Christene aanval, vermoor en ontvoer. Bid dat gelowiges standvastig sal bly in die Here se beloftes en dat die regering kwesbare gemeenskappe sal beskerm.

  4. Broenei. Terwyl tradisionele Christelike gemeenskappe relatief vrylik kan aanbid, word alle kerklike aktiwiteite gemonitor en kerkleiers word teen uitreiking gewaarsku. Bid vir leraars vir wysheid en versterking om hul gemeentes te kan bedien.

  5. Oman. Oman se Christengemeenskappe ervaar beperkings en word gemonitor in ʼn land waar bekering as onwettig beskou word. Bid dat alle gelowiges toegang tot dissipelskap sal hê en maniere sal vind om mekaar te bedien, om in hul geloof bemoedig te bly.

  6. Kasakstan. Toesig, klopjagte tydens byeenkomste, boetes en arrestasies is deel van die Christelike lewe. Owerhede gebruik die bedreiging van Islamitiese ekstremisme om hul beheer oor godsdiensvryheid te verskerp. Bid dat ons vervolgde familie sterk sal bly.

  7. Jordanië. Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond wat waag om hul geloof in die openbaar te verklaar, kan aanranding, tronkstraf en selfs die dood in die gesig staar. Bid vir bemoediging en uithouvermoë vir hierdie gelowiges in Jordanië.

  8. Akkomodasie/Huisvesting. Bid asseblief dringend saam met ons vir voorsiening vir ‘n groter woonhuis vir ons om te huur. Behoeftes verander en die een wat ons nou huur voldoen nie meer aan ons behoeftes nie. Ons is op soek na ‘n 4 slaapkamer woonhuis om te huur.

  9. Sending. Bid asseblief vir al ons sending koordineërders in Zambia, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Uganda, Kenya en Tanzania. Almal werk vrywillig en staan in die geloof in God se Koninkryksdiens en het elkeen sy eie uitdagings. Bid vir Gesondheid, Beskerming, Finansies, Families en elkeen se UNIEKE Bediening. Bid ook vir ons plaaslike koordineërders.

  10. Bybels. Ons ondervind ‘n groot tekort aan Bybels, veral ENGELSE BYBELS. Bid asseblief saam vir Bybels in Engels, Chichewa, Tshonga en Portugees. As u kan ‘n Bybel borg vir so min as R100 betaal dit in die Capitec Sending Rekening: 153 718 3077 met verwysing: “BYBELS”.

  11. Sending Karavaan of Park Home.Die bediening het dringend 'n behoefte aan 'n karavaan of parkhome. Bid saam vir voorsiening vir 'n karavaan of parkhome en dat Vader se wil sal geskied.

  12. Afrika Reise. Loof en prys saam met ons die Here dat grense weer oopgaan en geleenthede om te reis in Afrika om Jesus se Hande en Voete te wees. In Februarie was ek in Namibia. Daar is uitnodigings vir later die jaar vir Zambia, Malawi en Kenya. Bid vir die logistiek, beplanning en voorsiening vir hierdie uitreike.

  13. Suid Afrika. Onrus en 20 Maart “Shutdown”. Ons wil julle vandag vra om asseblief te bid vir hierdie land van ons en ons leiers. Vergeet van die politiek. Vergeet van kleur. Vergeet van wie is reg en wie is verkeerd en vergeet van wie wat aan wie gedoen het. Al daardie dinge is nie belangrik op hierdie oomblik nie. Kom ons BID vir ‘n sonde-bewustheid by elkeen in Suid Afrika en dat elkeen sal draai na God in belydenis en gebed. Bid ook 2 Kron.7:14 as gebed: “En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”

  14. Knysna. Vanaf 17 tot 20 Maart is ek in Knysna. Bid vir die reis, veiligheid, beskerming en voorsiening. Bid ook vir “Divine Appointments”

Groete in Jesus Christus.

Wonderlike Week vir elkeen.

Johan Lourens


Baie, baie dankie vir elkeen wat *Bid* vir ons. Baie. *Baie dankie* vir elkeen wat ons en die bediening *ondersteun*. Julle is vennote en het 'n aandeel in elke siel wat gered word vir die Koninkryk!


N.S. Druk gerus asseblief hierdie Manna uit en plaas op u gemeente se kennisgewingbord.

Ministry Projects and Services.


  1. Daily Intersession and Prayer. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  2. Internet counseling and coaching. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  3. Weekly Devotions, https://lourensministries.wordpress.com & https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry/blog

  4. National Director for Change a Nation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  5. Prophetic Ministry. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  6. Marriage Preparation. https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

  7. Leadership training-Africa Countries.{Malawi, Kenya, Zambia & Mozambique} https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Please visit the prayer postbox at: https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

Website:https://missions3.wixsite.com/gennesaret-ministry

P.O.Box 144, Strand, 7139.

Cell: 083 4606 914.


For quick support of the ministry for as little as R50 please click on the following link for an online donation. Just R50.



Giving is not just about making a donation. It is about making a difference.


You can also deposit donations via Capitec Cellphone Banking just use Cell Number: 0618163516.


Give a gift today, impact lives eternally. Your generosity is changing lives throughout the world.

Give, and it will be given to you; good measure, crushed down, full and running over, they will give to you. For in the same measure as you give, it will be given to you again. Luke 6:38.

We support the ministry by doing various freelance-service. For more info please visit: https://missions3.wixsite.com/johanfreelance

 
 
 

Commentaires


Committed to Bringing Glory to His Name
  • Whatsapp
  • Telegram
bottom of page